previous next

Openbaring 2

1 Skryf aan die leier van die gemeente in Efese die volgende: Dit is die Een wat die sewe leiers soos sterre in sy regterhand hou wat met julle praat. Ja, dit is Hy, Jesus, wat gedurig by sy sewe gemeentes, die sewe goue kandelare, is.
2 Ek weet wat julle doen. Ek sien hoe julle alles ter wille van die evangelie doen en weier om moed op te gee. Ek sien dat julle slegte mense nie voor julle oë kan verdra nie. Julle glo ook nie sommer enige Jan Rap en sy maat wat voorgee dat hy God se boodskap preek nie. Ek weet julle het al 'n klomp van hulle vasgetrek wat voorgegee het om "groot predikers" te wees, maar van die kansel af staan en lieg. Mooi so! Ek herhaal: Ek kyk julle sterk eienskappe nie mis nie.
3 Ek sien hoe julle vasbyt wanneer dit swaar gaan. Julle hou maar net aan en aan, omdat julle dit graag vir My wil doen. Julle word nie moeg daarvan nie.
4 Maar daar is een ding wat My baie ongelukkig maak en wat Ek nie kan oorsien nie. Julle is nie meer so lojaal en liefdevol teenoor My soos julle eers was nie.5 Dink mooi hoe julle eers was en hoe julle nou is. Julle het darem ver geval! Verander weer julle gesindheid en optrede. Begin weer leef soos julle eers geleef het. Doen wat Ek graag wil hê julle moet doen. As julle nie wil verander nie, maar bly leef soos julle nou leef, het Ek slegte nuus vir julle. Julle gemeente sal ophou bestaan. Ek self sal julle gemeentekandelaar tussen die ander wegvat.
6 Ek sê nie julle het niks wat in julle guns tel nie. Julle haat mos die dinge wat die Nikolaïete doen. Ek hou ook niks van hierdie klomp vals mense nie.
7 Spits julle ore! Luister na die boodskap van die Heilige Gees. Dit is vir julle, die gelowiges, bedoel. Wie nie langs die pad uitval nie, maar enduit volhou, sal Ek beloon. Hy sal mag eet van die "boom van die lewe" wat in God se tuin, die paradys, staan. As iemand eers van hierdie boom se vrugte geëet het, sal hy nooit doodgaan nie.
8  Skryf aan die leier van die gemeente in Smirna die volgende: Dit is die Een wat voor alles in die skepping daar was en wat nog daar sal wees wanneer alles verby is, wat met julle praat. Dit is Ek, Jesus, wat dood was en weer lewendig geword het.9 Ek weet hoe swaar julle kry. Ek sien hoe arm julle is. Onthou, julle is wel nie ryk hier op aarde nie, maar op 'n ander manier is julle ryk. Ek hoor hoe sleg daardie Jode julle maak. Hulle sleep julle naam deur die modder. Maar moenie te sleg voel daaroor nie. In God se oë is hulle nie meer sy mense nie. Hulle kom bymekaar in die huis van Satan.
10 Moenie tou opgooi as mense julle op die pad vorentoe seermaak en terroriseer nie. Luister, die duiwel gaan sorg dat party van julle in die tronk beland. 'n Tyd lank sal julle regtig swaarkry. God sal egter sorg dat dit nie te lank duur nie. Sien dit as 'n toets vir julle geloof en lojaliteit teenoor My, al maak hulle julle dood. Moenie ophou nie, maar hou vol tot by die wenpaal. Daar sal Ek self vir julle die prys gee wat wenners behoort te kry: die lewe wat nooit sal ophou nie.
11 Luister mooi. Die Heilige Gees sê hierdie dinge vir julle. Die een wat enduit 'n Christen bly se liggaam mag wel een maal doodgaan, maar hy sal nooit die ewige lewe verloor nie. Daar is geen manier waarop die dood dáárdie lewe van hom kan wegvat nie.
12  Skryf die volgende aan die leier van die gemeente in Pergamum: Dit is die boodskap van Hom wie se woorde diep sny soos 'n swaard wat aan albei kante skerp gemaak is.
13 Ek weet waar julle bly. Dit is waar Satan se troon staan, maar nogtans bly julle My dien. Julle is nie bang om te sê dat julle in My glo nie. Selfs toe Antipas doodgemaak is omdat hy, sonder om 'n tree terug te staan, mense van My vertel het, het julle ook nie julle geloof weggesteek nie. So te sê op die voorstoep van Satan self het julle My bly dien.
