previous next

ROMEINE 12

Die nuwe lewe in Christus

1 En nou doen ek 'n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen. 2 Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.

3 Kragtens die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen van julle: Moenie van jouself meer dink as wat jy behoort te dink nie. Nee, lê jou liewer daarop toe om beskeie te wees in ooreenstemming met die maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het. 4 Ons het baie lede in een liggaam, en die lede het nie almal dieselfde funksie nie. 5 Net so is ons, al is ons baie, in Christus een liggaam, en almal afsonderlik lede van mekaar. 6 Ons het genadegawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het. As dit die gawe van profesie is, laat ons dit gebruik in ooreenstemming met die geloof wat ons bely. 7 As dit is om te dien, laat ons dien. As dit is om onderrig te gee, laat ons onderrig gee. 8 As dit is om mense te bemoedig, laat ons hulle bemoedig. As ons gee, laat dit sonder bybedoelings wees. As ons leiding gee, dan met toewyding. As ons ander help, dan met blymoedigheid.

Riglyne vir die Christelike lewe

9 Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is.

10 Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar; bewys eerbied teenoor mekaar en wees mekaar daarin tot voorbeeld.

11 Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die Here.

12 Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed.

13 Help die medegelowiges in hulle nood en lê julle toe op gasvryheid.

14 Seën julle vervolgers, ja, seën hulle, moet hulle nie vervloek nie.

15 Wees bly saam met dié wat bly is en treur saam met dié wat treur.

16 Wees eensgesind onder mekaar. Moenie hooghartig wees nie, maar skaar julle by die nederiges. Moenie eiewys wees nie.

17 Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Wees goedgesind teenoor alle mense.

18 As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.

19 Moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God. Daar staan immers geskrywe: “Dit is mý reg om te straf; Ék sal vergeld,”t sê die Here.

20 “As jou vyand honger is, gee hom iets om te eet; as hy dors is, gee hom iets om te drink; want deur dit te doen, maak jy hom vuurrooi van skaamte.”t

21 Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.

Romans 12

1 I BESEECH you therefore, brethren, by the mercy of God, that you present your bodies a living sacrifice, holy, pleasing unto God, your reasonable service.2 And be not conformed to this world; but be reformed in the newness of your mind, that you may prove what is the good, and the acceptable, and the perfect will of God.3 For I say, by the grace that is given me, to all that are among you, not to be more wise than it behoveth to be wise, but to be wise unto sobriety, and according as God hath divided to every one the measure of faith.4 For as in one body we have many members, but all the members have not the same office:5 So we being many, are one body in Christ, and every one members one of another.6 And having different gifts, according to the grace that is given us, either prophecy, to be used according to the rule of faith;7 Or ministry, in ministering; or he that teacheth, in doctrine;8 He that exhorteth, in exhorting; he that giveth, with simplicity; he that ruleth, with carefulness; he that sheweth mercy, with cheerfulness.9 Let love be without dissimulation. Hating that which is evil, cleaving to that which is good.10 Loving one another with the charity of brotherhood, with honour preventing one another.11 In carefulness not slothful. In spirit fervent. Serving the Lord.12 Rejoicing in hope. Patient in tribulation. Instant in prayer.13 Communicating to the necessities of the saints. Pursuing hospitality.14 Bless them that persecute you: bless, and curse not.15 Rejoice with them that rejoice; weep with them that weep.16 Being of one mind one towards another. Not minding high things, but consenting to the humble. Be not wise in your own conceits.17 To no man rendering evil for evil. Providing good things, not only in the sight of God, but also in the sight of all men.18 If it be possible, as much as is in you, have peace with all men.19 Revenge not yourselves, my dearly beloved; but give place unto wrath, for it is written: Revenge is mine, I will repay, saith the Lord.20 But if thy enemy be hungry, give him to eat; if he thirst, give him to drink. For, doing this, thou shalt heap coals of fire upon his head.21 Be not overcome by evil, but overcome evil by good.