ROMEINE 1
1 Hierdie brief kom van Paulus. Ek is 'n dienskneg van Christus Jesus. Hy het my geroep om sy apostel te wees. Ek is afgesonder om God se Goeie Nuus te verkondig.2 Hierdie Goeie Nuus het Hy reeds lank gelede deur sy profete in die Skrif beloof.3 -4 Dit gaan oor sy Seun, Jesus Christus. Wat sy menslikheid betref, is Hy uit die nageslag van Dawid gebore. Wat sy heilige Goddelikheid betref - sy opstanding uit die dood het kragdadig bevestig dat Hy die Seun van God is. Wat meer is, Hy is ook ons Here!5 Dit is hierdie Here wat aan my die onverdiende voorreg gegee het om sy apostel te wees en die Goeie Nuus aan al die nie-Joodse nasies te bring sodat hulle kan glo en God kan gehoorsaam, en Hy op hierdie manier verheerlik kan word.
6 Julle maak ook deel uit van daardie nie-Joodse nasies - julle almal wat geroep is om aan Jesus Christus te behoort.
7 Ek skryf aan julle almal in Rome - julle vir wie God liefhet en vir wie Hy geroep het om sý mense te wees.
Mag die genade en vrede van God ons Vader en die Here Jesus Christus met julle wees.
Paulus se gebed
8 Hier heel aan die begin wil ek vir julle vertel hoe ek vir God in die Naam van Jesus Christus dankie sê vir elkeen van julle, want die hele wêreld praat van julle geloof.9 Dié God wat ek met hart en siel dien deurdat ek hierdie Goeie Nuus omtrent sy Seun uitdra, is my getuie dat julle dag en nag in my gedagtes is.10 Elke keer smeek ek dat God, as dit sy wil is, tog nou uiteindelik vir my die pad sal oopmaak om by julle uit te kom.11 Ek begeer met my hele hart om julle te besoek. Ek wil vir julle 'n geestelike seëning bring om julle in julle geloof te versterk.
12 Eintlik bedoel ek dat ons mekáár dan oor en weer sal kan bemoedig deur ons gemeenskaplike geloof.
Paulus se toekomsbeplanning en die brieftema: God spreek elkeen vry wat glo
13 Broers en susters, julle moet beslis weet dat ek my al dikwels voorgeneem het om na julle toe te kom. Ek hoop om ook onder julle 'n geseënde bediening te hê, net soos onder die ander nie-Jode waar ek gewerk het.14 Ek het 'n groot verantwoordelikheid teenoor almal - maak nie saak of hulle van ons eie kultuur of van 'n ander kultuur is, of hoe opgevoed of onopgevoed hulle is nie.
15 Daarom is ek gretig om ook aan julle in Rome die Goeie Nuus te verkondig.
16 Vir hierdie Goeie Nuus is ek allesbehalwe skaam. Dit is immers God se krag wat hier aan die werk is. Dit bring verlossing vir elkeen wat glo - heel eerste vir die Jode, maar ook vir die nie-Jode.
17 Hierdie Goeie Nuus maak bekend dat God ons van ons sondes vryspreek. En dit gebeur enkel en alleen deurdat ons glo. Soos die Skrif sê: "Elkeen wat vrygespreek word omdat hy glo, sal lewe."
Hoe God die sonde van die nie- Jode straf
18 Van sy hemelse woonplek af maak God sy straf bekend oor die mense wat goddeloosheid en ongeregtigheid bedryf en so die waarheid onderdruk.19 In hulle harte het hulle immers 'n duidelike besef van God, want God het dit aan hulle bekendgemaak.
20 Want hulle kan sy onsigbare eienskappe, naamlik sy ewige krag en sy Goddelikheid, reeds van die skepping van die wêreld af duidelik uit sy handewerk waarneem. Daarom kan hulle hulleself nie verontskuldig nie.
21 Ja, hulle het 'n Godsbesef gehad, maar tog het hulle Hom nie as God geëer of aan Hom dankbaarheid betoon nie. Inteendeel, hulle het vir hulleself allerlei belaglike voorstellings oor 'n godheid begin maak en hulle verdwaasde harte het heeltemal toegeslaan.22 Alhoewel hulle daarop aanspraak maak dat hulle danig slim is, het hulle in werklikheid heeltemal in dwaasheid verval - in so 'n mate
23 dat hulle die verering van die onsterflike God met afgode vervang het wat sterflike mense en voëls en diere en slange uitbeeld.
24 Om hierdie rede het God hulle aan hulle eie sondige hartstogte oorgegee, met die gevolg dat hulle onsedelikheid begin bedryf het deur oor en weer immorele praktyke met mekaar se liggame te beoefen.
25 Hulle het immers so ver gegaan om die ware kennis van God te verkwansel vir die leuen en God se handewerk te vereer en te dien in plaas van die Skepper self - dié God wat vir ewig geprys behoort te word. Amen!