14 Maar Ek het nog 'n klomp probleme met julle. Party van julle gemeentelede luister na alles wat Bileam sê. Dit is mos hy wat vir Balak geleer het hoe om die Israeliete om te praat om afgode te begin dien. Die Israeliete het selfs aan die vieslike en onsedelike feeste deelgeneem en lekker aan afgodsvleis gesmul.15 Julle laat julle net so deur die Nikolaïete mislei. Julle eet maar alles wat hulle sê vir soetkoek op.
16 Los hierdie dinge en luister weer voluit na My. As julle dit nie doen nie, sal julle gou julle fout agterkom. Ek sal die klomp ongehoorsames onder julle tref met die skerp swaard uit my mond. Hulle sal voel wat dit beteken om onder my oordeel deur te loop.
17 Maak oop julle ore. Luister mooi na wat die Heilige Gees vir julle sê. Wie die wenpaal haal, sal beloon word. Ek sal vir hom gee van die hemelse brood wat weggesteek is. Ek sal ook vir hom 'n wit klippie gee. Op die klippie is 'n naam geskryf wat net vir hom bedoel is. Niemand, behalwe die een wie se klippie dit is, sal weet wat die naam is nie.
18  Skryf die volgende aan die leier van die gemeente in Tiatira: Dit is 'n boodskap van die Seun van God af. Sy gloeiende oë kyk niks mis nie. Sy voete is van pragtige brons.
19 Ek weet presies wat julle doen. Noem maar op: julle het mekaar lief; julle geloof is sterk; julle help mense wat julle hulp nodig het; julle gee nie sommer moed op nie. En wat hierdie dinge betref, gaan dit elke dag net beter met julle.
20 Maar daar is iets waarvan Ek nie hou nie en waaroor Ek julle kwalik neem. Julle laat daardie vrou Isebel toe om te doen wat sy wil. Sy noem haarself mos iemand wat God se boodskap verkondig. Al wat sy doen, is om die mense wat My dien te mislei om verkeerde dinge aan te vang. Sy leer hulle om afgode te dien. Daar neem hulle aan onsedelike feeste deel en hulle sit sommer saam met die afgode aan tafel ook.21 Ek het haar oorgenoeg kans gegee om van die verkeerde pad af om te draai, maar sy wou nie. Sy vaar maar voort in haar onsedelikheid. Kyk nou mooi.22-23 Ek gaan haar met 'n siekbed straf. En almal wat saam met haar so onsedelik geleef het, sal bitter swaarkry. Daarvoor sal Ek sorg. Dit is hulle voorland, behalwe as hulle heeltemal 'n omkeer in hulle lewe maak en My weer voluit begin dien. Ek sal elkeen uitwis wat haar slegte voorbeeld volg. Elke kerklidmaat sal dan besef dat mense My nie om die bos kan lei nie.
Nee, niemand kan iets vir My wegsteek nie. Ek weet wat elkeen dink en wat hier diep binne hom aangaan. Onthou dit maar: elke gelowige sal van My kry wat hy volgens sy optrede verdien.
24 Daar is ook nog 'n klomp ander gelowiges in Tiatira. Hulle steur hulle nie aan die verkeerde dinge wat Isebel se mense kwytraak nie. Om die waarheid te sê, hulle het nie eens moeite gedoen om agter te kom wat die sogenaamde "diep kennis" is waaroor hierdie mense so te kere gaan nie. Dit kom buitendien van Satan af. Vir hulle wil Ek dit nie met ekstra versoeke swaarder maak as wat dit reeds is nie.25 Al wat Ek vra, is: Staan net vas by die evangelie soos julle dit leer ken het, tot Ek weer kom.
26 Hy wat hom deur niks laat stuit nie en tot heel aan die einde doen wat Ek wil hê, sal nie spyt wees nie. Ek sal sulke mense mag gee om oor die lot van al die mense op aarde te besluit.27-28 Die Vader het presies daardie mag vir My gegee. Julle sal oor al die mense heers. Met mense wat dit nie wil aanvaar nie, sal dit gaan soos met 'n porseleinpot wat met 'n yster in stukke geslaan word. Maar, vir elkeen wat volhou om My te dien, sal Ek 'n nuwe en wonderlike toekoms gee.
29 Maak oop julle ore. Hoor wat die Heilige Gees vir julle as Christene wil sê.

