Openbaring 4
1 Ek kyk toe op en wat sien ek daar? Soos dit vir my gelyk het, was daar aan die blou koepel van die hemel 'n deur wat oopgestaan het. Ek hoor toe Iemand met my praat. Dit was dieselfde stem wat ek die heel eerste keer gehoor het. Dit was mos so hard soos 'n trompet wat in my oor geblaas word. Hy sê toe vir my: "Kom op hierheen. Dan sal Ek jou wys hoe alles van hier af gaan gebeur."
2 Die Heilige Gees het met my laat gebeur wat die stem gevra het. Ek is deur die deur in die hemel in. Daar, in die hemel, het 'n troon gestaan. Iemand, God self, het op die troon gesit.3 Toe ek na Hom kyk, was dit of ek na edelgesteentes kyk wat wit en rooi lig weerkaats. Dit het my daaraan laat dink hoe groot God is, maar ook laat besef dat Hy goddeloses gaan oordeel. 'n Pragtige reënboog het ook God se troon omraam. Dit het geskitter soos 'n groen edelsteen. Dit het my laat besef dat God wat op die troon sit, altyd getrou is.
4 Rondom hierdie groot troon in die middel het daar nog 24 trone gestaan. Op elkeen van hierdie trone het 'n leier van die kerk gesit, 24 van hulle. Hulle het duur, wit klere aangehad en soos konings het elkeen met 'n goue kroon op sy kop gesit. Hulle het saam met God geheers.
5 Blitse het geslaan en die donder het uit die rigting van die troon gerommel. Die Gees van God het voor God se troon gestaan, gereed om sy werk te gaan doen. Dit het kompleet gelyk soos 'n klomp helder ligte wat gelyk brand.6 Voor die troon was dit of daar 'n see van glas was, glad en stil. Dit het my laat besef dat niks van Satan se bose onrustigheid God se kalmte ooit sal kan versteur nie. Aan elkeen van die vier kante van die troon het 'n lewende wese gestaan. Hulle het baie besonders gelyk. Hulle het niks misgekyk nie, want hulle was oortrek van die oë.
7 Die eerste een het soos 'n leeu gelyk en die tweede een soos 'n os. Die derde een het 'n gesig soos 'n mens s'n gehad en die vierde een het gelyk soos 'n arend wat vlieg.
Hierdie vier wesens het die skepping verteenwoordig: die arend het die vlieënde diere, die leeu die wilde diere en die os die mak diere verteenwoordig en die een met die gesig van 'n mens het al die mense verteenwoordig.
8 Elkeen van die vier diere het ook ses vlerke gehad. Niks in die skepping was dus buite hulle bereik nie, want met hulle vlerke kon hulle oral vlieg. Die vlerke was ook oortrek met oë wat alles sien. Dag en nag, sonder ophou, het hulle bly sê: "Heilig, heilig, heilig is God die Here, die Een wat mag oor alles het. Hy was nog altyd daar, Hy is nou steeds by ons, en Hy sal in die toekoms nog altyd by ons wees."
9 Die vier lewende wesens maak geen geheim daarvan hoe groot God is nie. Hulle basuin oral uit hoe belangrik Hy is. Hy is daar en leef vir ewig en altyd. Hulle hou nie op om vir God wat op sy troon sit vir alles en nogmaals alles dankie te sê nie.10 Wanneer die 24 leiers van die kerk dit hoor, val hulle uit eerbied voor God neer wat op die troon sit. Hulle aanbid Hom wat vir ewig en altyd leef. Hulle sit die krone voor God neer om te wys dat Hy die enigste werklike heerser is. Dan sê hulle in 'n koor:11 "Here, ons God, wie kan so belangrik wees soos U? Na U sien almal op; U is sterker as die sterkstes. En dit is ook reg so, want dit is hoe U is. Ja, U het alles gemaak. Alles in die skepping is daar omdat U dit so wou gehad het."
Revelation 4
The Amazing Scene in Heaven
1 After these things I looked, and there wast a door standing open in heaven!t And the first voice I had heard speaking to met like a trumpets said: “Come up here so thatt I can show you what must happen after these things.”2 Immediately I was in the Spirit,t andt a throne was standingt in heaven with someone seated on it!3 And the one seated on it was like jasperts and carnelians in appearance, and a rainbow looking like it was made of emeraldt encircled the throne.4 Int a circle around the throne were twenty-four other thrones, and seated on those thrones were twenty-four elders. They weret dressed in white clothing and had golden crownss on their heads.5 Fromt the throne came out flashes of lightning and roaringt and crashes of thunder. Seven flaming torches, which are the seven spirits of God,s were burning in front of the throne
6 and in front of the throne was something like a sea of glass, like crystal.t
Int the middle of the thronet and around the throne were four living creaturest full of eyes in front and in back.7 Thet first living creature was like a lion, thet second creature like an ox, the third creature had a face like a man’s, and the fourth creature looked like an eagle flying.
8 Each one of the four living creatures had six wingst and was full of eyes all around and inside.t They never rest day or night, saying:t
“Holy Holy Holy is the Lord God, the All-Powerful,ts
Who was and who is, and who is still to come!”
9 And whenever the living creatures give glory, honor,t and thanks to the one who sits on the throne, who lives forever and ever,
10 the twenty-four elders throw themselves to the groundt before the one who sits on the throne and worship the one who lives forever and ever, and they offer their crownss before hist throne, saying:
11 “You are worthy, our Lord and God,
to receive glory and honor and power,
since you created all things,
and because of your will they existed and were created!”s