Openbaring 21
Die nuwe hemel en die nuwe aarde
1 Toe sien ek ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde. Want die eerste hemel en die eerste aarde was nie meer daar nie. Die see was ook nie meer daar nie.
2 Toe sien ek die tgewyde stad, die Nuwe Jerusalem, kom af uit die hemel, van God af. Die stad was gereed, soos ’n bruid wat haarself mooi gemaak het vir haar man.
3 Toe hoor ek iemand praat by God se ttroon. Hy het hard gesê:
“Kyk, God woon nou
by die mense!
Ja, Hy sal by hulle woon!
En hulle sal sy volke wees!
God sal self by hulle wees!
4 God sal al die trane
van hulle oë afvee!
Hulle sal nooit sterf nie!
Hulle sal nooit huil en kla nie!
Hulle sal nooit seerkry nie!
Want die ou dinge
het verbygegaan!”
5 En God wat op die troon sit, het gesê: “Kyk! Ek verander alles! Ja, Ek maak alles nuut!”
God het ook gesê: “Jy moet skryf wat Ek sê, want Ek doen altyd wat Ek sê, Ek praat altyd die waarheid.”
6 God het vir my gesê: “Alles is verby! Ek is die tAlfa en die Omega, die Begin en die Einde. As iemand tgeestelik dors is, dan sal Ek vir hom water gee wat hom altyd laat lewe, water wat verniet is. 7 As jy oorwin en aanhou glo, dan sal Ek vir jou tbaie goeie dinge gee. Ek sal jou God wees en jy sal my kind wees.
8 Maar al die mense wat bang is en die mense wat nie glo nie, sal in die tsee van vuur en tswael kom, en ook die mense wat baie verkeerde dinge doen en die mense wat ander mense doodmaak en die mense wat tonsedelik lewe en die mense wat ttoor en die mense wat tafgode dien en die mense wat lieg. Die see van vuur en swael is die ttweede dood.”Die Nuwe Jerusalem
9 Een van die sewe tengele het na my toe gekom. Dit was een van die sewe engele wat God se straf gebring het, God se sewe laaste strawwe in tsewe bakke. Die engel het vir my gesê: “Jy moet saam met my kom! Ek sal vir jou die bruid wys, die vrou van die tLam!”
10 tDie Gees het in my gekom, en die engel het my na ’n groot, hoë berg geneem. Toe het hy vir my die tgewyde stad, Jerusalem, gewys. Die stad het afgekom uit die hemel, van God af.
11 Die stad was vol lig, die lig wat om God, die Koning, is. Die stad het geblink soos ’n baie duur tedelsteen, soos tjaspis wat baie blink is.
12 Die stad het ’n groot, hoë muur gehad. In die muur was twaalf tpoorte. By die twaalf poorte was twaalf engele, en op die poorte was die name van die twaalf tstamme van die Israeliete geskryf. 13 Daar was drie poorte in die muur oos van die stad, drie poorte in die muur noord van die stad, drie poorte in die muur suid van die stad en drie poorte in die muur wes van die stad.
14 Die muur van die stad het twaalf tfondamente gehad. Op die fondamente was die twaalf name van die twaalf tapostels van die Lam geskryf.
15 Die engel wat met my gepraat het, het ’n goue meet-stok gehad om die stad en die poorte en die muur te meet. 16 Die stad was vierkantig: dit was so lank soos dit breed was. Die engel het die stad gemeet: dit was t12 000 stadioi lank en 12 000 stadioi breed en 12 000 stadioi hoog. 17 Hy het die muur ook gemeet. Dit was 144 tel hoog. Die engel het gemeet hoeveel el dit was, soos mense altyd ’n el meet. 18 Die muur was van jaspis. Die stad was van die beste goud, dit het geblink soos die mooiste glas. 19 Op die fondamente van die muur was daar baie mooi edelstene. Op die eerste fondament was jaspis. Op die tweede fondament was tsaffier. Op die derde fondament was tagaat. Op die vierde fondament was tsmarag. 20 Op die vyfde fondament was toniks. Op die sesde fondament was tkarneool. Op die sewende fondament was tchrisoliet. Op die agste fondament was tberil. Op die negende fondament was ttopaas. Op die tiende fondament was tchrisopraas. Op die elfde fondament was thiasint. Op die twaalfde fondament was tametis.
21 Die twaalf poorte was twaalf tpêrels. Ja, elke poort was gemaak van een pêrel. Die straat van die stad was van die beste goud, dit het gelyk soos glas, ’n mens kon daardeur sien.