26 Dit is daarom dat God hulle oorgegee het aan hulle eie skandelike drifte. Selfs die vroue het die natuurlike seksuele verkeer verruil vir wat teen die natuur is, naamlik dié met ander vroue.
27 Op dieselfde manier het die mans die natuurlike manier om seksueel te verkeer prysgegee en 'n brandende begeerte na mekaar begin koester. Mans het skandelike dade met mekaar bedryf. Gevolglik moes hulle in hulle eie persoon die duur prys vir hulle perversiteit betaal.
28 Inderdaad, omdat hulle geweier het om aan God die erkenning te gee wat Hy verdien, het Hy hulle oorgegee aan hulle skewe ingesteldheid. Gevolglik doen hulle allerlei onbehoorlike dinge.29 Hulle lewe word gekenmerk deur elke vorm van ongeregtigheid, boosheid, grypsug, kwaadwilligheid; hulle is vol jaloesie, moord, twisgierigheid, skelmstreke, slegte bedoelings en skinderpraatjies.30 Hulle steek kwaad, haat God en is arrogant, hooghartig en verwaand; hulle is vindingryk om slegte dinge te bedink en ongehoorsaam aan hulle ouers;
31 jy kan nie met hulle redeneer nie en ook nie op hulle reken nie; hulle is liefdeloos en sonder ontferming vir ander mense.
32 Hulle is bewus van God se bepaling dat mense wat met sulke praktyke besig is, die dood verdien. Tog is hulle nie net self aktief daarmee besig nie; hulle spoor ook nog ander aan wat daarmee besig is.
ROMANS 1
1 From Paul, a servant of Christ Jesus.
God chose me to be an apostle, and he appointed me to preach the good news 2 that he promised long ago by what his prophets said in the holy Scriptures.
3-4 This good news is about his Son, our Lord Jesus Christ! As a human, he was from the family of David. But the Holy Spiritt proved that Jesus is the powerful Son of God, t because he was raised from death.
5 Jesus was kind to me and chose me to be an apostle, t so that people of all nations would obey and have faith.
6 You are some of those people chosen by Jesus Christ.
7 This letter is to all of you in Rome. God loves you and has chosen you to be his very own people.
I pray that God our Father and our Lord Jesus Christ will be kind to you and will bless you with peace!A Prayer of Thanks
8 First, I thank God in the name of Jesus Christ for all of you. I do this because people everywhere in the world are talking about your faith.
9 God has seen how I never stop praying for you, while I serve him with all my heart and tell the good news about his Son.
10 In all my prayers, I ask God to make it possible for me to visit you. 11 I want to see you and share with you the same blessings that God's Spirit has given me. Then you will grow stronger in your faith.
12 What I am saying is that we can encourage each other by the faith that is ours.
13 t My friends, I want you to know that I have often planned to come for a visit. But something has always kept me from doing it. I want to win followers to Christ in Rome, as I have done in many other places.
14-15 It doesn't matter if people are civilized and educated, or if they are uncivilized and uneducated. I must tell the good news to everyone. That's why I am eager to visit all of you in Rome.The Power //of the Good News
16 t I am proud of the good news! It is God's powerful way of saving all people who have faith, whether they are Jews or Gentiles.
17 t The good news tells how God accepts everyone who has faith, but only those who have faith.t It is just as the Scriptures say, “The people God accepts because of their faith will live.”tEveryone Is Guilty
18 From heaven God shows how angry he is with all the wicked and evil things that sinful people do to crush the truth. 19 They know everything that can be known about God, because God has shown it all to them. 20 t God's eternal power and character cannot be seen. But from the beginning of creation, God has shown what these are like by all he has made. That's why those people don't have any excuse. 21 t They know about God, but they don't honor him or even thank him. Their thoughts are useless, and their stupid minds are in the dark. 22 They claim to be wise, but they are fools.
23 t They don't worship the glorious and eternal God. Instead, they worship idols that are made to look like humans who cannot live forever, and like birds, animals, and reptiles.
24 So God let these people go their own way. They did what they wanted to do, and their filthy thoughts made them do shameful things with their bodies.
25 They gave up the truth about God for a lie, and they worshiped God's creation instead of God, who will be praised forever. Amen.
26 God let them follow their own evil desires. Women no longer wanted to have sex in a natural way, and they did things with each other that were not natural.
27 Men behaved in the same way. They stopped wanting to have sex with women and had strong desires for sex with other men. They did shameful things with each other, and what has happened to them is punishment for their foolish deeds.
28 t Since these people refused even to think about God, he let their useless minds rule over them. That's why they do all sorts of indecent things. 29 They are evil, wicked, and greedy, as well as mean in every possible way. They want what others have, and they murder, argue, cheat, and are hard to get along with. They gossip,
30 say cruel things about others, and hate God. They are proud, conceited, and boastful, always thinking up new ways to do evil.
These people don't respect their parents. 31 They are stupid, unreliable, and don't have any love or pity for others. 32 They know God has said that anyone who acts this way deserves to die. But they keep on doing evil things, and they even encourage others to do them.