ROMEINE 3
God bly altyd betroubaar
1 Beteken dit dan enigiets besonders om 'n Jood te wees? Of hou die besnydenis enige voordeel in?
2 Inderdaad! Dit hou baie voordele in. Die belangrikste is die feit dat God sy openbaring aan die Jode toevertrou het.
3 Wat sê dit vir ons? Impliseer die feit dat party Jode ontrou geword het dan nie dat God se getrouheid aan sy beloftes ook daarmee heen is nie?4 Beslis nie! Al sou elke mens 'n leuenaar wees - God se waaragtigheid staan steeds vas. Soos die Skrif sê:
"U sal reg bewys word
in wat U sê,
en U sal u regsaak wen."
5 "Maar," kan party sê, "dan dien ons ongeregtigheid tog 'n goeie doel, want as God ons ten spyte van ons sondes vryspreek, sal dit vir die mense wys hoe wonderlik goed Hy is. En dan sou God mos onregverdig wees as Hy die sonde wel straf!" Ja, so sou mense nogal geneig wees om te redeneer.6 Maar dit is natuurlik ondenkbaar! As God onregverdig was, hoe sou Hy ooit as die regter van die hele wêreld kon kwalifiseer?7 Party sal egter nog bly sê: "Maar hoe kan God my nog steeds as 'n sondaar veroordeel as my oneerlikheid juis sý waaragtigheid oorvloedig laat blyk en tot sy verheerliking dien?"
8 Volgens hierdie absurde redenasie sou ons moes sê: "Kom ons doen die slegte sodat die goeie daaruit kan voortkom!" Dié wat sulke onsin verkondig, verdien tereg God se oordeel - en tog belaster sommige mense my deur te beweer dis presies wat ek preek!
Dis duidelik dat alle mense sondaars is
9 Waarop kom dit neer? Dat ons wat Jode is, voor God beter is as ander? Hoegenaamd nie! Ons het immers reeds duidelik aangetoon dat die Jode sowel as die nie-Jode almal onder die mag van die sonde verkeer.10 Dit is soos die Skrif sê:
"Niemand is goed nie -
selfs nie een nie.
11 Daar is nie een wat
verstandig is nie;
niemand wat ernstig
na God soek nie.
12 Almal het hulle rug op God gekeer;
almal het sleg geword.
Daar is niemand
wat die goeie doen nie -
selfs nie een nie."
13 "Hulle keel is soos
'n geopende graf.
Met hulle tonge
pleeg hulle bedrog."
"Die gif van dodelike slange
drup van hulle lippe."
14 "Hulle monde is vol vervloeking
en bitterheid."
15 "Hulle is haastig
om moord te pleeg.
16 Oral waar hulle gaan,
laat hulle verwoesting
en ellende agter.
17 Hulle weet nie waar
ware vrede lê nie."
18 "Eerbied vir God speel by hulle
geen rol nie."
19 Ons weet dat die wet van toepassing is op almal wat onder die wet is. Daarom kan niemand van ons ons verweer nie en is die hele wêreld skuldig voor God.
20 Niemand sal dus op grond van wetsgehoorsaming voor God vrygespreek kan word nie. Hoe beter ons die wet van God leer ken, hoe duideliker blyk ons sonde.
God spreek ons vry op grond van Christus se dood
21 Maar nou het God vir ons 'n ander weg bekendgemaak waardeur ons sy vryspraak kan verkry - nie deur wetsgehoorsaming nie, maar langs die weg waarvan die Skrif al lankal getuig:
22 God spreek ons vry deur geloof in Christus Jesus en dit geld sonder onderskeid vir almal wat glo.
23 Ons het immers almal gesondig. Ons almal het God beroof van die eer wat Hom toekom.24 Maar nou spreek God ons in sy genade vry op grond van die verlossing wat Christus Jesus vir ons verkry het - en dit sonder enige verdienste van ons kant.25 -
26 Want God het Hom gestuur as 'n offer wat deur sy sterwe versoening bewerk het vir almal wat glo. Op hierdie manier het Hy duidelik aangetoon wat sy vryspraak behels: Aan die een kant het Hy die sondes vergewe wat vroeër in die tyd van sy verdraagsaamheid begaan is; aan die ander kant het Hy ook duidelik aangetoon wat sy vryspraak nóú behels. Op hierdie manier blyk dit dat Hy nie net regverdig is nie, maar terselfdertyd ook elkeen regverdig verklaar wat in Jesus glo.
