previous next

Openbaring 21

1 Ek sien toe 'n splinternuwe hemel en aarde. Die aarde, soos ons dit ken, het verdwyn en die hemel, soos ons dit ken, was nie meer daar nie.2 Ek sien toe ook hoe God sy stad, die nuwe Jerusalem, uit die hemel laat afkom. Die stad was pragtig, soos 'n bruid wat haar vir haar bruidegom mooigemaak het.3 Ek hoor toe 'n harde stem sê: "God bly nou by en tussen die mense; ja, Hy gaan saam met hulle bly. Hulle sal sy mense wees. Hy sal hulle God wees en by hulle wees.4 As daar trane oor hulle wange loop, sal God self dit afdroog. Niemand sal meer daar doodgaan nie. Niemand sal hartseer wees of pyn ken nie. Hierdie slegte dinge van voorheen sal vir ewig en altyd verby wees."
5 Die Een wat op die troon sit, sê toe: "Kyk mooi, Ek maak alles nuut!" Verder sê Hy: "Skryf dit neer. Hierdie woorde kan mense maar glo, want dit is waar! Wat Ek gesê het, het gebeur.6 Alles begin by My en Ek besluit waar alles gaan eindig. Ek is die begin en die einde. As iemand geestelik dors is, sal Ek vir hom sorg. Ek sal vir hom water gee wat 'n mens se geestelike dors les en hom vir ewig laat leef. Dit alles is gratis.7 Die persoon wat enduit as Christen volhou, sal soos 'n egte kind al hierdie dinge van My erf. Dit is my ooreenkoms. Ek sal vir hom God wees, en hy sal my kind wees.
8 "Maar 'n see van brandende vlamme en swael wag vir ander mense: dit is daardie lafhartige mense wat nie na My luister nie. Hulle doen die vieslikste dinge. Hulle gee nie om om ander mense dood te maak nie. Hulle slaap rond en doen seksuele dinge wat 'n mens nie behoort te doen nie. Om nie eens te praat van hoe hulle afgode dien en soos towenaars allerhande geestelike magte vir hulle eie voordeel probeer manipuleer nie. Dit is ook hulle wat so lieg. Nou ja, vir hulle wag daar geen toekoms nie, net die tweede dood."
9  Een van die sewe engele kom toe nader (dit was een van die engele wat een van die sewe bakke met die laaste plae oor die aarde uitgegooi het).10 Hy sê vir my: "Kom, ek wil vir jou die bruid wys, die vrou met wie die Lam gaan trou." Hy vat my toe in die gees na 'n massiewe, hoë berg toe. Daar wys hy my dit toe: die stad wat God s'n is,11 Jerusalem, daal voor my oë van die hemel af ondertoe. Dit kom van God self af, en dit kon 'n mens aan die stad self sien. Dit was so oorweldigend en wonderlik! Dit het geskitter soos die wonderlikste edelsteen, helder soos 'n diamant.
12 Rondom die stad was 'n hoë, dik muur.13 Daar was twaalf poorte in die stad, drie na elke windrigting se kant toe. By elke poort het 'n engel gestaan.14 Die twaalf name van die stamme van Israel is op die poorte aangebring. Die dik stadsmuur is op twaalf fondamente gebou, met die name van die twaalf apostels van die Lam daarop.
15  Die engel wat met my gepraat het, het ook 'n goue liniaal gehad. Dit was om die stad noukeurig op te meet; ja, die hele stad met sy poorte en mure.16 Die stad was vierkantig; dit was net so lank as wat dit breed was. Die engel het toe die stad gemeet. Dit was 12 000 kilometer lank. Sy breedte en hoogte was presies dieselfde.17 Hy het ook die hoogte van die muur gemeet. Dit het volgens menslike mate 144 meter hoog gestaan.18 Die muur was van die pragtigste edelgesteentes gebou. Die stad self was van die suiwerste goud. Dit het geblink en geskitter, byna asof 'n mens na glas kyk.19-20 Die fondamente van die stadsmuur was die ene edelstene. Dit was oortrek met jaspis, saffiere, agaat, smarag, oniks, sardis, chrisoliet, beril, topaas, krisopraas, hiasint en ametis, twaalf soorte altesaam.21 Die twaalf poorte was elkeen uit 'n soliede pêrel gemaak. Die strate van die stad was van goud, skitterblink soos glas. Dit was of 'n mens daardeur kon sien.
22 Ek het gekyk, maar geen tempel in die stad gesien nie. Dit was nie meer nodig nie, want die Here God, die Een wat die sterkste van almal is en alles kan doen, was in die stad. Met Hom en die Lam daar was 'n tempel onnodig.23 Daar was ook nie meer 'n son of maan nodig om lig te gee nie. Die grootheid en heerlikheid van God self het die stad verlig. Ja, die Lam was soos 'n helder lig in die stad.24 Al die mense van die wêreld sal in die lig kan kom leef. Die leiers en heersers van die wêreld sal kom en so wys hoe groot en belangrik die stad regtig is.25 Die poorte sal nooit toegemaak word nie. Of anders gestel: dit sal die hele dag lank oop bly. Omdat God se lig daar is, word dit nooit nag nie. Niemand buite die stad sal geëer word nie.26 Almal wat roem of eer werd is, sal na die stad toe kom. Wat die moeite werd is om te eer, sal 'n mens in die stad kry.27 Niks waarvan God nie hou nie, sal in die stad toegelaat word nie. Mense wat hulle vieslik gedra, lieg en bedrieg, sal nie welkom wees nie. Net mense wie se name in die Lam se boek geskryf is, sal toegelaat word. Dit is die boek waarin almal wat vir ewig saam met God gaan leef, se naam geskryf staan.

