previous next

ROMEINE 10

1 Broers en susters, die intense verlange van my hart en my gebed tot God is dat my volk verlos sal word.2 Ek kan getuig hoeveel hulle hulle vir God beywer, maar hierdie ywer is sonder die regte insig.3 Want hulle ignoreer die vryspraak van God en hulle streef daarna om self hulle saak met God reg te maak. Hulle is nie bereid om God se vryspraak te aanvaar nie.

4 Christus is immers die eindbestemming van die wet sodat elkeen wat in Hom glo, vrygespreek kan word.

God se verlossing is daar vir almal

5 Moses skryf soos volg omtrent die moontlikheid om jou saak met God reg te maak: "Wie die vereistes van die wet nakom, sal daardeur lewe."6 Maar die vryspraak wat 'n mens kry deurdat jy glo, se boodskap is: "Jy hoef nie in jou hart te wonder: 'Wie sal na die hemel opklim' - dit wil sê om Christus na die aarde toe te bring om jou te help, of:7 'Wie sal na die plek van die dooies onder die aarde afdaal' - dit wil sê om Christus uit die dood terug te bring nie.8 Nee, die verlossing wat joune word deurdat jy glo - en dit is juis hierdie boodskap wat ons verkondig - is sommer hier by jou. Om die waarheid te sê, die Skrifwoord lui:
'Die boodskap is hier by jou,
op jou lippe en in jou hart.'"
9 Want as jy met jou mond bely dat Jesus die Here is en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy verlos word.10 Want as ons glo met ons hart, word ons vrygespreek en as ons met ons mond bely, word ons verlos.11 Soos die Skrif sê: "Wie in Hom glo, sal nie beskaamd staan nie."12 Inderdaad! Dit maak geen verskil of jy 'n Jood of 'n Griek is nie. Ons het almal dieselfde Here en Hy deel sy rykdomme uit aan almal wat Hom aanroep.

13 Want "elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal verlos word".
14 Maar hoe sal hulle Hom aanroep as hulle nie in Hom glo nie? En hoe sal hulle in Hom glo as hulle nog nooit van Hom gehoor het nie? En hoe sal hulle van Hom hoor sonder dat daar iemand is wat die boodskap bring?

15 En hoe sal hulle die boodskap bring as hulle nie gestuur word nie? Daarom sê die Skrif: "Hoe lieflik klink die voetstappe van hulle wat die Goeie Boodskap bring!"
16 Maar tog is dit nie elkeen wat die Goeie Nuus verwelkom nie. Jesaja vra tereg: "Here, wie het ons boodskap geglo?"

17 Die geloof volg uit die aanhoor van die boodskap. En die aanhoor van die boodskap volg uit die prediking van die Goeie Nuus wat handel oor Christus.
18 Maar wat nou van die Jode? Het hulle die boodskap dalk nie gehoor nie? Hulle het dit definitief gehoor:
"Die boodskappers se stem
het oor die hele wêreld uitgegaan;
hulle woorde tot by
die uithoeke van die aarde."
19 Of sou Israel dit dalk nie verstaan het nie? Tog wel, want God het alreeds deur Moses gesê:
"Ek sal julle jaloers maak
op mense wat eintlik
geen volk is nie;
Ek sal julle kwaad maak oor 'n
volk
wat nie julle kennis het nie."
20 Jesaja gaan selfs verder. Dáár sê God:
"Ek is gevind deur mense
wat nie na My gesoek het nie;
Ek het Myself bekendgemaak
aan mense wat nie
na My gevra het nie."

21 Maar wat Israel betref, sê God: "Die hele dag deur het Ek my arms na hulle toe uitgesteek; maar hulle het steeds volhard in hulle ongehoorsaamheid en het steeds bly teëstribbel."

ROMANS 10

1 Dear friends, my greatest wish and my prayer to God is for the people of Israel to be saved. 2 I know they love God, but they don't understand 3 what makes people acceptable to him. So they refuse to trust God, and they try to be acceptable by obeying the Law.

4 But Christ makes the Law no longer necessaryt for those who become acceptable to God by faith.

Anyone Can Be Saved


5  t Moses said a person could become acceptable to God by obeying the Law. He did this when he wrote, “If you want to live, you must do all the Law commands.”
6  t But people whose faith makes them acceptable to God will never ask, “Who will go up to heaven to bring Christ down?”

7 Neither will they ask, “Who will go down into the world of the dead to raise him to life?”
8 All who are acceptable because of their faith simply say, “The message is as near as your mouth or your heart.” And this is the same message we preach about faith. 9 So you will be saved, if you honestly say, “Jesus is Lord,” and if you believe with all your heart that God raised him from death.

10 God will accept you and save you, if you truly believe this and tell it to others.
11  t The Scriptures say no one who has faith will be disappointed, 12 no matter if that person is a Jew or a Gentile. There is only one Lord, and he is generous to everyone who asks for his help.

13 t All who call out to the Lord will be saved.
14 How can people have faith in the Lord and ask him to save them, if they have never heard about him? And how can they hear, unless someone tells them? 15 t And how can anyone tell them without being sent by the Lord? The Scriptures say it is a beautiful sight to see even the feet of someone coming to preach the good news.

16 t Yet not everyone has believed the message. For example, the prophet Isaiah asked, “Lord, has anyone believed what we said?”
17 No one can have faith without hearing the message about Christ.

18 t But am I saying that the people of Israel did not hear? No, I am not! The Scriptures say,
“The message was told
everywhere on earth.
It was announced
all over the world.”

19  t Did the people of Israel understand or not? Moses answered this question when he told that the Lord had said,
“I will make Israel jealous
of people
who are a nation
of nobodies.
I will make them angry
with people
who don't understand
a thing.”

20  t Isaiah was fearless enough to tell that the Lord had said,
“I was found by people
who were not looking
for me.
I appeared to the ones
who were not asking
about me.”

21  t And Isaiah said about the people of Israel,
“All day long the Lord
has reached out
to people who are stubborn
and refuse to obey.”