previous

Openbaring 22

1 Die engel wys toe ook vir my 'n rivier. Die water van die rivier was kristalhelder. Wie hierdie water drink, leef vir ewig. Toe ek mooi kyk, sien ek dat hierdie rivier uit die troon van God en die Lam stroom.2 Dit loop in die middel van die straat langs. Die boom wat lewe gee, was aan weerskante van die stroom geplant. Die boom het twaalf soorte vrugte gedra, een soort elke maand van die jaar. Daar was dus altyd genoeg vrugte om te eet. Selfs die blare van die boom het mense van hulle sondes en skuld genees. Daar sal nie 'n enkele ding oorbly waarmee God ontevrede is nie.
3 God en die Lam se troon sal in die stad staan. Daar sal hulle regeer. Al sy mense wat aan Hom gehoorsaam is, sal Hom daar met groot oorgawe en respek dien.4 Hulle sal reguit na God kan kyk en sien hoe Hy lyk. Dat hulle aan God alleen behoort, sal uit hulle straal, want God se Naam sal oor hulle voorhoof geskryf staan.5 Dit sal ook nooit donker word nie. Daarom sal lampe, ligte en selfs die son oorbodig wees. Die rede is dat die Here God self vir hulle soos lig sal wees. Hulle sal vir ewig en altyd soos konings leef. Nooit weer sal hulle iemand anders as net die Here dien nie.
6  En die engel sê toe vir my: "Jy kan al hierdie woorde maar glo. Dit is waar en niemand hoef daaroor te twyfel nie. Die Here God het mos sy boodskappers van ouds gebruik om sy woord te verkondig. Dieselfde God het nou sy boodskapper gestuur om vir al die mense wat Hom so getrou dien te wys wat een van die dae moet gebeur.7 Maak jou reg; Ek kom gou! Enigeen wat die boodskap van God in hierdie boek lees, moet homself baie gelukkig ag!"
8 Ek, Johannes, het al hierdie dinge met my eie ore gehoor en met my eie oë gesien. Toe ek dit gesien en gehoor het, het ek net daar op my knieë neergesak. Daar aan sy voete wou ek die engel wat my alles gewys het, eer en soos God aanbid.9 "Wag, moenie!" sê die engel toe. "Net soos jy is ek ook net iemand wat God dien. Daar is geen verskil tussen my en jou en al die ander boodskappers van God, al die broers en susters en die mense wat die boodskap van hierdie boek ernstig opneem nie. Ons almal moet dieselfde doen: eer en aanbid God!"
10 Hy sê verder vir my: "Moenie hierdie boek met die boodskap van God geheim hou of iewers wegsteek nie. Die tyd dat dit alles moet gebeur, is voor die deur.11 Laat die een wat verkeerde dinge doen, maar daarmee aanhou. Die een wat walglik wil wees, moet dit maar wees. Die een wat reg leef, moet so aanhou en die een wat net vir God wil leef, moet so bly leef."
12 "Kyk, Ek is op pad, Ek kom gou," sê Christus. "My lys van wie beloon moet word, bring Ek saam. Ek sal elkeen gee wat hy volgens sy optrede verdien.13 Ek is die Een by wie alles begin en by wie alles ook eindig; die Eerste en die Laaste. Niks bestaan of gebeur buite My om nie.
14 "Hoe gelukkig is die mense wat hulle klere skoon was sodat hulle reg is vir God se groot fees! Hulle sal reguit deur die poorte van die stad kan instap. Die boom wat aan mense lewe gee, sal hulle s'n wees.15 Mense wat vieslik geleef het, hulle met allerhande geeste en toordery opgehou het, sal buite moet bly. In God se stad is daar nie plek vir hulle nie. Dit geld ook vir die onsedelike mense en mense wat allerhande ander dinge behalwe die ware God aanbid het. Ja, die mense wat hulle rug vir die waarheid gedraai het en van leuens leef, sal nie die binnekant van God se stad sien nie.
16 "Ek, Jesus, het 'n engel as boodskapper gestuur om al hierdie dinge aan die gemeentes van God te vertel. Ek is 'n afstammeling van Dawid; uit sy geslag is Ek gebore. Ek is soos die helder ster wat die nuwe dag aankondig."
17 Die Gees asook die bruid sê: "Kom!" Wie hierdie woorde hoor, moet ook sê: "Kom!" Laat die een wat geestelik dors het, kom. Enigeen wat graag wil, kan die water wat 'n mens vir ewig laat leef, verniet kom kry.
18 En nou 'n waarskuwing: dit gaan aan almal wat die boodskap van hierdie boek hoor. Ek waarsku die persoon wat enigiets by hierdie boodskap bysit. God sal hom met al die plae en slegte dinge tref waarvan daar in hierdie boek vertel word.19 Iemand wat iets van God se boodskap in hierdie boek weglaat, moet ook gewaarsku wees. God sal sy aandeel in die boom wat aan mense die lewe gee en sy plek in die heilige stad vir ewig wegneem. (Dit is die boom en die stad waarvan vroeër in die boek gepraat is.)
20 Hy wat hierdie dinge aan ons met soveel oortuiging vertel het, sê nou weer: "Sowaar, Ek is op pad; Ek kom gou."
"Laat dit wees soos U sê! Kom, Here Jesus!"
21 Mag die Here Jesus baie goed vir julle almal wees.

