OPENBARING 22
Die rivier met lewegewende water
1 Toe het die engel aan my die rivier met lewegewende water gewys. Dit is helder soos kristal en vloei vanaf die troon van God en van die Lam.
2 Tussen die hoofstraat van die stad aan die een kant en die rivier aan die ander kant staan die boom van die lewe. Dit dra twaalf keer per jaar vrug; elke maand dra hy sy vrugte. En die blare van dié boom gee genesing aan die nasies.
3 Geen vervloeking van enigiets sal langer meer bestaan nie. Die troon van God en van die Lam sal in die stad staan en sy diensknegte sal Hom dien.4 Hulle sal Hom vol in die oë kyk, en sy Naam sal op hulle voorkoppe wees.
5 Daar sal ook geen behoefte aan die lig van 'n kandelaar of van die son wees nie omdat die Here God vir hulle lig sal gee, en hulle sal vir altyd as konings regeer.
Die Here Jesus se terugkeer is seker
6 Die engel het toe aan my gesê: "Hierdie woorde is geloofwaardig en betroubaar. Die Here God wat sy Gees aan die profete gegee het, het sy engel gestuur om aan sy diensknegte te wys wat binnekort moet gebeur."
7 Jesus sê toe:
"Kyk, Ek kom gou!
Geseënd is elkeen
wat die profetiese woorde
in hierdie boekrol gehoorsaam."
8 Ek, Johannes, het hierdie dinge gehoor en gesien. En toe ek dit gehoor en gesien het, het ek in aanbidding neergeval voor die voete van die engel wat al hierdie dinge aan my uitgewys het.
9 Maar hy sê aan my: "Oppas, moenie! Ek is maar net 'n mededienskneg van jou en van jou medegelowiges, naamlik die profete, en van dié wat die woorde van hierdie boekrol gehoorsaam. Aanbid God!"
10 Hy het toe aan my 'n opdrag gegee: "Moenie die woorde van hierdie profetiese boekrol verseël nie, want die eindtyd is naby.
11 "Wie aanhou om kwaad te doen, moet nog meer kwaad doen en wie vuil is, moet vuil bly, maar wie reg optree, moet voortgaan om reg te doen, en wie aan God toegewy is, moet ook verder aan God toegewy bly."
12 Jesus sê: "Kyk, Ek kom gou! My loon kom saam met My om almal te beloon volgens wat hulle gedoen het.
13 Ek is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde."
14 Geseënd is dié wat hulle klere skoon was sodat hulle aanspraak mag hê op die boom van die lewe, en mag ingaan deur die poorte van die stad.
15 Al die onreines bly buite - die towenaars, dié wat seksuele sondes doen, die moordenaars, die afgodsdienaars en elkeen wat die leuen liefhet en lieg.
16 "Ek, Jesus, het my engel gestuur om al die dinge aan julle in die gemeentes te verkondig. Ek is die Wortel, die Nakomeling van Dawid, die helder Môrester."
17 Die Gees en die bruid sê toe:
"Kom!"
En elkeen wat dit hoor,
moet sê:
"Kom!"
En elkeen wat dors het,
moet kom;
elkeen wat smag
na die lewegewende water,
moet kom haal, verniet!
18 Ek getuig plegtig teenoor elkeen wat die woorde van hierdie profetiese boekrol hoor: As iemand iets hieraan byvoeg, sal God vir hom as straf die plae byvoeg waarvan in hierdie boekrol geskryf is,
19 en as iemand een van die woorde van hierdie profetiese boekrol wegneem, sal God sy deel wegneem aan die boom van die lewe en aan die heilige stad waarvan in hierdie boekrol geskryf is.
20 Hy wat hierdie dinge getuig, sê:
"Ja, Ek kom gou!"
Amen! Kom, Here Jesus!
21 Mag die genade van die Here Jesus met julle almal wees.
REVELATION 22
1 t The angel showed me a river that was crystal clear, and its waters gave life. The river came from the throne where God and the Lamb were seated.
2 t Then it flowed down the middle of the city's main street. On each side of the river are treest that grow a different kind of fruit each month of the year. The fruit gives life, and the leaves are used as medicine to heal the nations.
3 t God's curse will no longer be on the people of that city. He and the Lamb will be seated there on their thrones, and its people will worship God 4 tand will see him face to face. God's name will be written on the foreheads of the people.
5 t Never again will night appear, and no one who lives there will ever need a lamp or the sun. The Lord God will be their light, and they will rule forever.The Coming of Christ
6 Then I was told:
These words are true and can be trusted. The Lord God controls the spirits of his prophets, and he is the one who sent his angel to show his servants what must happen very soon.
7 Remember, I am coming soon! God will bless everyone who pays attention to the message of this book.
8 My name is John, and I am the one who heard and saw these things. Then after I had heard and seen all this, I knelt down and began to worship at the feet of the angel who had shown it to me.
9 But the angel said,
Don't do that! I am a servant, just like you. I am the same as a follower or a prophet or anyone else who obeys what is written in this book. God is the one you should worship.
10 Don't keep the prophecies in this book a secret. These things will happen soon.
11 t Evil people will keep on being evil, and everyone who is dirty-minded will still be dirty-minded. But good people will keep on doing right, and God's people will always be holy.
12 t Then I was told:
I am coming soon! And when I come, I will reward everyone for what they have done.
13 t I am Alpha and Omega, t the first and the last, the beginning and the end.
14 t God will bless all who have washed their robes. They will each have the right to eat fruit from the tree that gives life, and they can enter the gates of the city.
15 But outside the city will be dogs, witches, immoral people, murderers, idol worshipers, and everyone who loves to tell lies and do wrong.
16 t I am Jesus! And I am the one who sent my angel to tell all of you these things for the churches. I am David's Great Descendant, t and I am also the bright morning star.t
17 t The Spirit and the bride say, “Come!”
Everyone who hears thist should say, “Come!”
If you are thirsty, come! If you want life-giving water, come and take it. It's free!
18 t Here is my warning for everyone who hears the prophecies in this book:
If you add anything to them, God will make you suffer all the terrible troubles written in this book.
19 If you take anything away from these prophecies, God will not let you have part in the life-giving tree and in the holy city described in this book.
20 The one who has spoken these things says, “I am coming soon!”
So, Lord Jesus, please come soon!
21 I pray that the Lord Jesus will be kind to all of you.