previous next

Romeine 15

Gelowiges moet doen soos Christus gedoen het

1 As ons geloof sterk is, dan moet ons die tgelowiges help wie se geloof swak is. Ons moenie doen wat vir óns lekker is nie. 2 Ons moet die dinge doen wat vir ons tnaaste lekker is, want dan doen ons wat goed is, en so word ons naaste se geloof sterker.

3 Julle moet dit weet: Christus het ook nie net dinge gedoen wat lekker is vir Hom nie. Dit is soos daar in die Ou Testament geskryf is:
tDie mense wat vir U tbeledig,
is die mense wat my beledig het.
4 Want alles wat in die Ou Testament geskryf is, is voorheen geskryf om vir ons te leer, sodat ons kan aanhou glo. Dit is geskryf om ons te help en te tbemoedig. Dan sal ons seker weet dat God ons sal red. 5 Dit is God wat ons help om aan te hou glo en wat ons bemoedig. Ek bid dat Hy vir julle sal help om altyd gereed te wees om saam te werk met mekaar, dit is soos Christus Jesus dit wil hê.

6 Dan sal julle almal dieselfde daaroor dink en saam vir God prys, Hy wat die Vader van ons Here Jesus Christus is.

God wil al die mense red


7 Julle moet mekaar aanvaar, soos Christus julle ook aanvaar het. Dan sal al die mense vir God prys. 8 Ek sê vir julle: Christus het gekom om die Jode te dien sodat almal kon weet dat God doen wat Hy belowe het. God het goeie dinge belowe vir die tvoorvaders van die Jode, en Christus het kom wys dat God doen wat Hy vir hulle belowe het.

9 Christus het ook gekom sodat die theidene God kan prys omdat God goed is vir hulle. Dit is soos daar in die Ou Testament geskryf is:
tDaarom, ek sal U prys sodat
die heidene dit kan hoor,
ek sal sing oor u Naam.

10 En op ’n ander plek in die Ou Testament is geskryf:
tJulle heidene moet bly wees
saam met die volk wat aan
die Here behoort!

11 In die Ou Testament is daar ook geskryf:
tAl die heidene moet
die Here prys,
al die mense moet Hom prys.

12 En Jesaja sê:
tDie koning wat van
die tnageslag van Isai is,
sal kom,
en hy sal begin om oor
die heidene te regeer,
die heidene sal weet dat hy
hulle sal red.

13 God laat mense aanhou hoop. Ek bid dat Hy vir julle bly sal maak en dat Hy vir julle vrede sal gee, vir julle wat glo. Dan sal die Heilige Gees vir julle krag gee, en julle sal baie seker wees dat die dinge wat julle hoop, sal gebeur.

Paulus se werk


14 Vriende, ek is baie seker dat julle baie goeie dinge doen vir mekaar, julle weet alles wat julle moet weet en julle kan vir mekaar leer om reg te lewe. 15 Maar ek het op party plekke in hierdie brief baie reguit met julle gepraat. Party van julle sal nie daarvan hou nie, maar ek wil hê julle moet onthou wat God vir julle gedoen het. God was baie goed vir my 16 en Hy het my gekies om vir Christus Jesus te werk. Hy het my na die theidene toe gestuur, en my werk is om vir hulle die goeie boodskap van God te bring. Wanneer die heidene in Christus glo, dan word hulle soos ’n toffer wat ek vir God gee, en God sal die offer aanvaar. Die Heilige Gees het hulle aan God tgewy. 17 Ek behoort aan Christus Jesus en daarom is ek trots op alles wat ek vir God doen. 18 Ek wil nie spog nie, ek sal net vertel van die dinge wat ek gedoen het omdat Christus vir my die krag gegee het om dit te doen. Hy het my gebruik sodat die heidene gehoorsaam kan word aan Hom. Ek het gedoen en gesê wat Christus wou hê. 19 Die Heilige Gees het vir my krag gegee om ttekens en twonderwerke te doen. Ja, ek het klaar die goeie boodskap oor Christus oral vir die mense gebring, van Jerusalem tot by die provinsie Illirikum. 20 Ek wil graag die goeie boodskap bring waar mense nog nie van Christus gehoor het nie. Ek wil nie gaan preek waar ander mense klaar gepreek het nie.

21 Dit is soos daar in die Ou Testament geskryf is:
tNiemand het vir hulle
van Hom vertel nie,
maar hulle sal Hom sien,
hulle het nie van Hom
gehoor nie, maar hulle sal
van Hom weet.

Paulus wil na Rome gaan


22 Ek het op baie plekke die boodskap van Christus gebring, en daarom kon ek nie na julle toe kom nie. 23 Maar nou het ek hier op al die plekke die boodskap oor Christus gebring. Ek wou voorheen na julle toe gegaan het

24 en ek wil nou na julle toe kom wanneer ek na die land Spanje gaan. Ja, ek hoop ek sal julle kan besoek wanneer ek na Spanje gaan. Dan wil ek eers ’n tyd lank by julle bly sodat ons by mekaar kan wees. Ek hoop julle sal dan vir my kan help sodat ek verder kan gaan.
25 Maar ek gaan nou eers na Jerusalem. Ek gaan om die tgelowiges in Jerusalem te dien, 26 want die gelowiges in die provinsies Masedonië en Agaje het besluit om van hulle geld te stuur vir die arm gelowiges in Jerusalem. 27 Die gelowiges in Masedonië en Agaje is theidene en die gelowiges in Jerusalem is Jode. Nou stuur die heidene vir die Jode geld, en dit is reg, want die Heilige Gees het vir die Jode baie goeie dinge gegee, en die heidene het ook daarvan gekry. Daarom is dit reg dat die heidene vir die Jode van hulle geld stuur. 28 Wanneer ek hierdie werk klaar gedoen het, en wanneer ek die geld veilig vir die gelowiges in Jerusalem gegee het, dan kom ek na julle toe en dan gaan ek verder na Spanje.

