DIE OPENBARING 22
1 Toe het die engel my die rivier met die water van die lewe gewys. Dit is helder soos kristal en dit stroom uit die troon van God en van die Lam uit. 2 Tussen die hoofstraat van die stad aan die een kant en die rivier aan die ander kant staan die boom van die lewe. Hy dra twaalf keer per jaar vrugte: elke maand lewer hy sy vrugte. Die blare van die boom bring genesing vir die nasies.
3 Daar sal niks meer wees wat deur God vervloek is nie. Die troon van God en van die Lam sal in die stad wees, en sy dienaars sal Hom dien. 4 Hulle sal Hom sien, en sy Naam sal op hulle voorkoppe wees. 5 Daar sal nie meer nag wees nie. Die mense het nie die lig van 'n lamp en die lig van die son nodig nie, omdat die Here God hulle sal verlig, en hulle sal tot in alle ewigheid regeer.
Die wederkoms van Jesus
6 Toe sê die engel vir my: “Hierdie woorde is betroubaar en waar. Die Here God, wat sy Gees aan die profete gee, het sy engel gestuur om vir sy dienaars te wys wat binnekort moet gebeur.”
7 Jesus sê toe: “Kyk, Ek kom gou! Geseënd is elkeen wat die woorde van hierdie profetiese boek ter harte neem.”
8 Dit is ek, Johannes, wat dit alles gehoor en gesien het. Toe ek dit gehoor en gesien het, het ek voor die voete van die engel wat dit alles vir my gewys het, op my knieë neergeval om hom te aanbid.
9 “Pas op, moenie!” sê hy toe vir my. “Ek is 'n mededienaar van jou en van jou medegelowiges, die profete en dié wat die woorde van hierdie boek ter harte neem. Aanbid God!”
10 Verder sê hy vir my: “Moenie die woorde van hierdie profetiese boek geheim hou nie, want die eindtyd is naby. 11 Wie kwaad doen, moet voortgaan om kwaad te doen, en wie vuil is, moet vuil bly; maar wie doen wat reg is, moet voortgaan om reg te doen, en wie heilig is, moet heilig bly.”
12 Jesus sê toe weer: “Kyk, Ek kom gou! Ek bring die loon saam met My om elkeen te beloon vir wat hy gedoen het. 13 Ek is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde.
14 “Geseënd is dié wat hulle klere was, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en deur die poorte in die stad kan ingaan. 15 Buitekant is die dwaalleraars, die bedrieërs en die onsedelikes, die moordenaars en die afgodsdienaars en almal wat valsheid liefhet en doen.
16 “Ek, Jesus, het my engel gestuur om dit alles aan julle in die gemeentes te betuig. Ek is die Wortel, dit is, die Nakomeling van Dawid. Ek is die helder Môrester.”
17 Die Gees en die bruid sê: “Kom!” En elkeen wat dit hoor, moet sê: “Kom!” En elkeen wat dors het, moet kom; elkeen wat die water van die lewe wil hê, moet dit kom kry, verniet!
18 Ek betuig aan almal wat die woorde van hierdie profetiese boek hoor: As iemand iets hieraan byvoeg, sal God vir hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is; 19 en as iemand een van die woorde van hierdie profetiese boek wegneem, sal God sy deel aan die boom van die lewe en aan die heilige stad wegneem waarvan in hierdie boek geskrywe is.
20 Hy wat dit alles getuig, sê: “Ja, Ek kom gou!” Amen! Kom, Here Jesus!
21 Die genade van die Here Jesus sal by almal wees.
Revelation 22
1 And he showed me a river of water of life, clear as crystal, proceeding from the throne of God and of the Lamb.2 In the midst of the street thereof, and on both sides of the river, was the tree of life, bearing twelve fruits, yielding its fruits every month, and the leaves of the tree were for the healing of the nations.3 And there shall be no curse any more; but the throne of God and of the Lamb shall be in it, and his servants shall serve him.4 And they shall see his face: and his name shall be on their foreheads.5 And night shall be no more: and they shall not need the light of the lamp, nor the light of the sun, because the Lord God shall enlighten them, and they shall reign for ever and ever.6 And he said to me: These words are most faithful and true. And the Lord God of the spirits of the prophets sent his angel to shew his servants the things which must be done shortly.7 And, Behold I come quickly. Blessed is he that keepeth the words of the prophecy of this book.8 And I, John, who have heard and seen these things. And after I had heard and seen, I fell down to adore before the feet of the angel, who shewed me these things.9 And he said to me: See thou do it not: for I am thy fellow servant, and of thy brethren the prophets, and of them that keep the words of the prophecy of this book. Adore God.10 And he saith to me: Seal not the words of the prophecy of this book: for the time is at hand.11 He that hurteth, let him hurt still: and he that is filthy, let him be filthy still: and he that is just, let him be justified still: and he that is holy, let him be sanctified still.12 Behold, I come quickly; and my reward is with me, to render to every man according to his works.13 I am Alpha and Omega, the first and the last, the beginning and the end.14 Blessed are they that wash their robes in the blood of the Lamb: that they may have a right to the tree of life, and may enter in by the gates into the city.15 Without are dogs, and sorcerers, and unchaste, and murderers, and servers of idols, and every one that loveth and maketh a lie.16 I Jesus have sent my angel, to testify to you these things in the churches. I am the root and stock of David, the bright and morning star.17 And the spirit and the bride say: Come. And he that heareth, let him say: Come. And he that thirsteth, let him come: and he that will, let him take the water of life, freely.18 For I testify to every one that heareth the words of the prophecy of this book: If any man shall add to these things, God shall add unto him the plagues written in this book.19 And if any man shall take away from the words of the book of this prophecy, God shall take away his part out of the book of life, and out of the holy city, and from these things that are written in this book.20 He that giveth testimony of these things, saith, Surely I come quickly: Amen. Come, Lord Jesus.21 The grace of our Lord Jesus Christ be with you all. Amen.