Openbaring 2
Die boodskap vir die gemeente in Efese
1 “Jy moet vir tdie engel van die gemeente in die stad Efese skryf:
tDie Een wat die sewe sterre in sy regter-hand vashou en wat tussen die sewe goue tlampe loop, sê:
2 Ek weet alles wat jy doen. Ek weet jy werk hard vir My en jy is geduldig wanneer mense slegte dinge aan jou doen. Ek weet jy hou niks van slegte mense nie. Daar is mense by jou wat sê hulle is tapostels, maar hulle is nie apostels nie. Jy het hulle getoets en uitgevind dat hulle vals is.
3 Jy hou aan om die Here te dien, jy kry swaar omdat jy aan My behoort, maar jy word nie moeg om swaar te kry nie.
4 Maar Ek is kwaad vir jou. In die begin was jy baie lief vir My, maar nou is jy nie meer baie lief vir My nie.
5 Ja, jy moet onthou hoe baie jy verander het, en dan moet jy weer lewe soos Ek wil hê jy moet lewe. Jy moet weer die dinge doen wat jy gedoen het toe jy in My begin glo het. As jy dit nie doen nie, dan sal Ek kom en Ek sal tjou lamp wegneem van sy plek. Ja, jy moet weer lewe soos Ek wil hê.
6 Maar jy doen een ding wat reg is. Jy haat die dinge wat die tNikolaïete doen. Ek haat dit ook.
7 As jy verstaan wat die Heilige Gees vir die gemeentes sê, dan moet jy gehoorsaam wees! As jy oorwin en aanhou glo, dan sal Ek vir jou die vrugte gee van die boom wat lewe gee, die boom wat in God se tuin is.”Die boodskap vir die gemeente in Smirna
8 “Jy moet vir tdie engel van die gemeente in die stad Smirna skryf:
Die Een wat die Eerste en die Laaste is, tHy wat dood was maar wat weer lewe, Hy sê:
9 Ek weet jy kry swaar en jy is arm, jy het min geld. Maar Ek sê jy is ryk, want jy behoort aan My. Ek weet die Jode praat sleg van jou, maar hulle is nie regtig Jode nie, hulle kom bymekaar in ’n tsinagoge, maar dit is die sinagoge van die tSatan.
10 Jy sal swaarkry, maar jy moenie bang wees nie. tDie duiwel sal party van julle in die tronk laat gooi. Dan sal almal sien of julle kan aanhou glo. Ja, julle sal tien dae lank swaarkry, maar jy moet aanhou glo, ook as die mense jou wil doodmaak. Dan sal Ek jou weer laat lewe, dit sal vir jou wees soos ’n tlourier-krans op jou kop.
11 As jy verstaan wat die Heilige Gees vir die gemeentes sê, dan moet jy gehoorsaam wees! As jy oorwin en aanhou glo, dan sal jy nie t’n tweede maal sterf nie.”Die boodskap vir die gemeente in Pergamum
12 “Jy moet vir tdie engel van die gemeente in die stad Pergamum skryf:
tDie Een wat die skerp swaard het, sê:
13 Ek weet waar jy woon. tSatan se ttroon is daar, maar jy hou aan om in My te glo. Ja, Satan woon daar by julle. En die mense het vir Antipas daar by julle doodgemaak omdat hy aangehou het om vir mense te vertel van My, maar jy was nie bang om te sê dat jy in My glo nie.
14 Maar Ek is kwaad vir jou, want jy doen ’n paar dinge verkeerd. Party van jou mense doen die dinge wat tBileam vir die mense geleer het. Hy het vir Balak gesê hoe hy die Israeliete sonde kan laat doen. Hy het gesê Balak moet vir hulle tafgod-offervleis laat eet en hy moet hulle tonsedelik laat lewe. 15 Dieselfde gebeur daar by jou. Daar is ook party mense wat die dinge glo wat die tNikolaïete vir hulle leer.
16 Maar jy moet lewe soos Ek wil hê. As jy dit nie doen nie, dan sal Ek gou kom en Ek sal die swaard wat in my mond is, gebruik om oorlog te maak teen die mense wat die dinge glo wat die Nikolaïete vir hulle leer.
17 As jy verstaan wat die Heilige Gees vir die gemeentes sê, dan moet jy gehoorsaam wees! As jy oorwin en aanhou glo, dan sal Ek vir jou van die tmanna gee, ander mense weet nie van daardie manna nie. Ek sal ook vir jou ’n wit klippie gee. Op die klippie is ’n nuwe naam geskryf. Niemand anders sal weet wat daardie naam is nie, net jy sal dit weet.”Die boodskap vir die gemeente in Tiatira
18 “Jy moet vir tdie engel van die gemeente in die stad Tiatira skryf:
tDie Seun van God se oë is soos ’n vuurvlam en sy voete is soos blink koper. Hy sê:
19 Ek weet alles wat jy doen: Jy is lief vir My, jy doen wat jy sê jy sal doen, en jy dien die ander tgelowiges. Ek weet jy kry swaar omdat jy aan My behoort, maar jy bly geduldig. Ek weet jy doen nou baie meer dinge vir My, meer as wat jy gedoen het toe jy in My begin glo het.
