ROMEINE 13
Wees aan die regering gehoorsaam
1 Julle moet die owerheid gehoorsaam, want God het dit daar geplaas. Geen owerheid bestaan buite God se toedoen nie.2 Dit impliseer dat hulle wat weier om die owerheid te gehoorsaam, hulle teen die instelling van God verset. Dié wat dít doen, bring 'n oordeel oor hulleself.3 Mense wat reg optree, hoef nie vir die owerhede bang te wees nie - die kwaaddoeners wel. As jy op goeie voet met die owerhede wil wees, handel dan volgens die wet en jy sal selfs van hulle lof ontvang!
4 Die owerheid is immers 'n dienaar van God om jou beste belange te bevorder. Maar as jy jou met die verkeerde besig hou, sal jy vanselfsprekend benoud wees, want die owerheid besit nie verniet die mag om te straf nie. Die owerheid is immers ook hierin God se dienaar dat hy die straf aan die kwaaddoener moet voltrek.
5 Om saam te vat: wees aan die regering gehoorsaam en wel om twee redes: nie net om straf te vermy nie, maar ook ter wille van 'n skoon gewete.
6 Daarom moet julle ook julle belasting betaal. Hulle is immers dienaars van God wanneer hulle hulle taak getrou uitvoer.
7 Kom dan julle verpligtings teenoor almal na: betaal belasting aan dié wat dit van julle vra, tolgeld en alle soortgelyke heffings aan dié wat dít van julle vereis; en respekteer en eer almal aan wie julle dit verskuldig is.
Beoefen liefde en wees waaksaam
8 Betaal alles wat julle verskuldig is, maar die een rekening wat julle altyd verskuldig sal bly, is om mekaar lief te hê. As jy jou naaste liefhet, vervul jy die wet.9 Want elke verbod, dié teen egbreuk, teen moord, teen diefstal, teen verkeerde begeertes - en watter ander een daar ook mag wees - word opgesom in hierdie een groot opdrag: "Jy moet jou medemens net so liefhê soos jouself."
10 Die liefde doen niemand kwaad aan nie. Daarom voldoen die liefde aan al God se vereistes.
11 Julle moet hierdie dinge doen omdat julle besef dat die tyd besig is om uit te loop. Dit is dringend tyd om wakker te word, want die tyd van ons finale verlossing is nou al weer 'n hele ent nader as toe ons gelowig geword het.12 Die nag is byna verby, die dag is so te sê hier. Kom ons trek daardie vuil sondeklere uit wat in die donker tuishoort, en ons trek die wapenrusting aan wat pas by 'n lewe in die lig.13 Ons moet ordentlik lewe sodat dit die toets van die daglig kan deurstaan. Ons moet nie betrokke wees by wilde en dronkwordpartytjies, by seksuele en losbandige uitspattigheid, of onenigheid of afgunstigheid nie.
14 Nee, soos 'n mens jou klere aantrek, moet julle die Here Jesus Christus "aantrek", en nie 'n duimbreedte toegee aan die begeertes van julle sondige natuur nie.
ROMANS 13
Obey Rulers
1 t Obey the rulers who have authority over you. Only God can give authority to anyone, and he puts these rulers in their places of power. 2 People who oppose the authorities are opposing what God has done, and they will be punished. 3 Rulers are a threat to evil people, not to good people. There is no need to be afraid of the authorities. Just do right, and they will praise you for it.
4 After all, they are God's servants, and it is their duty to help you.
If you do something wrong, you ought to be afraid, because these rulers have the right to punish you. They are God's servants who punish criminals to show how angry God is.
5 But you should obey the rulers because you know it is the right thing to do, and not just because of God's anger.
6 t You must also pay your taxes. The authorities are God's servants, and it is their duty to take care of these matters.
7 Pay all that you owe, whether it is taxes and fees or respect and honor.Love
8 Let love be your only debt! If you love others, you have done all that the Law demands. 9 t In the Law there are many commands, such as, “Be faithful in marriage. Do not murder. Do not steal. Do not want what belongs to others.” But all of these are summed up in the command that says, “Love others as much as you love yourself.”
10 No one who loves others will harm them. So love is all that the Law demands.The Day //When Christ Returns
11 You know what sort of times we live in, and so you should live properly. It is time to wake up. You know that the day when we will be saved is nearer now than when we first put our faith in the Lord. 12 Night is almost over, and day will soon appear. We must stop behaving as people do in the dark and be ready to live in the light. 13 So behave properly, as people do in the day. Don't go to wild parties or get drunk or be vulgar or indecent. Don't quarrel or be jealous. 14 Let the Lord Jesus Christ be as near to you as the clothes you wear. Then you won't try to satisfy your selfish desires.