Romeine 13
1 Wees 'n goeie landsburger. Gehoorsaam die owerhede wat oor jou aangestel is. Onthou: hulle ontvang hulle gesag van God af, van Hom wat oor al die mag beskik.2 As jy nie na die owerhede luister nie, verset jy jou eintlik teen God self. Dan wag daar groot probleme op jou.
3 'n Mens hoef natuurlik nie vir die owerhede bang te wees as jy hulle wette gehoorsaam nie. As jy egter 'n wetsoortreder is, het jy rede om benoud te wees. Terloops, dit is baie maklik om op goeie voet met die owerhede te wees: kom net al jou verpligtings getrou na. Dan sal hulle selfs sê dat jy 'n voorbeeldige landsburger is.
4 Ek sê weer: die owerhede staan in God se diens. Hy verwag van hulle om te sorg dat wet en orde gehandhaaf word. As jy 'n wetsgehoorsame burger is, kan jy maar ontspan. Maar as jy die wet oortree, gaan hulle jou swaar straf. God vereis immers van die owerhede om alle wetsoortreders vas te vat.5 Jy moet egter nie net na die owerhede luister omdat jy bang is dat jy gestraf sal word as jy verkeerd doen nie. Nee, jy moet ook na hulle luister omdat jy weet dat God dit van jou vra.
6 Julle betaal belasting sodat daar goeie orde in die samelewing kan wees. Dit is die owerhede as dienaars van God se plig om hierdie belasting reg aan te wend.7 Betaal dus wat jy verskuldig is: belasting aan dié wat belasting vra, tolgeld aan dié wat dit vra, ontsag aan dié wat dit toekom, respek vir dié wat gerespekteer moet word, en eer vir dié wat geëer moet word.
8 Betaal jou skuld! Moet niks aan ander mense skuld nie, behalwe om absoluut lojaal en vol liefde teenoor hulle te wees. As jy ander mense liefhet, het jy die hele wet van God nagekom.9 Al die voorskrifte in die wet - jy mag nie 'n seksuele verhouding met iemand buite jou huwelik hê nie; jy mag nie iemand anders vermoor nie; jy mag nie iets vat wat nie aan jou behoort nie; jy mag nie dinge begeer wat nie joune is nie, en al die ander voorskrifte - kan in een enkele sin saamgevat word: jy moet vir jou medemens net soveel omgee soos vir jouself.10 Sulke soort liefde benadeel nooit ander mense nie. Daarom, wanneer jy ander mense van harte liefhet, gehoorsaam jy die ganse wet.
11 Julle moenie so vasgevang raak in julle besige lewens dat julle nie agterkom hoe laat dit al is nie. Kyk, die einde, die groot dag van die Here, is voor die deur.12 Trouens, dit is sommer al baie nader aan ons as toe ons tot bekering gekom het. Daarom moet ons wakker word. Die nag is verby; dit is al amper dag.13 Ons moet dadelik ophou met al ons sondes wat tot die donker hoort en begin leef soos mense van die dag wat God se wapens van die lig aanhet. Ons moet net doen wat God sê. Skandelike dinge soos uitspattighede en dronkpartytjies, seksuele losbandigheid en goddeloosheid, 'n bakleiery en jaloesie is nou heeltemal ontoelaatbaar.14 Staan dadelik op en trek die krag van die Here Jesus Christus as julle nuwe klere aan. Moet nooit enige plek vir sonde in julle lewens gee nie. Moet nooit swig voor versoekings nie.
Romans 13
Submission to Civil Government
1 Let every person be subject to the governing authorities. For there is no authority except by God’s appointment,t and the authorities that exist have been instituted by God.2 So the person who resists such authorityt resists the ordinance of God, and those who resist will incur judgment3 (for rulers cause no fear for good conduct but for bad). Do you desire not to fear authority? Do good and you will receive its commendation,4 for it is God’s servant for your good. But if you do wrong, be in fear, for it does not bear the sword in vain. It is God’s servant to administer retribution on the wrongdoer.5 Therefore it is necessary to be in subjection, not only because of the wrath of the authoritiest but also because of your conscience.t6 For this reason you also pay taxes, for the authoritiest are God’s servants devoted to governing.t
7 Pay everyone what is owed: taxes to whom taxes are due, revenue to whom revenue is due, respect to whom respect is due, honor to whom honor is due.
Exhortation to Love Neighbors
8 Owe no one anything, except to love one another, for the one who loves his neighbor has fulfilled the law.9 For the commandments,t “Do not commit adultery, do not murder, do not steal, do not covet,”s (and if there is any other commandment) are summed up in this, “Love your neighbor as yourself.”s
10 Love does no wrong to a neighbor. Therefore love is the fulfillment of the law.
Motivation to Godly Conduct
11 And do thist because we knowt the time, that it is already the hour for us to awake from sleep, for our salvation is now nearer than when we became believers.12 The night has advanced toward dawn; the day is near. So then we must lay aside the works of darkness, and put on the weapons of light.13 Let us live decently as in the daytime, not in carousing and drunkenness, not in sexual immorality and sensuality, not in discord and jealousy.
14 Instead, put on the Lord Jesus Christ, and make no provision for the flesh to arouse its desires.t