20 Maar Ek is kwaad vir jou, want jy doen niks teen die vrou Isebel nie. Sy sê sy is ’n tprofeet, maar sy leer dinge wat nie waar is nie, sy leer dit vir die mense wat My dien. Sy leer vir hulle om tonsedelik te lewe en om tafgod-offervleis te eet. 21 Ek het vir haar tyd gegee om te begin lewe soos Ek wil hê en om op te hou om onsedelik te lewe, maar sy wil nie ophou nie. 22 As sy en almal wat saam met haar onsedelik lewe, nie ophou om verkeerde dinge te doen nie en as hulle nie begin lewe soos Ek wil hê nie, dan sal Ek vir haar en vir hulle baie siek laat word.
23 Ek sal almal laat sterf wat doen wat sy sê. Dan sal al die gemeentes weet dat Ek sien wat mense dink en wat hulle wil doen. Ek toordeel elke mens oor wat hy gedoen het.
24 Maar julle ander wat ook in Tiatira woon, julle glo nie die dinge wat Isebel vir hulle leer nie. Party mense sê die dinge wat sy vir hulle leer, is die groot geheime van die tSatan, maar julle wou nie daardie dinge leer ken nie. Vir júlle sê Ek: Ek wil hê julle moet net een ding doen, en dit is:
25 Julle moet aanhou om alles te glo wat julle nou glo. Julle moet dit doen totdat Ek weer kom.
26 As jy oorwin en aanhou doen wat Ek wil hê, dan sal Ek vir jou sê jy mag oor die volke regeer. 27 Jy sal kwaai oor hulle regeer, soos ’n koning wat met ’n tyster-septer regeer. Jy sal met hulle doen wat jy wil, soos wanneer iemand kleipotte stukkend slaan.
28 My Vader het gesê Ek mag so regeer. Jy mag ook so regeer. Ek sal vir jou die môrester gee, jy sal wees soos Ek.
29 As jy verstaan wat die Heilige Gees vir die gemeentes sê, dan moet jy gehoorsaam wees!”
Revelation 2
The Message to Ephesus
1 “To the angel of the church in Ephesus write:
“This is the message from the one who holds the seven stars in his right hand and who walks among the seven gold lampstands. 2 I know what you have done; I know how hard you have worked and how patient you have been. I know that you cannot tolerate evil people and that you have tested those who say they are apostles but are not, and have found out that they are liars. 3 You are patient, you have suffered for my sake, and you have not given up. 4 But this is what I have against you: you do not love me now as you did at first. 5 Think how far you have fallen! Turn from your sins and do what you did at first. If you don't turn from your sins, I will come to you and take your lampstand from its place.
6 But this is what you have in your favour: you hate what the Nicolaitans do, as much as I do.
7 “If you have ears, then, listen to what the Spirit says to the churches! t
“To those who win the victory I will give the right to eat the fruit of the tree of life that grows in the Garden of God. The Message to Smyrna
8 “To the angel of the church in Smyrna write: t
“This is the message from the one who is the first and the last, who died and lived again. 9 I know your troubles; I know that you are poor — but really you are rich! I know the evil things said against you by those who claim to be Jews but are not; they are a group that belongs to Satan!
10 Don't be afraid of anything you are about to suffer. Listen! The Devil will put you to the test by having some of you thrown into prison, and your troubles will last ten days. Be faithful to me, even if it means death, and I will give you life as your prize of victory.
11 “If you have ears, then, listen to what the Spirit says to the churches! t
“Those who win the victory will not be hurt by the second death. The Message to Pergamum
12 “To the angel of the church in Pergamum write:
“This is the message from the one who has the sharp two-edged sword. 13 I know where you live, there where Satan has his throne. You are true to me, and you did not abandon your faith in me even during the time when Antipas, my faithful witness, was killed there where Satan lives. 14 But there are a few things I have against you: there are some among you who follow the teaching of Balaam, who taught Balak how to lead the people of Israel into sin by persuading them to eat food that had been offered to idols and to practise sexual immorality. t 15 In the same way you have people among you who follow the teaching of the Nicolaitans.
16 Now turn from your sins! If you don't, I will come to you soon and fight against those people with the sword that comes out of my mouth.
17 “If you have ears, then, listen to what the Spirit says to the churches! t
“To those who win the victory I will give some of the hidden manna. I will also give each of them a white stone on which is written a new name that no one knows except the one who receives it. The Message to Thyatira
18 “To the angel of the church in Thyatira write:
“This is the message from the Son of God, whose eyes blaze like fire, whose feet shine like polished brass. 19 I know what you do. I know your love, your faithfulness, your service, and your patience. I know that you are doing more now than you did at first. 20 But this is what I have against you: you tolerate that woman Jezebel, who calls herself a messenger of God. By her teaching she misleads my servants into practising sexual immorality and eating food that has been offered to idols. t 21 I have given her time to repent of her sins, but she does not want to turn from her immorality. 22 And so I will throw her on to a bed where she and those who committed adultery with her will suffer terribly. I will do this now unless they repent of the wicked things they did with her.
23 I will also kill her followers, and then all the churches will know that I am the one who knows everyone's thoughts and wishes. I will repay each of you according to what you have done.t
24 “But the rest of you in Thyatira have not followed this evil teaching; you have not learnt what the others call ‘the deep secrets of Satan’. I say to you that I will not put any other burden on you. 25 But until I come, you must hold firmly to what you have.
26-28 To those who win the victory, who continue to the end to do what I want, I will give the same authority that I received from my Father: I will give them authority over the nations, to rule them with an iron rod and to break them to pieces like clay pots. I will also give them the morning star. t
29 “If you have ears, then, listen to what the Spirit says to the churches!