OPENBARING 2
Aan die gemeente in Efese wat sy eerste liefde versaak het
1 Skryf aan die voorganger van die gemeente in Efese: Só sê Hy wat die sewe sterre in sy regterhand vashou en wat tussen die sewe kandelare rondstap:2 Ek ken jou handel en wandel. Ek het ook jou harde werk en volharding raakgesien, en dat jy slegte mense nie kan verdra nie. Jy het ook navraag gedoen oor dié wat sê dat hulle apostels is, maar dit nie is nie. Jy het toe uitgevind dat hulle eintlik leuenaars is.
3 Verder volhard jy en het jy ter wille van My baie verdra sonder om moeg te word.
4 Maar Ek het hierdie klag teen jou: dat jy jou eerste liefde versaak het.
5 Dink terug aan hoe ver jy uitgesak het en kom tot inkeer, en doen weer wat jy aan die heel begin gedoen het. Anders kom Ek na jou toe en sal Ek jou kandelaar van sy staanplek af verwyder, as jy nie tot inkeer kom nie.
6 Maar daar is tog iets wat jy bly handhaaf het: Jy haat wat die Nikolaïete doen, net soos Ek dit ook haat.
7 Elkeen wat kan hoor, moet luister wat die Gees aan die gemeentes sê.
Elkeen wat aanhou oorwin, sal Ek laat eet van die boom van die lewe wat in die paradys van God staan.
Aan die gemeente in Smirna wat steeds geestelik ryk is
8 Skryf aan die voorganger van die gemeente in Smirna: Só sê Hy wat die Eerste en die Laaste is, wat dood was, en weer lewe:
9 Ek ken jou swaarkry en jou armoede, maar tog is jy ryk. Ek weet ook van die leuentaal van dié wat sê dat hulle Jode is en dit nie regtig is nie, maar eintlik deel is van die sinagoge van Satan.
10 Hou op om bang te wees vir wat jy nog gaan ly. Kyk, die duiwel gaan sommige uit julle geledere in die tronk sit om julle regtig te toets. Julle sal ook swaarkry, vir tien dae lank. Wees net getrou tot die dood toe, en Ek sal aan jou die kroon van die lewe gee.
11 Elkeen wat kan hoor, moet luister wat die Gees aan die gemeentes sê.
Elkeen wat aanhou oorwin, sal nié deur die tweede dood getref word nie.
Aan die gemeente in Pergamum wat steeds lojaal en getrou bly
12 Skryf aan die voorganger van die gemeente in Pergamum: So sê Hy wat die skerp swaard met die twee snykante het:
13 Ek weet goed waar jy woon, waar die troon van Satan is. Tog het jy lojaal aan My gebly en nie die vertroue in My afgesweer nie, veral gedurende die tyd toe Antipas, my betroubare getuie daar by julle waar Satan woon, doodgemaak is.
14 Maar Ek het 'n paar klagtes teen jou: Jy verdra mense in jou midde wat die leer van Bileam aanhang. Dit is hy wat Balak beïnvloed het om 'n struikelblok in die pad van die Israeliete te plaas, naamlik om te eet van die afgodsoffervleis en om seksuele sondes te pleeg.15 Net so is daar in jou geledere ook aanhangers van die leer van die Nikolaïete wat ook só optree.
16 Kom dan tot inkeer; anders kom Ek baie gou na jou toe en sal Ek teen hulle oorlog maak met die skerp swaard van my mond.
17 Elkeen wat kan hoor, moet luister wat die Gees aan die gemeentes sê.
Aan elkeen wat aanhou oorwin, sal Ek van die weggesteekte manna gee, asook 'n wit steentjie met 'n nuwe naam op gegraveer wat niemand anders ken nie behalwe die een wat dit ontvang het.
Aan die gemeente in Tiatira wat moet vashou aan Christus totdat Hy kom
18 Skryf aan die voorganger van die gemeente in Tiatira: So sê die Seun van God; Hy het oë soos 'n vuurvlam en sy voete is net soos gepoleerde koper:
19 Ek ken jou handel en wandel, ook jou liefde, vertroue, bediening en volharding. Ek weet ook dat jou handel en wandel nou selfs nog beter is as voorheen.
20 Maar Ek het hierdie klag teen jou: dat jy die vrou Isebel laat begaan. Sy noem haarself 'n profetes. Sy onderrig en verlei my diensknegte om seksuele sondes te doen en om afgodsoffervleis te eet.
21 Ek het haar 'n bepaalde tyd gegun om tot inkeer te kom, maar sy weier om haar te bekeer van haar seksuele sondes.
22 Kyk, Ek pen haar op 'n siekbed vas, en die mense wat saam met haar aan seksuele wanpraktyke deelneem, gee Ek oor aan hewige swaarkry as hulle hulle nie van haar praktyke bekeer nie.
