OPENBARING 4
God die Skepper word in die hemel aanbid
1 Hierna het ek gekyk, en werklikwaar, 'n deur is oopgemaak in die hemel, en 'n stem wat ek vantevore al hard soos 'n trompet met my hoor praat het, het gesê: "Kom op hierheen, en Ek sal aan jou wys wat hierna moet gebeur."2 Onmiddellik was ek in die greep van die Gees. Ek het 'n troon in die hemel sien staan met Iemand wat daarop sit.3 En die Een wat sit, se voorkoms was net soos jaspis en karneool, terwyl daar 'n reënboog met die glans van smarag om die troon gehang het.4 Rondom die troon was daar 24 trone en op die trone het 24 ouderlinge gesit. Hulle het wit klere aangehad, met goue krone op hulle koppe.5 Van die troon se kant af het daar weerligstrale, rammelings en donderslae gekom. Reg voor die troon het sewe vlammende fakkels gebrand; dit is die sewe Geeste van God.
6 Vlak voor die troon het dit gelyk soos 'n spieëlgladde see, soos kristal.
In die middel en rondom die troon het daar vier lewende wesens gestaan, met oë aan die voor- en agterkant.7 Die eerste lewende wese het soos 'n leeu gelyk, die tweede soos 'n bul, die derde het 'n gesig soos dié van 'n mens gehad, en die vierde het gelyk soos 'n vlieënde arend.8 Die vier lewende wesens het elkeen ses vlerke gehad wat rondom en aan die binnekant vol oë was. Hulle het dag en nag, sonder enige ruspouse, aanhou sê:
"Heilig, heilig, heilig
is die Here God
die Almagtige,
Hy wat was en wat is
en wat kom."
9 Elke keer wanneer die lewende wesens heerlikheid, eer en dank toebring aan Hom wat op die troon sit, Hy wat vir altyd lewe,
10 val die 24 ouderlinge in aanbidding neer voor Hom wat op die troon sit. Hulle aanbid Hom wat vir altyd lewe en sit hulle krone voor die troon neer en sê:
11 "U is waardig, Here ons God,
om die heerlikheid
en die eer
en die mag te ontvang
omdat U alle dinge geskape het;
deur u wil is alles
wat bestaan, geskape."
REVELATION 4
Worship in Heaven
1 After this, I looked and saw a door that opened into heaven. Then the voice that had spoken to me at first and that sounded like a trumpet said, “Come up here! I will show you what must happen next.” 2 t Right then the Spirit took control of me, and there in heaven I saw a throne and someone sitting on it.
3 The one who was sitting there sparkled like precious stones of jaspert and carnelian.t A rainbow that looked like an emeraldt surrounded the throne.
4 Twenty-four other thrones were in a circle around that throne. And on each of these thrones there was an elder dressed in white clothes and wearing a gold crown. 5 t Flashes of lightning and roars of thunder came out from the throne in the center of the circle. Seven torches, which are the seven spirits of God, were burning in front of the throne.
6 t t Also in front of the throne was something that looked like a glass sea, clear as crystal.
Around the throne in the center were four living creatures covered front and back with eyes. 7 The first creature was like a lion, the second one was like a bull, the third one had the face of a human, and the fourth was like a flying eagle.
8 t Each of the four living creatures had six wings, and their bodies were covered with eyes. Day and night they never stopped singing,
“Holy, holy, holy is the Lord,
the all-powerful God,
who was and is
and is coming!”
9 The living creatures kept praising, honoring, and thanking the one who sits on the throne and who lives forever and ever.
10 At the same time the 24 elders knelt down before the one sitting on the throne. And as they worshiped the one who lives forever, they placed their crowns in front of the throne and said,
11 t “Our Lord and God,
you are worthy
to receive glory,
honor, and power.
You created all things,
and by your decision they are
and were created.”