OPENBARING 16
1 Ek het toe uit die rigting van die tempel 'n kragtige stem vir die sewe engele hoor sê: "Gaan nou, en gooi die sewe bakke, vol van God se toorn, op die aarde uit!"
2 Toe het die eerste engel gegaan en sy bak op die aarde uitgegooi. Daar het toe kwaadaardige en bose sere op dié mense ontstaan wat die merk van die monster dra en sy standbeeld aanbid het.
3 Die tweede engel het sy bak op die see uitgegooi. Dit het bloed geword soos dié van 'n lyk, en elke lewende organisme wat in die see is, het doodgegaan.
4 Die derde engel het sy bak op die riviere en waterfonteine uitgegooi. Ook dit het bloed geword.5 Toe het ek die engel wat gesag oor die waters voer, hoor sê:
"U is regverdig,
U wat is en wat was,
U, die Heilige,
omdat U oor hierdie dinge u straf
voltrek het;
6 want hulle het die bloed
van dié wat aan U toegewy is
en van die profete vergiet,
en U het nou ook aan húlle
bloed gegee om te drink.
Hulle verdien dit."
7 Ek het toe vanuit die rigting van die altaar iemand hoor sê:
"Ja, Here God, die Almagtige,
betroubaar en regverdig
is u oordele."
8 Die vierde engel het toe sy bak op die son uitgegooi. Die son is in staat gestel om die mense met vuur te skroei.
9 Die mense is deur 'n hewige gloed geskroei en hulle het die Naam van God gevloek wat mag het oor hierdie plae. Hulle het egter nie tot inkeer gekom en aan Hom eer betoon nie.
10 Die vyfde engel het sy bak op die troon van die monster uitgegooi, en sy koninkryk is in duisternis gedompel. Die mense het hulle tonge begin byt van die pyn
11 en het die God van die hemel gevloek oor hulle pyne en sere. Hulle het hulle egter nie bekeer van hulle verkeerde dade nie.
12 Die sesde engel het toe sy bak op die groot Eufraatrivier uitgegooi. Sy vloei het opgedroog om 'n pad gereed te maak vir die konings wat van die ooste af kom.
13 Toe merk ek op dat uit die bek van die draak en uit die bek van die monster en uit die bek van die vals profeet drie onrein geeste kom, net soos paddas.
14 Dié geeste wat wondertekens doen, is van bose geeste afkomstig. Hulle gaan uit na die konings oor die hele bewoonde aarde heen om hulle bymekaar te maak vir die oorlog op die beslissende dag van God, die Almagtige.
15 "Wees bedag, Ek kom onverwags, net soos 'n dief. Geseënd is elkeen wat wakker loop en sy klere gereed hou sodat hy nie kaal hoef te loop en die mense sy verleentheid sien nie."
16 Die geeste het die konings bymekaargemaak op die plek wat in Hebreeus Armageddon genoem word.
17 Die sewende engel het toe sy bak in die lug uitgegooi. 'n Kragtige stem het uit die rigting van die tempel, waar die troon ook is, gekom en gesê: "Dit is afgehandel."
18 Toe het daar weerligstrale, dreunings en donderslae gekom. Daar was ook 'n reuse aardbewing soos wat daar nog nie was vandat die mens op die aarde gekom het nie - só 'n groot aardbewing was dit.
19 Die groot stad is in drie dele geskeur, en die stede van die nasies het ineengetuimel. God het dus hoegenaamd nie vergeet om vir die grote Babilon die beker met die wyn van sy woedende toorn te gee nie.
20 Elke eiland het eenvoudig weggeraak, en berge was ook nie meer te vind nie.
21 Groot haelstene, elkeen ongeveer 34 kilogram swaar, het van die hemel af op die mense gereën. Die mense het God egter gevloek oor die haelplaag omdat dit uitermate groot was.
REVELATION 16
The Bowls of God's Anger
1 From the temple I heard a voice shout to the seven angels, “Go and empty the seven bowls of God's anger on the earth.”
2 t The first angel emptied his bowl on the earth. At once ugly and painful sores broke out on everyone who had the mark of the beast and worshiped the idol.
3 The second angel emptied his bowl on the sea. At once the sea turned into blood like that of a dead person, and every living thing in the sea died.
4 t The third angel emptied his bowl into the rivers and streams. At once they turned to blood.
5 Then I heard the angel, who has power over water, say,
“You have always been,
and you always will be
the holy God.
You had the right
to judge in this way.
6 They poured out the bloodt
of your people
and your prophets.
So you gave them blood
to drink as they deserve!”
7 After this, I heard
the altar shout,
“Yes, Lord God All-Powerful,
your judgments are honest
and fair.”
8 The fourth angel emptied his bowl on the sun, and it began to scorch people like fire.
9 Everyone was scorched by its great heat, and all of them cursed the name of God who had power over these terrible troubles. But no one turned to God and praised him.
10 t The fifth angel emptied his bowl on the throne of the beast. At once darkness covered its kingdom, and its people began biting their tongues in pain.
11 And because of their painful sores, they cursed the God who rules in heaven. But still they did not stop doing evil things.
12 t The sixth angel emptied his bowl on the great Euphrates River, and it completely dried up to make a road for the kings from the east. 13 An evil spirit that looked like a frog came out of the mouth of the dragon. One also came out of the mouth of the beast, and another out of the mouth of the false prophet.
14 These evil spirits had the power to work miracles. They went to every king on earth, to bring them together for a war against God All-Powerful. But that will be the day of God's great victory.
15 t Remember Christ says, “When I come, it will surprise you like a thief! But God will bless you, if you are awake and ready. Then you won't have to walk around naked and be ashamed.”
16 t Those armies came together in a place that in Hebrew is called Armagedon.t
17 As soon as the seventh angel emptied his bowl in the air, a loud voice from the throne in the temple shouted, “It's done!” 18 t There were flashes of lightning, roars of thunder, and the worst earthquake in all history. 19 t The great city of Babylon split into three parts, and the cities of other nations fell. So God made Babylon drink from the wine cup filled with his anger. 20 t Every island ran away, and the mountains disappeared. 21 t Hailstones, weighing about 50 kilograms each, fell from the sky on people. Finally, the people cursed God, because the hail was so terrible.