23 Ek sal haar kinders doodmaak en al die gemeentes sal kennis neem dat dit Ek is wat gedagtes en bedoelings deursoek. Ek sal ook aan julle elkeen gee wat julle volgens julle handel en wandel verdien.
24 Vir julle ander in Tiatira wat nie deel het aan daardie leer nie en nie van die diepere dinge van Satan, soos hulle dit noem, 'n studie gemaak het nie, sê Ek: Ek lê op julle geen ander verantwoordelikheid nie,
25 behalwe om vas te hou aan wat julle het totdat Ek kom.
26 Aan die een wat aanhou oorwin en enduit my werke praktyk maak,
sal Ek bevoegdheid gee oor die
nasies.
27 Hy sal die nasies met 'n ysterstaf
beheer
en hulle soos kleipotte
stukkend breek.
28 Net soos Ek dit van my Vader ontvang het, sal Ek vir hom die môrester gee.
29 Elkeen wat kan hoor, moet luister wat die Gees aan die gemeentes sê.
REVELATION 2
The Letter to Ephesus
1 This is what you must write to the angel of the church in Ephesus:
I am the one who holds the seven stars in my right hand, and I walk among the seven gold lampstands. Listen to what I say.
2 I know everything you have done, including your hard work and how you have endured. I know you won't put up with anyone who is evil. When some people pretended to be apostles, you tested them and found out they were liars.
3 You have endured and gone through hard times because of me, yet you have not given up.
4 But I do have something against you! And it is this: You don't have as much love as you used to. 5 Think about where you have fallen from, and then turn back and do as you did at first. If you don't turn back, I will come and take away your lampstand.
6 But there is one thing you are doing right. You hate what the Nicolaitanst are doing, and so do I.
7 t If you have ears, listen to what the Spirit says to the churches. I will let everyone who wins the victory eat from the life-giving tree in God's wonderful garden.The Letter to Smyrna
8 t This is what you must write to the angel of the church in Smyrna:
I am the first and the last. I died, but now I am alive! Listen to what I say.
9 I know how much you suffer and how poor you are, but you are rich. I also know the cruel things being said about you by people who claim to be God's people. But they are not really God's people. They are a group that belongs to Satan.
10 Don't worry about what you will suffer. The devil will throw some of you into jail, and you will be tested and made to suffer for ten days. But if you are faithful until you die, I will reward you with a glorious life.t
11 t If you have ears, listen to what the Spirit says to the churches. Whoever wins the victory will not be hurt by the second death.tThe Letter to Pergamum
12 This is what you must write to the angel of the church in Pergamum:
I am the one who has the sharp double-edged sword! Listen to what I say.
13 I know you live where Satan has his throne.t But you have kept true to my name. Right there where Satan lives, my faithful witness Antipast was taken from you and put to death. Even then you did not give up your faith in me.
14 t I do have a few things against you. Some of you are following the teaching of Balaam.t Long ago he told Balak to teach the people of Israel to eat food that had been offered to idols and to be immoral. 15 Now some of you are following the teaching of the Nicolaitans.t
16 Turn back! If you don't, I will come quickly and fight against these people. And my words will cut like a sword.
17 t If you have ears, listen to what the Spirit says to the churches. To everyone who wins the victory, I will give some of the hidden food.t I will also give each one a white stonet with a new namet written on it. No one will know that name except the one who is given the stone.The Letter to Thyatira
18 This is what you must write to the angel of the church in Thyatira:
I am the Son of God! My eyes are like flames of fire, and my feet are like bronze. Listen to what I say.
19 I know everything about you, including your love, your faith, your service, and how you have endured. I know you are doing more now than you have ever done before. 20 t But I still have something against you because of that woman Jezebel.t She calls herself a prophet, and you let her teach and mislead my servants to do immoral things and to eat food offered to idols.
21 I gave her a chance to turn from her sins, but she did not want to stop doing these immoral things.
22 I am going to strike down Jezebel. Everyone who does these immoral things with her will also be punished, if they don't stop.
23 t I will even kill her followers.t Then all the churches will see that I know everyone's thoughts and feelings. I will treat each of you as you deserve.
24 Some of you in Thyatira don't follow Jezebel's teaching. You don't know anything about what her followers call the “deep secrets of Satan.” So I won't burden you down with any other commands.
25 But until I come, you must hold firmly to the teaching you have.
26 t I will give power over the nations to everyone who wins the victory and keeps on obeying me until the end.
27-28 I will give each of them the same power my Father has given me. They will rule the nations with an iron rod and smash those nations to pieces like clay pots. I will also give them the morning star.t
29 If you have ears, listen to what the Spirit says to the churches.