previous next

ROMEINE 15

Stel ander se belange voorop

1 Dié van ons met 'n sterk geloof behoort die twyfels en vrese van ons medegelowiges met 'n sensitiewe geloof in aanmerking te neem en nie ons eie belange voorop stel nie.2 Ons moet aan die beswil van ons naaste dink en hulle so in hulle geloofslewe help opbou.3 Ook Christus het immers nie aan sy eie sin en wil voorkeur gegee nie. Soos die Skrif sê: "Dié wat U beledig, beledig ook vir My."

4 Ons moet leer uit wat al lank gelede reeds in die Skrif opgeteken is. Die standvastigheid en die bemoediging wat die Skrif aan ons gee, help ons om aan ons toekomsverwagting te bly vashou.
5 Mag God, wat die bron is van standvastigheid en bemoediging, julle help om in volkome harmonie met mekaar te lewe - elkeen met die gesindheid van Christus teenoor julle medegelowiges.

6 Dan sal julle almal in 'n wonderlike eenheid van gees en uit een mond die lof toebring aan God, die Vader van Jesus Christus ons Here.
7 Aanvaar mekaar dan, soos Christus julle ook aanvaar het. So sal julle God verheerlik.8 Dink daaraan dat Christus vir die Jode 'n dienskneg geword het om te bewys dat God getrou bly aan die beloftes wat Hy aan hulle voorouers gemaak het.9 Hy het ook gekom sodat die nie-Joodse nasies God kan verheerlik op grond van sy ontferming teenoor hulle. Dit is soos die Skrif sê:
"Ek sal U loof
onder die nie-Joodse nasies,
ek sal tot eer van u Naam
'n lofpsalm sing."
10 Op 'n ander plek staan:
"Juig, nie-Joodse nasies,
tesame met die Here se volk."
11 En weer:
"Prys die Here, alle nie-Joodse
nasies!
Loof Hom, alle volke!"
12 En Jesaja sê op sy beurt:
"Die erfgenaam van Dawid se troon
sal na vore kom
en Hy sal die heerskappy
oor die nie-Joodse nasies
oorneem.
Op Hóm sal die nie-Joodse nasies
hulle hoop vestig."

13 Ek bid dat dié God wat aan ons 'n toekomsverwagting gee, deur die geloof julle lewens met blydskap en vrede sal vul. Ja, mag julle lewens tot oorlopens toe vol verwagting word deur die kragtige werking van die Heilige Gees.

Paulus verduidelik waarom hy hierdie brief skryf

14 My broers en susters, ek is self deeglik bewus van julle goeie kwaliteite. Julle is trouens self so goed op hoogte van dinge dat julle mekaar sou kon onderrig.15 Ek was vrymoedig genoeg om sekere punte te beklemtoon alhoewel ek besef het dat dit eintlik net nodig was om julle geheue op te skerp. Ek het dit gedoen as iemand wat deur God se genade16 'n evangeliedienaar van Christus Jesus onder die nie-Joodse nasies is. Soos 'n priester in die heiligdom bedien ek die Goeie Nuus aan julle, en so word julle 'n offer aan God met 'n lieflike geur, 'n offer wat Hy verwelkom en wat deur die Heilige Gees aan Hom gewy is.17 Deur Christus Jesus is dit my trots dat ek hierdie offer vir God mag aanbied.18 Ek sal dit nie waag om oor iets anders te praat as wat Christus deur my gedoen het om die nie-Joodse nasies tot gehoorsaamheid aan die evangelie te bring nie. Hy het dit gedoen deur my prediking en my voorbeeld,19 deur kragtige tekens en wonders - bewerk deur die krag van die Gees van God. Op hierdie manier het ek die Goeie Nuus aangaande Christus uitgedra vanaf Jerusalem en tot by Illirikum.20 Dit was egter vir my 'n saak van eer om die Goeie Nuus net te bring waar Christus se Naam nog nie vermeld is nie - eerder as om voort te bou op die fondament wat iemand anders reeds gelê het.21 Ek het die riglyn van die Skrif gevolg:
"Dié vir wie nog nooit van Hom
vertel is nie, sal sien;
en dié wat nog nooit van Hom
gehoor het nie, sal verstaan."

22 Om die waarheid te sê, juis dít is die rede waarom my besoek aan julle so herhaaldelik vertraag is.

Paulus se reisplanne

23 Maar noudat ek my werk in hierdie gebiede voltooi het, en na al die baie jare wat ek gretig daarna uitgesien het om julle te besoek, wil ek dit doen

24 terwyl ek na Spanje onderweg is. Ek hoop om julle op my deurreis na Spanje te sien. Nadat ek my eers vir 'n tydjie aan die samesyn met julle verlustig het, kan julle my dan verder na Spanje toe stuur.
25 Maar voor my koms na julle toe, moet ek nou eers Jerusalem toe om 'n geskenk aan die gelowiges daar te gaan aflewer.26 Julle sien, die gelowiges in Griekeland het op die goeie gedagte gekom om geld in te samel vir die armes onder die gelowiges in Jerusalem.27 Hulle het dit gedoen onder die besef dat hulle so baie aan daardie gelowiges verskuldig is. Omdat die Joodse gelowiges bereid was om soveel geestelike seëninge met die nie-Joodse nasies te deel, is die minste wat hulle kan doen om die Joodse gelowiges met materiële dinge te help.28 As ek dit dan afgehandel het en alles rondom hierdie insameling veilig afgerond het, wil ek by julle langs na Spanje toe reis.

