previous

Openbaring 22

1 Toe het die engel vir my ’n rivier gewys. Die rivier was baie helder, soos tkristal. In die rivier was water wat mense altyd laat lewe. Die rivier kom uit die ttroon van God en van die Lam. 2 Die rivier het gevloei in die middel van die straat. Die bome van die lewe het gestaan langs altwee kante van die rivier. Die bome het twaalf soorte vrugte gedra, hulle het elke maand vrugte gedra. Die volke gebruik die bome se blare om gesond te word. 3 God sal niemand en niks in die stad tvervloek nie. En God en die Lam se troon sal in die stad wees, en God se tdienaars sal Hom aanbid. 4 Hulle sal God sien, en God se Naam sal op hulle voorkoppe geskryf wees.

5 Daar sal nie meer nag wees nie. Daar sal nie meer lig van ’n lamp of die son wees nie. Dit sal nie nodig wees nie, want die Here God sal ’n lig wees vir hulle. En hulle sal altyd en altyd regeer.

Jesus sal weer kom


6 Die tengel het vir my gesê: “Die dinge wat in hierdie boek geskryf is, is waar. ’n Mens kan dit glo, want die Here God het vir die tprofete gesê wat hulle moet sê. Ja, God het sy engel gestuur om vir sy tdienaars die dinge te wys wat gou moet gebeur.”

7 Christus het gesê: “Ek sal gou kom! In hierdie boek is die dinge geskryf wat moet gebeur. As iemand dit lees en dit glo, dan is hy gelukkig!”
8 Ek, Johannes, het al die dinge gesien en gehoor wat in hierdie boek geskryf is. ’n Engel het dit vir my gewys. Toe ek dit alles gesien en gehoor het, het ek voor die engel se voete gekniel en ek wou hom aanbid.

9 Maar hy het vir my gesê: “Jy moenie vir mý aanbid nie, want ek dien ook vir God. Ek dien Hom ook soos jy en jou vriende, die profete, en soos al die ander mense wat hierdie boek lees en wat doen wat daarin geskryf is.”
10 Die engel het ook vir my gesê: “In hierdie boek is die dinge geskryf wat moet gebeur. Jy moenie stilbly daaroor nie, want daar is min tyd voordat dit sal gebeur!

11 Die mense wat verkeerde dinge doen, moet nog meer verkeerde dinge doen! En die mense wat slegte dinge doen, moet nog meer slegte dinge doen! Maar die mense wat doen wat God wil hê, moet nog meer dinge doen wat God wil hê! En die mense wat reg lewe, moet aanhou om reg te lewe!”
12 Toe sê Christus weer: “Ek sal gou kom! Ek weet wat elke mens gedoen het en Ek sal elke mens tbeloon.

13 Ek is die tAlfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde.
14 “Die mense wat reg lewe, is gelukkige mense! Hulle is soos mense wat skoon klere aangetrek het. Hulle mag eet van die tvrugte van die bome van die lewe! En hulle mag deur die tpoorte ingaan na tGod se stad!

15 Buite God se stad is die slegte mense en die mense wat ttoor en die mense wat tonsedelik lewe en die mense wat ander mense vermoor en die mense wat tafgode dien en almal wat daarvan hou om te lieg.

16 “Ek, Jesus, het my engel na julle toe gestuur. Die engel het al die dinge in hierdie boek vir die gemeentes gesê. Ek, Jesus, is die tWortel van Dawid, die tNageslag van Dawid, en die tBlink Môrester.”

17 Ja, tdie Gees en die kerk, Jesus se bruid, sê: “U moet kom!”
Elkeen wat dit hoor, moet sê: “U moet kom!”
As iemand tgeestelik dors is, dan moet hy water kom haal, water wat hom altyd sal laat lewe, water wat verniet is.
18 Die dinge wat moet gebeur, is in hierdie boek geskryf. Ek sê nou vir almal wat hierdie boek lees: “As iemand sê dat God dinge sal laat gebeur, en daardie dinge is nie in hierdie boek geskryf nie, dan sal God hom straf! God sal vir hom die strawwe gee wat in hierdie boek geskryf is!

19 En as iemand sê die dinge wat in hierdie boek geskryf is, sal nie gebeur nie, dan sal God hom straf! God sal sê hy mag nie eet van die vrugte van die boom van die lewe nie, en hy mag nie ingaan in tdie gewyde stad nie. In hierdie boek is geskryf van tdie boom van die lewe en van die gewyde stad.”

20 Dit is die Here Jesus wat al hierdie dinge sê. Hy sê ook: “Ja, Ek sal gou kom!”
Amen! U moet kom, Here Jesus!
21 Ek bid dat die Here Jesus tgenadig sal wees vir julle almal!

Revelation 22

1 The angel also showed me the river of the water of life, sparkling like crystal, and coming from the throne of God and of the Lambt 2 and flowing down the middle of the city's street. On each side of the river was the tree of life, which bears fruit twelve times a year, once each month; and its leaves are for the healing of the nations.t

3 Nothing that is under God's curse will be found in the city.t
The throne of God and of the Lamb will be in the city, and his servants will worship him.
4 They will see his face, and his name will be written on their foreheads.

5 There shall be no more night, and they will not need lamps or sunlight, because the Lord God will be their light, and they will rule as kings for ever and ever.t

The Coming of Jesus


6 Then the angel said to me, “These words are true and can be trusted. And the Lord God, who gives his Spirit to the prophets, has sent his angel to show his servants what must happen very soon.”

7  “Listen!” says Jesus. “I am coming soon! Happy are those who obey the prophetic words in this book!”
8 I, John, have heard and seen all these things. And when I finished hearing and seeing them, I fell down at the feet of the angel who had shown me these things, and I was about to worship him. 9 But he said to me, “Don't do it! I am a servant together with you and with your brothers the prophets and with all those who obey the words in this book. Worship God!” 10 And he said to me, “Do not keep the prophetic words of this book a secret, because the time is near when all this will happen.

11 Whoever is evil must go on doing evil, and whoever is filthy must go on being filthy; whoever is good must go on doing good, and whoever is holy must go on being holy.”t
12  “Listen!” says Jesus. “I am coming soon! I will bring my rewards with me, to give to each one according to what he has done.t

13 I am the first and the last, the beginning and the end.”t
14 Happy are those who wash their robes clean and so have the right to eat the fruit from the tree of life and to go through the gates into the city.t

15 But outside the city are the perverts and those who practise magic, the immoral and the murderers, those who worship idols and those who are liars both in words and deeds.

16  “I, Jesus, have sent my angel to announce these things to you in the churches. I am descended from the family of David; I am the bright morning star.” t

17 The Spirit and the Bride say, “Come!”t
Everyone who hears this must also say, “Come!”
Come, whoever is thirsty; accept the water of life as a gift, whoever wants it.

Conclusion


18 I, John, solemnly warn everyone who hears the prophetic words of this book: if anyone adds anything to them, God will add to his or her punishment the plagues described in this book.t

19 And if anyone takes anything away from the prophetic words of this book, God will take away from them their share of the fruit of the tree of life and of the Holy City, which are described in this book.

20 He who gives his testimony to all this says, “Yes indeed! I am coming soon!”
So be it. Come, Lord Jesus!
21 May the grace of the Lord Jesus be with everyone.t