27 Kan ons ons dus daarop beroem dat ons enigiets gedoen het om die vryspraak te verdien? Dis heeltemal buite die kwessie, want ons vryspraak berus nie op ons goeie dade nie, maar op ons geloof.
28 Ons is immers daarvan oortuig dat mense vrygespreek word deurdat hulle glo en nie deur wetsgehoorsaming nie.
29 Per slot van sake is God nie net 'n God van die Jode nie, maar ook van die nie-Jode.30 Daar is net een God en daar is net een manier om sy vryspraak te ontvang. Hy spreek mense vry net deurdat hulle glo - en dit geld vir Jode sowel as nie-Jode.
31 As ons die geloof beklemtoon, beteken dit dan dat ons die wet ter syde stel? Natuurlik nie! In werklikheid laat ons die wet juis tot sy reg kom.
ROMANS 3
1 What good is it to be a Jew? What good is it to be circumcised? 2 It is good in a lot of ways! First of all, God's messages were spoken to the Jews. 3 It is true that some of them did not believe the message. But does this mean that God cannot be trusted, just because they did not have faith?
4 t No, indeed! God tells the truth, even if everyone else is a liar. The Scriptures say about God,
“Your words
will be proven true,
and in court
you will win your case.”
5 If our evil deeds show how right God is, then what can we say? Is it wrong for God to become angry and punish us? What a foolish thing to ask. 6 But the answer is, “No.” Otherwise, how could God judge the world? 7 Since your lies bring great honor to God by showing how truthful he is, you may ask why God still says you are a sinner.
8 You might as well say, “Let's do something evil, so that something good will come of it!” Some people even claim that we are saying this. But God is fair and will judge them as well.No One Is Good
9 What does all this mean? Does it mean that we Jews are better offt than the Gentiles? No, it doesn't! Jews, as well as Gentiles, are ruled by sin, just as I have said.
10 t The Scriptures tell us,
“No one is acceptable to God!
11 Not one of them understands
or even searches for God.
12 They have all turned away
and are worthless.
There isn't one person
who does right.
13 t Their words are like
an open pit,
and their tongues are good
only for telling lies.
Each word is as deadly
as the fangs of a snake,
14 t and they say nothing
but bitter curses.
15 t These people quickly
become violent.
16 Wherever they go,
they leave ruin
and destruction.
17 They don't know how
to live in peace.
18 t They don't even fear God.”
19 We know that everything in the Law was written for those who are under its power. The Law says these things to stop anyone from making excuses and to let God show that the whole world is guilty.
20 t God doesn't accept people simply because they obey the Law. No, indeed! All the Law does is to point out our sin.God's Way //of Accepting People
21 Now we see how God does make us acceptable to him. The Law and the Prophetst tell how we become acceptable, and it isn't by obeying the Law of Moses. 22 t God treats everyone alike. He accepts people only because they have faith in Jesus Christ. 23 All of us have sinned and fallen short of God's glory. 24 But God treats us much better than we deserve, and because of Christ Jesus, he freely accepts us and sets us free from our sins.
25-26 t God sent Christ to be our sacrifice. Christ offered his life's blood, so by faith in him we could come to God. And God did this to show that in the past he was right to be patient and forgive sinners. This also shows that God is right when he accepts people who have faith in Jesus.
27 What is left for us to brag about? Not a thing! Is it because we obeyed some law? No! It is because of faith. 28 We see that people are acceptable to God because they have faith, and not because they obey the Law. 29 Does God belong only to the Jews? Isn't he also the God of the Gentiles? Yes, he is! 30 t There is only one God, and he accepts Gentiles as well as Jews, simply because of their faith. 31 Do we destroy the Law by our faith? Not at all! We make it even more powerful.