Revelation 21

A New Heaven and a New Earth

1 Thent I saw a new heaven and a new earth, for the first heaven and earth had ceased to exist,t and the sea existed no more.2 And I saw the holy city – the new Jerusalem – descending out of heaven from God, made ready like a bride adorned for her husband.3 And I heard a loud voice from the throne saying: “Look! The residencet of God is among human beings.t Het will live among them, and they will be his people, and God himself will be with them.s

4 Het will wipe away every tear from their eyes, and death will not exist any more – or mourning, or crying, or pain, for the former things have ceased to exist.”t
5 And the one seated on the throne said: “Look! I am making all things new!” Thent he said to me, “Write it down,t because these words are reliablet and true.”6 He also said to me, “It is done!t I am the Alpha and the Omega, the beginning and the end. To the one who is thirsty I will give watert free of charget from the spring of the water of life.7 The one who conquerst will inherit these things, and I will be his God and he will be my son.

8 But to the cowards, unbelievers, detestable persons, murderers, the sexually immoral, and those who practice magic spells,t idol worshipers,t and all those who lie, their placet will be in the lake that burns with fire and sulfur.t Thatt is the second death.”

The New Jerusalem Descends

9 Thent one of the seven angels who had the seven bowls full of the seven final plagues came and spoke to me,t saying, “Come, I will show you the bride, the wife of the Lamb!”10 Sot he took me away in the Spiritt to a huge, majestic mountaint and showed me the holy city, Jerusalem, descending out of heaven from God.11 The city possessest the glory of God; its brilliance is like a precious jewel, like a stone of crystal-clear jasper.t12 It hast a massive, high wallt with twelve gates,t with twelve angels at the gates, and the names of the twelve tribes of the nation of Israelt are written on the gates.t13 There aret three gates on the east side, three gates on the north side, three gates on the south side and three gates on the west side.t

14 Thet wall of the city has twelve foundations, and on them are the twelve names of the twelve apostles of the Lamb.
15 The angelt who spoke to me had a golden measuring rod with which to measure the city and its foundation stones and wall.16 Nowt the city is laid out as a square,t its length and width the same. Het measured the city with the measuring rodt at fourteen hundred milest (its length and width and height are equal).17 He also measured its wall, one hundred forty-four cubitst according to human measurement, which is also the angel’s.t18 The city’st wall is madet of jasper and the city is pure gold, like transparent glass.t19 The foundations of the city’s wall are decoratedt with every kind of precious stone. The first foundation is jasper, the second sapphire, the third agate,s the fourth emerald,20 the fifth onyx,s the sixth carnelian,s the seventh chrysolite,s the eighth beryl,s the ninth topaz, the tenth chrysoprase,s the eleventh jacinth,s and the twelfth amethyst.

21 And the twelve gates are twelve pearls – each one of the gates is made from just one pearl! Thet main streett of the city is pure gold, like transparent glass.
22 Nowt I saw no temple in the city, because the Lord God – the All-Powerfult – and the Lamb are its temple.23 The city does not need the sun or the moon to shine on it, because the glory of God lights it up, and its lamp is the Lamb.24 The nationst will walk by its light and the kings of the earth will bring their grandeurt into it.25 Its gates will never be closed during the dayt (andt there will be no night there).t26 They will bring the grandeur and the wealtht of the nationst into it,

27 butt nothing ritually uncleant will ever enter into it, nor anyone who does what is detestablet or practices falsehood,t but only those whose namest are written in the Lamb’s book of life.

About the Die Boodskap (DB)

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.