Revelation 22

1 Thent the angelt showed me the river of the water of life – water as clear as crystal – pouring outt from the throne of God and of the Lamb,2 flowing down the middle of the city’st main street.t On each sidet of the river is the tree of life producing twelve kindst of fruit, yielding its fruit every month of the year.t Its leaves are for the healing of the nations.3 And there will no longer be any curse,t and the throne of God and the Lamb will be in the city.t Hist servantst will worshipt him,4 and they will see his face, and his name will be on their foreheads.

5 Night will be no more, and they will not need the light of a lamp or the light of the sun, because the Lord God will shine on them, and they will reign forever and ever.

A Final Reminder

6 Thent the angelt said to me, “These words are reliablet and true. The Lord, the God of the spirits of the prophets, has sent his angel to show his servantst what must happen soon.”

7 (Look! I am coming soon!
Blessed is the one who keeps the words of the prophecy expressed in this book.)s
8 I, John, am the one who heard and saw these things,t and when I heard and saw them,t I threw myself downt to worship at the feet of the angel who was showing them to me.9 Butt he said to me, “Do not do this!t I am a fellow servantt with you and with your brothers the prophets, and with those who obeyt the words of this book. Worship God!”10 Thent he said to me, “Do not seal up the words of the prophecy contained in this book, because the time is near.

11 The evildoer must continue to do evil,t and the one who is morally filthyt must continue to be filthy. Thet one who is righteous must continue to act righteously, and the one who is holy must continue to be holy.”

12 (Look! I am coming soon,
and my reward is with me to payt each one according to what he has done!

13 I am the Alpha and the Omega,
the first and the last,
the beginning and the end!)s
14 Blessed are those who wash their robes so they can have accesst to the tree of life and can enter into the city by the gates.

15 Outside are the dogs and the sorcererst and the sexually immoral, and the murderers, and the idolaters and everyone who loves and practices falsehood!t
16 “I, Jesus, have sent my angel to testify to you about these things for the churches. I am the root and the descendant of David, the bright morning star!”t

17 And the Spirit and the bride say, “Come!” And let the one who hears say: “Come!” And let the one who is thirsty come; let the one who wants it take the water of life free of charge.
18 I testify to the one who hears the words of the prophecy contained in this book: If anyone adds to them, God will add to him the plagues describedt in this book.

19 And if anyone takes away from the words of this book of prophecy, God will take away his share in the tree of lifes and in the holy city that are described in this book.
20 The one who testifies to these things says, “Yes, I am coming soon!” Amen! Come, Lord Jesus!21 The grace of the Lord Jesus be with all.s

About the Die Boodskap (DB)

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.