Openbaring 20
’n Engel bind die Satan vas, 1 000 jaar lank
1 Toe sien ek ’n tengel kom af uit die hemel. Hy het ’n sleutel en ’n groot ketting in sy hand gehad. Hy kon die tonderwêreld oopsluit met daardie sleutel. 2 Die engel het die tdraak gegryp. Die draak is die ou slang, tdie duiwel, die tSatan. Die engel het die draak 1 000 jaar lank vasgebind
3 en hy het hom in die onderwêreld gegooi en hom daar toegesluit, heeltemal toe. Toe kon die draak 1 000 jaar lank nie meer vir die mense van die volke dinge laat glo wat nie waar is nie. Maar ná die 1 000 jaar moet die draak ’n kort tydjie uitkom.
4 Toe het ek ttrone gesien, en daar het mense op die trone gesit. God het gesê daardie mense mag toordeel. Ek het ook die tgelowiges gesien wat dood is, mense het daardie gelowiges se koppe afgekap omdat hulle vir ander mense vertel het van Jesus en van wat God gesê het. Hulle het nie die tdier en sy tbeeld aanbid nie en hulle het ook nie die tmerk van die dier op hulle voorkoppe of op hulle hande laat maak nie. God het hulle weer laat lewe en hulle het 1 000 jaar lank saam met Christus regeer.
5 Dit is die eerste topstanding. God het nie die ander mense wat dood is, weer laat lewe nie, Hy sal hulle laat lewe nadat die 1 000 jaar verby is.
6 Ja, God sal sy mense weer laat lewe wanneer dit die eerste opstanding is. Daardie mense is gelukkig! Hulle behoort aan God! Die ttweede dood kan niks aan hulle doen nie! Hulle sal vir God en vir Christus dien en hulle sal 1 000 jaar lank saam met Christus regeer.
7 Wanneer die 1 000 jaar verby is, dan sal God die Satan laat uitkom uit tdie tronk waar die Satan was.
8 Die Satan sal uitgaan om vir die mense van al die volke dinge te laat glo wat nie waar is nie. Hy sal die volke, die tGog en Magog, bymekaar laat kom by die vier hoeke van die aarde. Hulle sal so baie wees soos die sand van die see. Hy wil hê hulle moet oorlog maak teen God.
9 Hulle het gekom om oorlog te maak. Daar was baie soldate, hulle was daar so ver soos ’n mens kan sien. Hulle het rondom die kamp van God se mense gegaan en ook rondom tdie stad van God. God was lief vir hierdie stad. God het vuur uit die hemel laat kom en die vuur het sy vyande doodgebrand.
10 God het die duiwel in die tsee van vuur en tswael gegooi, die duiwel wat die mense dinge laat glo wat nie waar is nie. Die duiwel was toe saam met die dier en tdie vals profeet in die see van vuur en swael. Daar sal hulle elke dag en elke nag brand en baie seer kry, vir altyd en altyd.
11 Toe sien ek ’n groot wit troon en ek sien vir God wat op die troon sit. Die aarde en die hemel was so bang vir God dat hulle weggehardloop het, ’n mens kon hulle nêrens sien nie. 12 Toe sien ek die mense wat gesterf het, staan voor die troon, al die mense, grootmense en kinders. Iemand het die boeke in die hemel oopgemaak, ook die tboek van die lewe. God het gekyk wat in die boeke geskryf is oor wat elke mens gedoen het, en toe het Hy die mense tge-oordeel. 13 Ja, al die mense het weer begin lewe: die mense wat in die see gesterf het, en ook die mense wat gesterf het en wat in die tdoderyk was. God het gekyk wat hulle gedoen het en Hy het hulle almal ge-oordeel. 14 Toe het God die dood en die doderyk in die see van vuur gegooi. Dit is die tweede dood. 15 As iemand se naam nie in die boek van die lewe geskryf was nie, dan het God hom in die see van vuur gegooi.
Revelation 20
The Thousand Years
1 Then I saw an angel coming down from heaven, holding in his hand the key of the abyss and a heavy chain. 2 He seized the dragon, that ancient serpent — that is, the Devil, or Satan — and chained him up for a thousand years.t
3 The angel threw him into the abyss, locked it, and sealed it, so that he could not deceive the nations any more until the thousand years were over. After that he must be let loose for a little while.
4 Then I saw thrones, and those who sat on them were given the power to judge. I also saw the souls of those who had been executed because they had proclaimed the truth that Jesus revealed and the word of God. They had not worshipped the beast or its image, nor had they received the mark of the beast on their foreheads or their hands. They came to life and ruled as kings with Christ for a thousand years.t 5 (The rest of the dead did not come to life until the thousand years were over.) This is the first raising of the dead.
6 Happy and greatly blessed are those who are included in this first raising of the dead. The second death has no power over them; they shall be priests of God and of Christ, and they will rule with him for a thousand years.The Defeat of Satan
7 After the thousand years are over, Satan will be let loose from his prison, 8 and he will go out to deceive the nations scattered over the whole world, that is, Gog and Magog. Satan will bring them all together for battle, as many as the grains of sand on the seashore.t 9 They spread out over the earth and surrounded the camp of God's people and the city that he loves. But fire came down from heaven and destroyed them.
10 Then the Devil, who deceived them, was thrown into the lake of fire and sulphur, where the beast and the false prophet had already been thrown; and they will be tormented day and night for ever and ever.The Final Judgement
11 Then I saw a great white throne and the one who sits on it. Earth and heaven fled from his presence and were seen no more.t 12 And I saw the dead, great and small alike, standing before the throne. Books were opened, and then another book was opened, the book of the living. The dead were judged according to what they had done, as recorded in the books. 13 Then the sea gave up its dead. Death and the world of the dead also gave up the dead they held. And all were judged according to what they had done. 14 Then death and the world of the dead were thrown into the lake of fire. (This lake of fire is the second death.) 15 Whoever did not have their names written in the book of the living were thrown into the lake of fire.