22 Ek het nie ’n ttempel in die stad gesien nie, want die Here God wat alles kan doen, en die Lam, was die stad se tempel. 23 Daar was nie ’n son of ’n maan om vir die stad lig te gee nie. Dit was nie nodig nie, want die lig wat om God die Koning is, het daar lig gegee. En die Lam was die tlamp vir die stad. 24 Die volke sal lewe in die stad se lig, en die konings van die aarde sal na die stad kom, en dit sal wys hoe belangrik die stad is. 25 Die stad se poorte sal nooit toe wees in die dag nie. En daar is nooit nag nie. 26 Die konings van die aarde sal presente van die volke na die stad bring. Hulle sal die stad prys en sê hoe belangrik dit is. 27 Maar mense en dinge wat tonrein is, sal nooit in die stad ingaan nie, ook nie mense wat dinge doen wat baie lelik is en mense wat lieg nie. Maar party mense sal in die stad ingaan. Hulle name is geskryf in die tboek van die lewe, die boek van die Lam.
Revelation 21
The New Heaven and the New Earth
1 Then I saw a new heaven and a new earth. The first heaven and the first earth disappeared, and the sea vanished.t 2 And I saw the Holy City, the new Jerusalem, coming down out of heaven from God, prepared and ready, like a bride dressed to meet her husband.t 3 I heard a loud voice speaking from the throne: “Now God's home is with human beings! He will live with them, and they shall be his people. God himself will be with them, and he will be their God.t
4 He will wipe away all tears from their eyes. There will be no more death, no more grief or crying or pain. The old things have disappeared.”t
5 Then the one who sits on the throne said, “And now I make all things new!” He also said to me, “Write this, because these words are true and can be trusted.” 6 And he said, “It is done! I am the first and the last, the beginning and the end. To anyone who is thirsty I will give the right to drink from the spring of the water of life without paying for it.t 7 Those who win the victory will receive this from me: I will be their God, and they will be my children.t
8 But cowards, traitors, perverts, murderers, the immoral, those who practise magic, those who worship idols, and all liars — the place for them is the lake burning with fire and sulphur, which is the second death.”The New Jerusalem
9 One of the seven angels who had the seven bowls full of the seven last plagues came to me and said, “Come, and I will show you the Bride, the wife of the Lamb.” 10 The Spirit took control of me, and the angel carried me to the top of a very high mountain. He showed me Jerusalem, the Holy City, coming down out of heaven from Godt 11 and shining with the glory of God. The city shone like a precious stone, like a jasper, clear as crystal. 12 It had a great, high wall with twelve gates and with twelve angels in charge of the gates. On the gates were written the names of the twelve tribes of the people of Israel.t 13 There were three gates on each side: three on the east, three on the south, three on the north, and three on the west. 14 The city's wall was built on twelve foundation stones, on which were written the names of the twelve apostles of the Lamb. 15 The angel who spoke to me had a gold measuring rod to measure the city, its gates, and its wall.t 16 The city was perfectly square, as wide as it was long. The angel measured the city with his measuring rod: it was 2,400 kilometres long and was as wide and as high as it was long. 17 The angel also measured the wall, and it was 60 metres high,t according to the standard unit of measure which he was using.t 18 The wall was made of jasper, and the city itself was made of pure gold, as clear as glass.t 19 The foundation stones of the city wall were adorned with all kinds of precious stones. The first foundation stone was jasper, the second sapphire, the third agate, the fourth emerald, 20 the fifth onyx, the sixth carnelian, the seventh yellow quartz, the eighth beryl, the ninth topaz, the tenth chalcedony, the eleventh turquoise, the twelfth amethyst.
21 The twelve gates were twelve pearls; each gate was made from a single pearl. The street of the city was of pure gold, transparent as glass.
22 I did not see a temple in the city, because its temple is the Lord God Almighty and the Lamb. 23 The city has no need of the sun or the moon to shine on it, because the glory of God shines on it, and the Lamb is its lamp.t 24 The peoples of the world will walk by its light, and the kings of the earth will bring their wealth into it.t 25 The gates of the city will stand open all day; they will never be closed, because there will be no night there.t 26 The greatness and the wealth of the nations will be brought into the city. 27 But nothing that is impure will enter the city, nor anyone who does shameful things or tells lies. Only those whose names are written in the Lamb's book of the living will enter the city.t