previous next

DIE OPENBARING 21

Die nuwe hemel en die nuwe aarde

1 Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het nie meer bestaan nie. 2 En ek het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, van God af uit die hemel uit sien afkom. Die stad was gereed soos 'n bruid wat vir haar man versier is.

3 Toe het ek 'n harde stem van die troon af hoor sê: “Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God. 4 Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.”

5 Toe sê Hy wat op die troon sit: “Kyk, Ek maak alles nuut.” En daarna sê Hy: “Skryf hierdie woorde op, want hulle is betroubaar en waar.”

6 Verder sê Hy vir my: “Dit het klaar gebeur. Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. Aan elkeen wat dors het, sal Ek te drinke gee uit die fontein met die water van die lewe, verniet. 7 Elkeen wat die oorwinning behaal, sal dit alles kry, en Ek sal sy God wees, en hy sal my seun wees.

8 “Maar dié wat bang en ontrou geword het, die losbandiges, moordenaars en onsedelikes, bedrieërs en afgodsdienaars en al die leuenaars, hulle lot is die poel wat met vuur en swael brand, dit is die tweede dood.”

Die nuwe Jerusalem

9 Toe het een van die sewe engele wat die sewe bakke het waarin die sewe laaste plae was, gekom en met my gepraat. “Kom,” het hy gesê, “ek sal jou die bruid wys, die vrou van die Lam.”

10 Ek is toe deur die Gees meegevoer en die engel het my na 'n groot hoë berg toe geneem en die heilige stad Jerusalem vir my gewys, wat van God af uit die hemel uit afkom. 11 Die stad het die heerlikheid van God: sy glans is soos dié van die kosbaarste edelsteen, soos 'n kristalhelder opaal.

12 Die stad het 'n groot hoë muur met twaalf poorte. By die poorte is daar twaalf engele, en op die poorte is daar name geskrywe, dié van die twaalf stamme van die volk Israel. 13 Aan die oostekant is daar drie poorte, aan die noordekant drie, aan die suidekant drie en aan die westekant drie. 14 Die stad se muur het twaalf fondamente, en daarop is daar ook twaalf name, dié van die twaalf apostels van die Lam.

15 Die engel wat met my gepraat het, het 'n goue meetstok gehad om daarmee die stad self, sy poorte en sy muur te meet. 16 Die stad is vierkantig, net so lank as wat hy breed is. Hy het die stad toe met die meetstok gemeet. Die lengte, die breedte en die hoogte daarvan is dieselfde, twaalf duisend kilometer. 17 Hy het ook die muur om die stad gemeet. Dit is honderd vier en veertig meter hoog. Die engel het die mate van mense gebruik.

18 Die muur is met opaal gebou en die stad self met suiwer goud wat soos 'n skoon spieël lyk. 19 Die fondamente van die stadsmuur is met allerhande edelstene versier: die eerste fondament met opaal, die tweede met saffier, die derde met agaat, die vierde met smarag, 20 die vyfde met sardoniks, die sesde met karneool, die sewende met chrisoliet, die agste met beril, die negende met topaas, die tiende met chrisopraas, die elfde met hiasint en die twaalfde met ametis. 21 Die twaalf poorte is twaalf pêrels. Elkeen van die poorte is uit een pêrel gemaak. Die strate van die stad is van suiwer goud, blink soos 'n spieël.

22 'n Tempel het ek nie in die stad gesien nie, want sy tempel is die Here God, die Almagtige, en die Lam. 23 Die stad het nie die son en die maan nodig om hom te verlig nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp. 24 Die nasies sal in die stad se lig lewe, en die konings van die aarde verleen luister daaraan. 25 Die poorte daarvan word gedurende die hele dag nooit toegesluit nie: daar sal nie meer nag wees nie. 26 Die mense sal die luister en die rykdom van die nasies daarheen bring. 27 Niks onreins en niemand wat iets losbandigs en vals doen, sal ooit daarin kom nie, maar net dié wie se name in die boek van die lewe, die boek van die Lam geskrywe staan.

Revelation 21

1 And I saw a new heaven and a new earth. For the first heaven and the first earth was gone, and the sea is now no more.2 And I John saw the holy city, the new Jerusalem, coming down out of heaven from God, prepared as a bride adorned for her husband.3 And I heard a great voice from the throne, saying: Behold the tabernacle of God with men, and he will dwell with them. And they shall be his people; and God himself with them shall be their God.4 And God shall wipe away all tears from their eyes: and death shall be no more, nor mourning, nor crying, nor sorrow shall be any more, for the former things are passed away.5 And he that sat on the throne, said: Behold, I make all things new. And he said to me: Write, for these words are most faithful and true.6 And he said to me: It is done. I am Alpha and Omega; the beginning and the end. To him that thirsteth, I will give of the fountain of the water of life, freely.7 He that shall overcome shall possess these things, and I will be his God; and he shall be my son.8 But the fearful, and unbelieving, and the abominable, and murderers, and whoremongers, and sorcerers, and idolaters, and all liars, they shall have their portion in the pool burning with fire and brimstone, which is the second death.9 And there came one of the seven angels, who had the vials full of the seven last plagues, and spoke with me, saying: Come, and I will shew thee the bride, the wife of the Lamb.10 And he took me up in spirit to a great and high mountain: and he shewed me the holy city Jerusalem coming down out of heaven from God,11 Having the glory of God, and the light thereof was like to a precious stone, as to the jasper stone, even as crystal.12 And it had a wall great and high, having twelve gates, and in the gates twelve angels, and names written thereon, which are the names of the twelve tribes of the children of Israel.13 On the east, three gates: and on the north, three gates: and on the south, three gates: and on the west, three gates.14 And the wall of the city had twelve foundations, and in them, the twelve names of the twelve apostles of the Lamb.15 And he that spoke with me, had a measure of a reed of gold, to measure the city and the gates thereof, and the wall.16 And the city lieth in a foursquare, and the length thereof is as great as the breadth: and he measured the city with the golden reed for twelve thousand furlongs, and the length and the height and the breadth thereof are equal.17 And he measured the wall thereof an hundred and forty-four cubits, the measure of a man, which is of an angel.18 And the building of the wall thereof was of jasper stone: but the city itself pure gold, like to clear glass.19 And the foundations of the wall of the city were adorned with all manner of precious stones. The first foundation was jasper: the second, sapphire: the third, a chalcedony: the fourth, an emerald:20 The fifth, sardonyx: the sixth, sardius: the seventh, chrysolite: the eighth, beryl: the ninth, a topaz: the tenth, a chrysoprasus: the eleventh, a jacinth: the twelfth, an amethyst.21 And the twelve gates are twelve pearls, one to each: and every several gate was of one several pearl. And the street of the city was pure gold, as it were transparent glass.22 And I saw no temple therein. For the Lord God Almighty is the temple thereof, and the Lamb.23 And the city hath no need of the sun, nor of the moon, to shine in it. For the glory of God hath enlightened it, and the Lamb is the lamp thereof.24 And the nations shall walk in the light of it: and the kings of the earth shall bring their glory and honour into it.25 And the gates thereof shall not be shut by day: for there shall be no night there.26 And they shall bring the glory and honour of the nations into it.27 There shall not enter into it any thing defiled, or that worketh abomination or maketh a lie, but they that are written in the book of life of the Lamb.