Revelation 2

To the Church in Ephesus

1 “To the angel of the church in Ephesus,s write the following:t
“This is the solemn pronouncement ofts the one who has a firm grasp ont the seven stars in his right hands – the one who walks among the seven goldent lampstands:
2 ‘I know your works as well as yourt labor and steadfast endurance, and that you cannot toleratet evil. You have even put to the testt those who refer to themselves as apostles (but are not), and have discovered that they are false.3 I am also awaret that you have persisted steadfastly,t endured much for the sake of my name, and have not grown weary.4 But I have this against you: You have departedt from your first love!5 Therefore, remember from what high statet you have fallen and repent! Dot the deeds you did at the first;t if not, I will come to you and remove your lampstand from its place – that is, if you do not repent.t6 But you do have this going for you:t You hate what the Nicolaitanss practicet – practices I also hate.

7 The one who has an ear had better hear what the Spirit says to the churches. To the one who conquers,t I will permitt him to eat from the tree of life that ist in the paradise of God.’s

To the Church in Smyrna

8 “Tot the angel of the church in Smyrna write the following:t
“This is the solemn pronouncement ofts the one who is the first and the last, the one who was dead, butt came to life:
9 ‘I know the distress you are sufferingt and your poverty (but you are rich). I also knowt the slander against yout by those who call themselves Jews and really are not, but are a synagogues of Satan.10 Do not be afraid of the things you are about to suffer. The devil is about to have some of you thrownt into prison so you may be tested,t and you will experience sufferingt for ten days. Remain faithful even to the point of death, and I will give you the crown that is life itself.t

11 The one who has an ear had better hear what the Spirit says to the churches. The one who conquerst will in no way be harmed by the second death.’

To the Church in Pergamum

12 “Tot the angel of the church in Pergamum write the following:t
“This is the solemn pronouncement ofts the one who has the sharp double-edged sword:s
13 ‘I knows where you live – where Satan’s throne is. Yett you continue to clingt to my name and you have not denied yourt faith in me,t even in the days of Antipas, my faithful witness,t who was killed in your cityt where Satan lives.14 But I have a few things against you: You have some people there who follow the teaching of Balaam,s who instructed Balak to put a stumbling blockt before the peoplet of Israel so they would eat food sacrificed to idols and commit sexual immorality.t15 In the same way, there are also some among you who follow the teaching of the Nicolaitans.ts16 Therefore,s repent! If not, I will come against you quickly and make war against those peoplet with the sword of my mouth.

17 The one who has an ear had better hear what the Spirit says to the churches. To the one who conquers,t I will give him some of the hidden manna, and I will give him a whitet stone,t and on that stone will be written a new name that no one can understandt except the one who receives it.’

To the Church in Thyatira

18 “Tot the angel of the church in Thyatira write the following:t
“This is the solemn pronouncement ofts the Son of God, the one who has eyes like a fiery flamet and whose feet are like polished bronze:t
19 ‘I know your deeds: your love, faith,t service, and steadfast endurance.t In fact,t your more recent deeds are greater than your earlier ones.20 But I have this against you: You tolerate thatt womans Jezebel,s who calls herself a prophetess, and by her teaching deceivest my servantst to commit sexual immorality and to eat food sacrificed to idols.s21 It have given her time to repent, butt she is not willing to repent of her sexual immorality.22 Look! I am throwing her onto a bed of violent illness,t and those who commit adultery with her into terrible suffering,t unless they repent of her deeds.23 Furthermore, I will strike her followerst with a deadly disease,t and then all the churches will know that I am the one who searches minds and hearts. I will repayt each one of yous what your deeds deserve.t24 But to the rest of you in Thyatira, all who do not hold to this teachings (who have not learned the so-called “deep secretst of Satan”), to you I say: I do not put any additional burden on you.25 However, hold on to what you have until I come.

26 And to the one who conquerst and who continues int my deeds until the end, I will give him authority over the nationst

27 hetwill ruletthem with an iron rodt
and like clay jars he will break them to pieces,s
28 just as I have received the right to rulet from my Father – and I will give him the morning star.t

29 The one who has an ear had better hear what the Spirit says to the churches.’

About the Die Boodskap (DB)

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.