OPENBARING 4
Gesig van die troon. Die vier-en-twintig ouderlinge. Die vier lewende wesens.
1 NÁ hierdie dinge het ek gesien — kyk, ’n geopende deur in die hemel, en die eerste stem wat ek tsoos ’n basuin met my hoor spreek het, het gesê: Kom op hierheen, en tEk sal jou toon wat ná hierdie dinge moet gebeur.
2 En dadelik twas ek in die Gees, en kyk, daar staan t’n troon in die hemel en Een sit op die troon.
3 En Hy wat daarop sit, het in sy voorkoms gelyk soos die steen tjaspis en tsardius; en rondom die troon was ’n treënboog wat in sy voorkoms gelyk het soos ’n smarag.
4 En rondom die troon was daar tvier-en-twintig trone, en op die trone het ek tdie vier-en-twintig ouderlinge sien sit, tbekleed met wit klere; en hulle het goue krone op hulle hoofde gehad.
5 En daar het tweerligte en donderslae en stemme uit die troon uitgegaan, en sewe tvuurfakkels wat tdie sewe Geeste van God is, het voor die troon gebrand;
6 en voor die troon was daar t’n see van glas soos kristal, en in die middel van die troon en rondom die troon tvier lewende wesens vol oë van voor en van agter.
7 En tdie eerste lewende wese was soos ’n leeu, en die tweede lewende wese was soos ’n kalf, en die derde lewende wese het ’n gesig gehad soos ’n mens, en die vierde lewende wese was soos ’n arend wat vlieg.
8 En die vier lewende wesens het elkeen vir homself tses vlerke gehad, en hulle was rondom en van binne vol oë; en hulle het sonder ophou dag en nag gesê: tHeilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, twat was en wat is en wat kom!
9 En elke keer as die lewende wesens heerlikheid en eer en danksegging gee aan Hom wat op die troon sit, wat tot in alle ewigheid lewe,
10 val die vier-en-twintig ouderlinge neer voor Hom wat op die troon sit, en aanbid Hom wat tot in alle ewigheid lewe, en werp hulle krone voor die troon en sê:
11 tU is waardig, o Here, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag, want tU het alles geskape en deur u wil bestaan hulle en is hulle geskape.
Revelation 4
1 AFTER THIS I looked, and behold, a door standing open in heaven! And the first voice which I had heard addressing me like [the calling of] a war trumpet said, Come up here, and I will show you what must take place in the future.2 At once I came under the [Holy] Spirit’s power, and behold, a throne stood in heaven, with One seated on the throne! 3 And He Who sat there appeared like [the crystalline brightness of] jasper and [the fiery] sardius, and encircling the throne there was a halo that looked like [a rainbow of] emerald. 4 Twenty-four other thrones surrounded the throne, and seated on these thrones were twenty-four elders (the members of the heavenly Sanhedrin), arrayed in white clothing, with crowns of gold upon their heads.5 Out from the throne came flashes of lightning and rumblings and peals of thunder, and in front of the throne seven blazing torches burned, which are the seven Spirits of God [the sevenfold Holy Spirit];6 And in front of the throne there was also what looked like a transparent glassy sea, as if of crystal. And around the throne, in the center at each side of the throne, were four living creatures (beings) who were full of eyes in front and behind [with intelligence as to what is before and at the rear of them]. 7 The first living creature (being) was like a lion, the second living creature like an ox, the third living creature had the face of a man, and the fourth living creature [was] like a flying eagle. 8 And the four living creatures, individually having six wings, were full of eyes all over and within [underneath their wings]; and day and night they never stop saying, Holy, holy, holy is the Lord God Almighty (Omnipotent), Who was and Who is and Who is to come. 9 And whenever the living creatures offer glory and honor and thanksgiving to Him Who sits on the throne, Who lives forever and ever (through the eternities of the eternities), 10 The twenty-four elders (the members of the heavenly Sanhedrin) fall prostrate before Him Who is sitting on the throne, and they worship Him Who lives forever and ever; and they throw down their crowns before the throne, crying out,11 Worthy are You, our Lord and God, to receive the glory and the honor and dominion, for You created all things; by Your will they were [brought into being] and were created.