previous next

ROMEINE 12

Wat dit van ons vra om ons as lewende offers aan God toe te wy

1 Nou wil ek julle baie ernstig vra, broers en susters: As julle dink aan alles wat God in sy groot barmhartigheid vir julle gedoen het, gee dan julleself aan Hom as 'n lewende en heilige offer. Dit is dié soort offer waarvan Hy hou, en wat julle diens aan God werklik sinvol maak.

2 Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hý wil hê dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is.
3 Namens Hom wat my in sy genade tot sy apostel gemaak het, sê ek aan elkeen van julle dat jy nie jouself moet oorskat nie, maar dat jy jouself nugter moet beoordeel volgens die geestelike toerusting wat God aan jou toebedeel het.4 Ons besit elkeen een liggaam wat uit baie ledemate bestaan en wat elkeen sy eie spesiale funksie het.

5 Net so is dit ook met Christus se liggaam. Al is ons baie, vorm ons saam een liggaam omdat ons aan Christus verbind is, en as ledemate van hierdie één liggaam hoort ons saam en het ons mekaar nodig.
6 Ons het gawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het. Ons moet hierdie vermoëns reg gebruik. As God aan jou die gawe gegee het om te profeteer, moet jy dit aanwend in ooreenstemming met ons geloofsoortuigings.7 As dit is om ander te dien, doen dit met oorgawe. As jy onderrig gee, gee dan kwaliteitonderrig.

8 As dit is om ander op te beur, lê jou daarop toe. As jy materiële ondersteuning kan gee, doen dit sonder bymotiewe. As God aan jou leierseienskappe gegee het, hanteer dit met toewyding. En as jy die gawe het om ander in hulle nood by te staan, doen dit met 'n vrolike hart.
9 Moenie veins dat jy ander liefhet nie; doen dit uit jou hart. Haat alles wat verkeerd is; kies kant vir wat goed is.10 As broers en susters in God se huisgesin moet julle mekaar in liefde koester en voor in die ry staan om mekaar met respek te hanteer.

11 Moenie sleepvoet wees in julle toewyding nie; wees entoesiasties; wees werklik diensbaar vir die Here.
12 Wees bly oor die wonderlike toekoms wat God vir julle beplan. Volhard in tye van swaarkry; moenie verslap in die gebed nie.

13 As medegelowiges in nood verkeer, wees jy die een om 'n helpende hand na hulle toe uit te steek. Maak 'n gewoonte daarvan om gasvry te wees - maak nie saak of dit oor kos of slaapplek gaan nie.
14 As mense julle oor julle geloof vervolg, moenie 'n vloek oor hulle uitspreek nie, maar vra God om hulle te seën.15 As ander blydskap ervaar, juig saam met hulle. As hulle hartseer is, deel dit met hulle.

16 Konsentreer op dit wat onderlinge eensgesindheid bevorder. Moenie belangrik probeer wees nie, maar vind julle geluk by die nederiges. Moenie dink dat net julle altyd reg is nie.
17 Moenie vir enigiemand kwaad met kwaad terugbetaal nie; wees positief teenoor alle mense.

18 Sover dit vir julle moontlik is, moet julle goeie verhoudings handhaaf met alle mense.
19 Geliefdes, julle moet julleself nie wreek nie. Laat die straf aan God oor. Daar staan mos in die Skrif:
"Dit is mý reg om te straf;
Ek sal vergeld,
sê die Here."
20 Doen eerder wat die Skrif sê:
"As jou vyande honger is,
gee aan hulle iets om te eet.
As hulle dors is, les hulle dors.
Deur dit te doen, sal julle
hulle bloedrooi van skaamte
maak."

21 Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte te bowe kom.

ROMANS 12

Christ Brings New Life

1 Dear friends, God is good. So I beg you to offer your bodies to him as a living sacrifice, pure and pleasing. That's the most sensible way to serve God.

2 Don't be like the people of this world, but let God change the way you think. Then you will know how to do everything that is good and pleasing to him.
3 I realize God has treated me with undeserved grace, and so I tell each of you not to think you are better than you really are. Use good sense and measure yourself by the amount of faith that God has given you. 4 t A body is made up of many parts, and each of them has its own use.

5 That's how it is with us. There are many of us, but we each are part of the body of Christ, as well as part of one another.
6  t God has also given each of us different gifts to use. If we can prophesy, we should do it according to the amount of faith we have. 7 If we can serve others, we should serve. If we can teach, we should teach.

8 If we can encourage others, we should encourage them. If we can give, we should be generous. If we are leaders, we should do our best. If we are good to others, we should do it cheerfully.

Rules for Christian Living


9 Be sincere in your love for others. Hate everything that is evil and hold tight to everything that is good. 10 Love each other as brothers and sisters and honor others more than you do yourself. 11 Never give up. Eagerly follow the Holy Spirit and serve the Lord. 12 Let your hope make you glad. Be patient in time of trouble and never stop praying.

13 Take care of God's needy people and welcome strangers into your home.
14  t Ask God to bless everyone who mistreats you. Ask him to bless them and not to curse them. 15 t When others are happy, be happy with them, and when they are sad, be sad. 16 t Be friendly with everyone. Don't be proud and feel that you know more than others. Make friends with ordinary people.t 17 Don't mistreat someone who has mistreated you. But try to earn the respect of others,

18 and do your best to live at peace with everyone.

19  t Dear friends, don't try to get even. Let God take revenge. In the Scriptures the Lord says,
“I am the one to take revenge
and pay them back.”

20  t The Scriptures also say,
“If your enemies are hungry,
give them something to eat.
And if they are thirsty,
give them something
to drink.
This will be the same
as piling burning coals
on their heads.”
21 Don't let evil defeat you, but defeat evil with good.