previous next

OPENBARING 21

Die nuwe hemel en die nuwe aarde

1 Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien; want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan en die see het nie meer bestaan nie.

2 Ek het ook die heilige stad, die nuwe Jerusalem, van God af uit die hemel sien neerkom. Die nuwe Jerusalem was soos 'n bruid wat vir haar eggenoot mooigemaak is.
3 Ek het toe 'n kragtige stem van die troon af hoor sê: "Kyk, die tentwoning van God is nou onder die mense opgeslaan. Hy sal by hulle bly, en hulle sal sy volke wees en God sal self by hulle wees as hulle God.

4 Hy sal elke traan van hulle oë afvee en die dood sal glad nie meer bestaan nie. Ook hartseer of smartkrete of pyn sal glad nie meer bestaan nie. Die ou dinge het verbygegaan."
5 Hy wat op die troon sit, het toe gesê: "Kyk, Ek maak alle dinge nuut." En Hy sê verder: "Teken dit aan, want hierdie woorde is geloofwaardig en betroubaar."6 Verder het Hy vir my gesê: "Dit is afgehandel. Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. Iemand wat dors het, sal Ek verniet laat drink uit die fontein met lewegewende water.

7 Die een wat aanhou oorwin, sal hierdie dinge erf, en Ek sal vir hom God wees en hy sal vir My 'n kind wees.

8 "Maar vir die oneerlikes, onbetroubares, korruptes, moordenaars, persone wat seksuele sondes doen, towenaars, afgodsdienaars en al die leuenaars wag die poel wat met vuur en swael brand. Dit is die tweede dood."

9 Toe het een van die sewe engele wat die sewe bakke vashou wat vol was met die laaste sewe plae, nadergestaan en aan my gesê: "Kom, ek sal jou die bruid wys, die vrou van die Lam."
10 Hy het my toe in die Gees na 'n groot en hoë berg geneem en die heilige stad Jerusalem, wat van God af uit die hemel afgekom het, aan my gewys.

11 Die stad was gevul met die heerlikheid van God. Dit het gestraal, net soos 'n baie kosbare steen, soos 'n kristalhelder jaspis.
12 Die stad het ook 'n groot en hoë muur gehad waarin twaalf poorte was. By die poorte is daar twaalf engele, met twaalf name op die poorte gegraveer; dit is die name van die twaalf stamme van Israel.13 Aan die oostekant is daar drie poorte, aan die noordekant drie, aan die suidekant drie en aan die westekant drie.

14 Die stadsmuur het twaalf fondamentstene waarop die twaalf name van die twaalf apostels van die Lam geskryf staan.
15 Die engel wat met my in gesprek was, het 'n goue liniaal vasgehou. Die doel was om daarmee die stad self, sy poorte en sy muur te meet.16 Die stad is vierkantig uitgelê, sy lengte dieselfde as sy breedte. Hy het toe die stad met die meetstok gemeet. Die lengte, die breedte en ook die hoogte daarvan is dieselfde - 12 000 stadia.

17 Hy het ook die muur van die stad gemeet. Dit is 144 el hoog. (Die engel het volgens 'n aardse maat gemeet.)

18 Die boumateriaal van die muur is jaspis en dié van die stad self suiwer goud, so helder soos skoon glas.
19 Die fondamentstene van die stadsmuur is met elke soort edelsteen versier: die eerste fondamentsteen met jaspis, die tweede met saffier, die derde met agaat, die vierde met smarag,

20 die vyfde met sardoniks, die sesde met karneool, die sewende met chrisoliet, die agtste met berilsteen, die negende met topaas, die tiende met chrisopraas, die elfde met hiasint, en die twaalfde met ametis.

21 Die twaalf poorte is van twaalf pêrels gemaak. Elkeen van die poorte is uit een pêrel gemaak. Die strate van die stad is van suiwer goud, so helder soos deurskynende glas.
22 Ek het nie 'n tempel in die stad gesien nie, want die Here God, die Almagtige, en die Lam is sy tempel.23 Die stad het ook nie die son en die maan nodig om dit te verlig nie, want die heerlikheid van God het dit verlig, en die Lam is sy kandelaar.24 Die nasies sal in die stad se lig lewe en die konings van die aarde bring hulle luister daarheen.

