Romeine 10
1 My broers en susters, ek het een groot wens: dat God Israel sal verlos. Dag en nag bid ek dat dit sal gebeur.
2 Ek moet erken: die Israeliete is baie toegewyd in hulle godsdiens. Maar op die ou end help dit hulle niks nie. Want hulle het verskriklik baie ywer, maar hulle sit gestrand sonder die regte kennis van God.3 Hulle het God se manier van vryspraak verwerp en toe probeer om deur al die goeie dinge wat hulle doen self hulle verhouding met God in orde te kry. Maar dit werk nie so nie. Omdat hulle hulle nie aan God se plan van verlossing onderwerp het nie, het hulle sy vryspraak misgeloop.
4 Sonder Christus help dit niks dat mense die wet probeer hou nie. Hy gee betekenis en inhoud aan alles wat die wet sê. Elkeen wat in Hom glo, word deur God vrygespreek sonder dat hulle dit verdien.
5 Moses skryf dat elkeen wat die wet streng onderhou op grond daarvan in die regte verhouding met God sal leef.6 Maar hy sê dat wanneer jy al jou vertroue in God stel om jou van jou sondes vry te spreek, dinge heeltemal anders verloop. As jy in God glo, weet jy dat Christus die hele tyd naby is. Dan is dit nie meer nodig om te wonder of iemand na die hemel toe moet opklim om Christus daar te gaan soek om Hom na ons toe af te bring nie.7 Of om êrens in die onderwêreld na Hom te gaan soek en Hom uit die dood hierheen te bring nie. Nee, dan moet jy net jou oë oopmaak en in Christus glo.8 Moses het immers al gesê: "God se goeie nuus, sy woord van redding, is hier. Dit is so naby aan jou soos om die regte woorde vir God te sê. Dit is so naby aan jou soos om met jou hele hart in God te glo."
Ek maak hierdie goeie nuus oral bekend.9 En ek sê vir mense om dit te glo. Dit is baie maklik om gered te word. Al wat jy moet doen, is om met jou woorde te erken Jesus is die Here en om met alles in jou te glo God het Hom uit die dood laat opstaan.10 As jy dit glo, spreek God jou vry van al jou sondes. En as jy dit met jou mond bely, word jy verlos.11 Die Bybel sê immers:
"Niemand wat in God glo, sal ooit met leë hande wegstap nie."
12 Hierdie goeie nuus geld vir alle mense, vir Jode en ook vir nie-Jode. Die Here heers oor ons almal. Hy stort sy groot genade uit oor almal wat Hom om hulp vra.13 Elkeen wat uitroep: "Here, help my!" sal gered word, maak nie saak wie hy is nie.
14 Jy kan nie die Here vra om jou te help as jy nog nie eens weet wie Hy is nie. En hoe kan jy weet wie Hy is as jy nog nooit van Hom gehoor het nie? En hoe kan mense van Hom hoor as daar niemand is om hulle van Hom te vertel nie?15 En hoe kan mense vir ander van Hom gaan vertel as hulle nie gestuur word om dit te doen nie? Daarom sê die Bybel:
"Hoor hoe wonderlik klink die voetstappe van diegene wat vir ander mense gaan vertel van al die goeie dinge wat God doen."
16 Nie almal glo egter hierdie goeie nuus nie. Daarom het Jesaja op 'n dag gevra: "Here, wat help dit dat ons vir ander mense van U vertel? Hulle glo dit tog nie."17 Nogtans moet die Woord van die Here bekendgemaak word. Mense kan net tot geloof kom as hulle die Woord hoor. Daarom maak ek die boodskap van Christus oral bekend sodat mense 'n kans kan kry om dit te hoor.
18 Nou vra ek: Het hulle nie al genoeg kanse gehad om na God se Woord te luister nie? Ja, natuurlik! Een van die psalms sê juis:
"Die stem van God se boodskappers het wêreldwyd weerklink. Hulle woorde is tot in die verste uithoeke van die wêreld gehoor."
19 Waar lê die fout dan? Het Israel nie verstaan waaroor dit alles gaan nie? Luister na wat God deur sy kneg Moses hieroor sê: "Ek gaan julle nog baie jaloers maak op daardie mense op wie julle nou neersien. Wanneer julle sien hoe hulle in My glo, selfs al ken hulle My nie so goed soos julle nie, sal julle ontplof van woede."
20 Jesaja het selfs nog verder gegaan. God het deur hom vir sy volk gesê: "Ek laat My vind deur mense wat nooit na My gesoek het nie. Ek het My bekendgemaak aan mense wat nooit eens gevra het wie Ek is nie."
21 Daarna het Jesaja ook 'n verdoemende woord van God se kant af aan Israel gerig: "Dag na dag het Ek met oop arms op Israel se terugkoms gewag. Maar hulle ore is doof en hulle harte is so hard soos klip."
Romans 10
1 Brothers and sisters,t my heart’s desire and prayer to God on behalf of my fellow Israelitest is for their salvation.2 For I can testify that they are zealous for God,t but their zeal is not in line with the truth.ts3 For ignoring the righteousness that comes from God, and seeking instead to establish their own righteousness, they did not submit to God’s righteousness.
4 For Christ is the end of the law, with the result that there is righteousness for everyone who believes.
5 For Moses writes about the righteousness that is by the law: “The one who does these things will live by them.”s6 But the righteousness that is by faith says: “Do not say in your heart,s ‘Who will ascend into heaven?’”s (that is, to bring Christ down)7 or “Who will descend into the abyss?”s (that is, to bring Christ up from the dead).8 But what does it say? “The word is near you, in your mouth and in your heart”s (that is, the word of faith that we preach),9 because if you confess with your mouth that Jesus is Lordt and believe in your heart that God raised him from the dead, you will be saved.10 For with the heart one believes and thus has righteousnesst and with the mouth one confesses and thus has salvation.t11 For the scripture says, “Everyone who believes in him will not be put to shame.”s12 For there is no distinction between the Jew and the Greek, for the same Lord is Lord of all, who richly blesses all who call on him.
13 For everyone who calls on the name of the Lord will be saved.s
14 How are they to call on one they have not believed in? And how are they to believe in one they have not heard of? And how are they to hear without someone preaching to themt?15 And how are they to preach unless they are sent? As it is written, “How timelytis the arrivaltof those who proclaim the good news.”s16 But not all have obeyed the good news, for Isaiah says, “Lord, who has believed our report?”s
17 Consequently faith comes from what is heard, and what is heard comes through the preached wordt of Christ.st
18 But I ask, have theyt not heard?t Yes, they have:tTheir voice has gone out to all the earth, and their words to the ends of the world.s19 But again I ask, didn’t Israel understand?t First Moses says, “I will make you jealous by those who are not a nation; with a senseless nation I will provoke you to anger.”s20 And Isaiah is even bold enough to say, “I was found by those who did not seek me; I became well known to those who did not ask for me.”s
21 But about Israel he says, “All day long I held out my hands to this disobedient and stubborn people!”s