DIE OPENBARING 20
Die Satan word vir duisend jaar vasgebind
1 Toe het ek 'n engel uit die hemel uit sien kom met die sleutel van die onderaardse diepte en met 'n groot ketting in sy hand. 2 Hy het die draak, die slang van ouds, wat die duiwel en die Satan is, gegryp en hom vir duisend jaar vasgebind. 3 Hy het hom in die onderaardse diepte gegooi, dit toegesluit en dit bokant hom verseël sodat hy nie meer die nasies kan verlei voordat die duisend jaar om is nie. Daarna moet hy 'n klein rukkie losgelaat word.
4 Toe het ek trone gesien en die siele van die mense wat onthoof is omdat hulle aan die getuienis van Jesus en die woord van God vasgehou het. Hulle het op die trone gaan sit, en aan hulle is die bevoegdheid gegee om as regters op te tree. Dit is hulle wat nie die dier en sy beeld aanbid het nie en nie die merk op die voorkop en op die hand aanvaar het nie. Hulle het lewend geword en saam met Christus duisend jaar lank geregeer. 5 Dit is die eerste opstanding. Die ander dooies het nie lewend geword voordat die duisend jaar om was nie.
6 Geseënd en heilig is dié wat aan die eerste opstanding deel het. Oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom die duisend jaar lank regeer.
Die Satan word oorwin
7 Wanneer die duisend jaar om is, sal die Satan uit sy gevangenskap losgelaat word. 8 Dan sal hy gaan om die nasies wat tussen die vier uithoeke van die aarde is, die Gog en Magog, te verlei, en om hulle byeen te bring vir die oorlog. Hulle is so baie soos die sand van die see.
9 Hulle het oor die hele oppervlakte van die aarde aangekom en die laer van die gelowiges en die geliefde stad omsingel. Toe het daar vuur van die hemel af gekom en hulle verteer. 10 Die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swael gegooi, daar waar die dier en die vals profeet ook is. Hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid.
Die laaste oordeel
11 Toe het ek 'n groot wit troon gesien en die Een wat daarop sit. Die aarde en die hemel het voor Hom padgegee, en daar was nie meer plek vir hulle nie. 12 Ek het die dooies, groot en klein, voor die troon sien staan, en die boeke is oopgemaak. Daar is ook 'n ander boek oopgemaak, dit is die boek van die lewe. Die dooies is toe geoordeel volgens wat daar in die boeke geskrywe staan oor alles wat hulle gedoen het. 13 Die see het die dooies teruggegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dooies teruggegee wat in hulle was, en oor elkeen is geoordeel volgens wat hy gedoen het. 14 Toe is die dood en die doderyk in die vuurpoel gegooi. Dit is die tweede dood, die vuurpoel. 15 As daar gevind is dat iemand se naam nie in die boek van die lewe geskrywe staan nie, is hy in die vuurpoel gegooi.
Revelation 20
1 And I saw an angel coming down from heaven, having the key of the bottomless pit, and a great chain in his hand.2 And he laid hold on the dragon the old serpent, which is the devil and Satan, and bound him for a thousand years.3 And he cast him into the bottomless pit, and shut him up, and set a seal upon him, that he should no more seduce the nations, till the thousand years be finished. And after that, he must be loosed a little time.4 And I saw seats; and they sat upon them; and judgment was given unto them; and the souls of them that were beheaded for the testimony of Jesus, and for the word of God, and who had not adored the beast nor his image, nor received his character on their foreheads, or in their hands; and they lived and reigned with Christ a thousand years.5 The rest of the dead lived not, till the thousand years were finished. This is the first resurrection.6 Blessed and holy is he that hath part in the first resurrection. In these the second death hath no power; but they shall be priests of God and of Christ; and shall reign with him a thousand years.7 And when the thousand years shall be finished, Satan shall be loosed out of his prison, and shall go forth, and seduce the nations, which are over the four quarters of the earth, Gog, and Magog, and shall gather them together to battle, the number of whom is as the sand of the sea.8 And they came upon the breadth of the earth, and encompassed the camp of the saints, and the beloved city.9 And there came down fire from God out of heaven, and devoured them; and the devil, who seduced them, was cast into the pool of fire and brimstone, where both the beast10 And the false prophet shall be tormented day and night for ever and ever.11 And I saw a great white throne, and one sitting upon it, from whose face the earth and heaven fled away, and there was no place found for them.12 And I saw the dead, great and small, standing in the presence of the throne, and the books were opened; and another book was opened, which is the book of life; and the dead were judged by those things which were written in the books, according to their works.13 And the sea gave up the dead that were in it, and death and hell gave up their dead that were in them; and they were judged every one according to their works.14 And hell and death were cast into the pool of fire. This is the second death.15 And whosoever was not found written in the book of life, was cast into the pool of fire.