29 As ek na julle toe kom - dit weet ek vir seker - sal Christus vir my 'n ryke seën gee om vir julle te bring.
30 Broers en susters, in die Naam van ons Here Jesus Christus en omdat die Heilige Gees ons in liefde saambind, smeek ek julle dringend:31 Worstel saam met my op julle knieë voor God dat Hy my sal red uit die hande van die ongelowige Jode in Jerusalem en dat die gelowiges daar positief sal wees oor die kollekte wat ek vir hulle bring.

32 Dan sal ek, as God wil, vol blydskap na julle toe kom om julle teenwoordigheid te geniet en uit te rus.

33 Mag God, wat aan ons sy vrede gee, met julle almal wees. Amen.

ROMANS 15

Please Others and Not Yourself

1 If our faith is strong, we should be patient with the Lord's followers whose faith is weak. We should try to please them instead of ourselves. 2 We should think of their good and try to help them by doing what pleases them. 3 t Even Christ did not try to please himself. But as the Scriptures say, “The people who insulted you also insulted me.” 4 t And the Scriptures were written to teach and encourage us by giving us hope. 5 God is the one who makes us patient and cheerful. I pray that he will help you live at peace with each other, as you follow Christ.

6 Then all of you together will praise God, the Father of our Lord Jesus Christ.

The Good News Is for Jews //and Gentiles


7 Honor God by accepting each other, as Christ has accepted you. 8 I tell you that Christ came as a servant of the Jews to show that God has kept the promises he made to their famous ancestors. Christ also came,

9 t so that the Gentiles would praise God for being kind to them. It is just as the Scriptures say,
“I will tell the nations
about you,
and I will sing praises
to your name.”

10  t The Scriptures also say to the Gentiles, “Come and celebrate with God's people.”

11  t Again the Scriptures say,
“Praise the Lord,
all you Gentiles.
All you nations, come
and worship him.”

12  t Isaiah says,
“Someone from David's family
will come to power.
He will rule the nations,
and they will put their hope
in him.”

13 I pray that God, who gives hope, will bless you with complete happiness and peace because of your faith. And may the power of the Holy Spirit fill you with hope.

Paul's Work as a Missionary


14 My friends, I am sure that you are very good and that you have all the knowledge you need to teach each other. 15 But I have spoken to you plainly and have tried to remind you of some things. God treated me with undeserved grace!

16 He chose me to be a servant of Christ Jesus for the Gentiles and to do the work of a priest in the service of his good news. God did this so that the Holy Spirit could make the Gentiles into a holy offering, pleasing to him.
17 Because of Christ Jesus, I can take pride in my service for God. 18 In fact, all I will talk about is how Christ let me speak and work, so that the Gentiles would obey him. 19 Indeed, I will tell how Christ worked miracles and wonders by the power of the Holy Spirit. I have preached the good news about him all the way from Jerusalem to Illyricum. 20 But I have always tried to preach where people have never heard about Christ. I am like a builder who doesn't build on someone else's foundation.

21 t It is just as the Scriptures say,
“All who haven't been told
about him
will see him,
and those who haven't heard
about him
will understand.”

Paul's Plan To Visit Rome


22  t My work has always kept me from coming to see you. 23 Now there is nothing left for me to do in this part of the world, and for years I have wanted to visit you.

24 So I plan to stop off on my way to Spain. Then after a short, but refreshing, visit with you, I hope you will quickly send me on.
25-26  t I am now on my way to Jerusalem to deliver the money that the Lord's followers in Macedonia and Achaia collected for God's needy people. 27 t This is something they really wanted to do. But sharing their money with the Jews was also like paying back a debt, because the Jews had already shared their spiritual blessings with the Gentiles. 28 After I have safely delivered this money, I will visit you and then go on to Spain.

29 And when I do arrive in Rome, I know it will be with the full blessings of Christ.
30 My friends, by the power of the Lord Jesus Christ and by the love that comes from the Holy Spirit, I beg you to pray sincerely with me and for me. 31 Pray that God will protect me from the unbelievers in Judea, and that his people in Jerusalem will be pleased with what I am doing. 32 Ask God to let me come to you and have a pleasant and refreshing visit. 33 I pray that God, who gives peace, will be with all of you. Amen.