29 Ek weet dat ek al die tseën van Christus vir julle sal bring wanneer ek na julle toe kom.
30 Vriende, ons behoort almal aan ons Here Jesus Christus, en die Heilige Gees help ons om lief te wees vir mekaar. Daarom vra ek mooi vir julle, julle moet baie ernstig saam met my bid dat God my sal help. 31 Daar is mense in die provinsie Judea wat nie in Christus glo nie, en hulle wil slegte dinge doen aan my. Daarom moet julle bid dat God my sal beskerm teen hulle. Julle moet ook bid dat God sal help dat die gelowiges in Judea tevrede sal wees met die werk wat ek daar gaan doen.

32 As God dit wil hê, sal ek dan na julle toe kom, en ek sal bly wees. Dit sal vir my baie lekker wees om by julle te wees en daar by julle te rus.
33 Ek bid dat die God wat vrede gee, by julle almal sal wees. Amen.

Romans 15

Please Others, not Yourselves

1 We who are strong in the faith ought to help the weak to carry their burdens. We should not please ourselves. 2 Instead, we should all please our brothers and sisters for their own good, in order to build them up in the faith. 3 For Christ did not please himself. Instead, as the scripture says, “The insults which are hurled at you have fallen on me.”t 4 Everything written in the Scriptures was written to teach us, in order that we might have hope through the patience and encouragement which the Scriptures give us. 5 And may God, the source of patience and encouragement, enable you to have the same point of view among yourselves by following the example of Christ Jesus,

6 so that all of you together may praise with one voice the God and Father of our Lord Jesus Christ.

Good News for the Gentiles


7 Accept one another, then, for the glory of God, as Christ has accepted you. 8 For I tell you that Christ's life of service was on behalf of the Jews, to show that God is faithful, to make his promises to their ancestors come true,

9 and to enable even the Gentiles to praise God for his mercy. As the scripture says:t
“And so I will praise you among the Gentiles;
I will sing praises to you.”

10 Again it says,t
“Rejoice, Gentiles, with God's people!”

11 And again,t
“Praise the Lord, all Gentiles;
praise him, all peoples!”

12 And again, Isaiah says,t
“A descendant of Jesse will appear;
he will come to rule the Gentiles,
and they will put their hope in him.”

13 May God, the source of hope, fill you with all joy and peace by means of your faith in him, so that your hope will continue to grow by the power of the Holy Spirit.

Paul's Reason for Writing so Boldly


14 My brothers and sisters, I myself feel sure that you are full of goodness, that you have all knowledge, and that you are able to teach one another. 15 But in this letter I have been quite bold about certain subjects of which I have reminded you. I have been bold because of the privilege God has given me 16 of being a servant of Christ Jesus to work for the Gentiles. I serve like a priest in preaching the Good News from God, in order that the Gentiles may be an offering acceptable to God, dedicated to him by the Holy Spirit. 17 In union with Christ Jesus, then, I can be proud of my service for God. 18 I will be bold and speak only about what Christ has done through me to lead the Gentiles to obey God. He has done this by means of words and deeds, 19 by the power of miracles and wonders, and by the power of the Spirit of God. And so, in travelling all the way from Jerusalem to Illyricum, I have proclaimed fully the Good News about Christ. 20 My ambition has always been to proclaim the Good News in places where Christ has not been heard of, so as not to build on a foundation laid by someone else.

21 As the scripture says:t
“Those who were not told about him will see,
and those who have not heard will understand.”

Paul's Plan to Visit Rome


22 And so I have been prevented many times from coming to you.t 23 But now that I have finished my work in these regions and since I have been wanting for so many years to come to see you, 24 I hope to do so now. I would like to see you on my way to Spain, and be helped by you to go there, after I have enjoyed visiting you for a while. 25 Just now, however, I am going to Jerusalem in the service of God's people there.t 26 For the churches in Macedonia and Achaia have freely decided to give an offering to help the poor among God's people in Jerusalem. 27 That decision was their own; but, as a matter of fact, they have an obligation to help them. Since the Jews shared their spiritual blessings with the Gentiles, the Gentiles ought to use their material blessings to help the Jews.t 28 When I have finished this task and have handed over to them all the money that has been raised for them, I shall leave for Spain and visit you on my way there.

29 When I come to you, I know that I shall come with a full measure of the blessing of Christ.
30 I urge you, brothers and sisters, by our Lord Jesus Christ and by the love that the Spirit gives: join me in praying fervently to God for me. 31 Pray that I may be kept safe from the unbelievers in Judea and that my service in Jerusalem may be acceptable to God's people there. 32 And so I will come to you full of joy, if it is God's will, and enjoy a refreshing visit to you. 33 May God, our source of peace, be with all of you. Amen.