25 Die poorte van die stad sal bedags nooit gesluit word nie, en daar sal nie meer nag wees nie.
26 Die nasies sal hulle luister en eerbetoon na die stad toe bring.

27 Niks wat besoedel is en niemand wat gruwelik en vals optree, sal ooit hulle voete in die stad sit nie, slegs dié wat opgeskryf is in die Boekrol van die Lewe, dit is die Boekrol van die Lam.

REVELATION 21

The New Heaven and //the New Earth

1  t I saw a new heaven and a new earth. The first heaven and the first earth had disappeared, and so had the sea.

2 t Then I saw New Jerusalem, the holy city, coming down from God in heaven. It was like a bride dressed in her wedding gown and ready to meet her husband.

3  t I heard a loud voice shout from the throne:
God's home is now with his people. He will live with them, and they will be his own. Yes, God will make his home among his people.

4 t He will wipe all tears from their eyes, and there will be no more death, suffering, crying, or pain. These things of the past are gone forever.

5 Then the one sitting on the throne said:
I am making everything new. Write down what I have said. My words are true and can be trusted.
6 t Everything is finished! I am Alpha and Omega, t the beginning and the end. I will freely give water from the life-giving fountain to everyone who is thirsty.

7 t All who win the victory will be given these blessings. I will be their God, and they will be my people.

8 But I will tell you what will happen to cowards and to everyone who is unfaithful or dirty-minded or who murders or is sexually immoral or uses witchcraft or worships idols or tells lies. They will be thrown into that lake of fire and burning sulfur. This is the second death.t

The New Jerusalem


9 I saw one of the seven angels who had the bowls filled with the seven last terrible troubles. The angel came to me and said, “Come on! I will show you the one who will be the bride and wife of the Lamb.”

10 t Then with the help of the Spirit, he took me to the top of a very high mountain. There he showed me the holy city of Jerusalem coming down from God in heaven.
11 The glory of God made the city bright. It was dazzling and crystal clear like a precious jasper stone. 12 t The city had a high and thick wall with twelve gates, and each one of them was guarded by an angel. On each of the gates was written the name of one of the twelve tribes of Israel. 13 Three of these gates were on the east, three were on the north, three more were on the south, and the other three were on the west.

14 The city was built on twelve foundation stones. On each of the stones was written the name of one of the Lamb's twelve apostles.
15  t The angel who spoke to me had a gold measuring stick to measure the city and its gates and its walls. 16 The city was shaped like a cube, because it was just as high as it was wide. When the angel measured the city, it was about 2,400 kilometers high and 2,400 kilometers wide.

17 Then the angel measured the wall, and by our measurements it was about 60 meters high.
18  t t The wall was built of jasper, and the city was made of pure gold, clear as crystal. 19 Each of the twelve foundations was a precious stone. The first was jasper, t the second was sapphire, the third was agate, the fourth was emerald, 20 the fifth was onyx, the sixth was carnelian, the seventh was chrysolite, the eighth was beryl, the ninth was topaz, the tenth was chrysoprase, the eleventh was jacinth, and the twelfth was amethyst.

21 Each of the twelve gates was a solid pearl. The streets of the city were made of pure gold, clear as crystal.
22 I did not see a temple there. The Lord God All-Powerful and the Lamb were its temple.

23 t And the city did not need the sun or the moon. The glory of God was shining on it, and the Lamb was its light.
24  t Nations will walk by the light of that city, and kings will bring their riches there. 25 t Its gates are always open during the day, and night never comes. 26 The glorious treasures of nations will be brought into the city. 27 t But nothing unworthy will be allowed to enter. No one who is dirty-minded or who tells lies will be there. Only those whose names are written in the Lamb's book of lifet will be in the city.