previous next

ROMEINE 5

Die wonderlike voorreg om gelowiges te wees

1 As mense wat deur God vrygespreek is omdat ons glo, het ons nou vrede met God op grond van wat Jesus Christus ons Here gedoen het.

2 Deur Jesus Christus het ons, deurdat ons glo, toegang verkry tot hierdie heerlike posisie van genade waarin ons ons nou bevind, en ons jubel vol verwagting oor die heerlikheid wat God aan ons gaan gee.
3 Dis egter nie al nie - ons jubel selfs in ons swaarkry, want ons besef dat die swaarkry ons leer om te volhard.4 Op sy beurt kweek volharding betroubaarheid van karakter; en betroubaarheid van karakter versterk ons toekomsverwagting.

5 En hierdie toekomsverwagting sal ons nie teleurstel nie, want ons weet hoe lief God ons het. Hy het sy liefde mos in ons harte uitgestort deur sy Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.
6 Ja, juis toe ons nog totaal hulpeloos was, het Christus vir ons, die goddeloses, kom sterf.7 'n Persoon sal kwalik bereid wees om vir 'n regverdige mens te sterf. Miskien sal iemand nog kans sien om vir 'n besonder goeie mens te sterf.8 God laat blyk sý liefde vir ons egter daarin dat Christus vir ons kom sterf het ten spyte daarvan dat ons nog sondaars was.9 Ons is nou vrygespreek deur Jesus se dood. Hoeveel te meer sal Hy ons nie, deur Jesus, verlos van die toekomstige oordeel nie!

10 Want as God ons, terwyl ons nog sy vyande was, deur die dood van sy Seun tot sy vriende gemaak het, hoeveel te meer sal Hy ons nie noudat ons sy vriende is, deur Hom, die lewende Jesus, van die oordeel red nie!

11 Bo alles kan ons nou ook jubel in God omdat Jesus Christus ons Here ons bevoorreg het om nou God se vriende te wees.

Adam en Christus word vergelyk

12 Toe Adam gesondig het, het sonde in die wêreld ingekom en deur Adam se sonde ook die dood. En so het die dood tot alle mense deurgedring, want almal het gesondig.13 Reeds voordat die wet gegee is, het mense gesondig, alhoewel sonde nog nie so spesifiek toegereken kan word as daar geen wet is nie.

14 Die mense tussen Adam en Moses het in elk geval almal gesterf, al was hulle nie soos Adam ongehoorsaam aan 'n uitdruklike opdrag van God nie.
Adam was in 'n sekere sin 'n heenwysing na Hom wat sou kom.
15 Tog is daar 'n ernstige verskil tussen ons sonde en God se genadegeskenk van vergifnis. Want die oortreding van hierdie een mens, Adam, het die dood van baie veroorsaak, maar die ander mens, Jesus Christus, het soveel meer gedoen: die genade van God, ja, sy genadegeskenk wat Hy deur Jesus Christus aan baie mense gee, oortref alles!16 En die resultaat van God se genadegeskenk verskil radikaal van die resultaat van die een mens, Adam, se sonde. Want hierdie een mens se sonde het gelei tot veroordeling, maar ons ontvang die genadegeskenk van God se vryspraak, al staan ons skuldig aan 'n menigte oortredings.

17 Die oortreding van hierdie een mens, Adam, het veroorsaak dat die dood oor ons regeer, maar deur die een mens, Jesus Christus, word vir ons nog veel meer gegee: Almal wat God se oorvloedige genadegeskenk van vryspraak ontvang, sal koninklik oor die sonde en die dood triomfeer.
18 Ja, Adam se een oortreding het God se veroordeling oor almal gebring, maar net so het Christus se een daad van gehoorsaamheid vryspraak en lewe vir almal gebring.

19 Omdat een persoon aan God ongehoorsaam was, het baie mense sondaars geword. Net so sal baie deur die gehoorsaamheid van hierdie één, ánder Mens tot regverdiges verklaar word.

20 God se wet is gegee sodat alle mense kon sien hoe groot en baie hulle oortredings is. Maar hoe meer die sonde geword het, hoe oorvloediger het God se genade geword.

21 Die gevolg hiervan is dat net soos die sonde oor almal regeer het en die dood oor hulle gebring het, God se genade nou regeer. Dit laat ons nou as regverdiges voor God staan, en loop uit op die ewige lewe wat ons deur Jesus Christus ons Here sal ontvang.

ROMANS 5

What It Means //To Be Acceptable //to God

1 By faith we have been made acceptable to God. And now, thanks to our Lord Jesus Christ, we have peacet with God. 2 Christ has also introduced ust to God's gift of undeserved grace on which we now take our stand. So we are happy, as we look forward to sharing in the glory of God. 3 But that's not all! We gladly suffer, t because we know that suffering helps us to endure. 4 And endurance builds character, which gives us a hope

5 that will never disappoint us. All of this happens because God has given us the Holy Spirit, who fills our hearts with his love.
6 Christ died for us at a time when we were helpless and sinful. 7 No one is really willing to die for an honest person, though someone might be willing to die for a truly good person.

8 But God showed how much he loved us by having Christ die for us, even though we were sinful.
9 But there is more! Now that God has accepted us because Christ sacrificed his life's blood, we will also be kept safe from God's anger. 10 Even when we were God's enemies, he made peace with us, because his Son died for us. Yet something even greater than friendship is ours. Now that we are at peace with God, we will be saved by the life of his Son.

11 And in addition to everything else, we are happy because God sent our Lord Jesus Christ to make peace with us.

Adam and Christ


12  t Adam sinned, and that sin brought death into the world. Now everyone has sinned, and so everyone must die. 13 Sin was in the world before the Law came. But no record of sin was kept, because there was no Law.

14 Yet death still had power over all who lived from the time of Adam to the time of Moses. This happened, though not everyone disobeyed a direct command from God, as Adam did.
In some ways Adam is like Christ who came later.

15 But the gift of God's undeserved grace was very different from Adam's sin. That one sin brought death to many others. Yet in an even greater way, Jesus Christ alone brought God's gift of undeserved grace to many people.
16 There is a lot of difference between Adam's sin and God's gift. That one sin led to punishment. But God's gift made it possible for us to be acceptable to him, even though we have sinned many times.

17 Death ruled like a king because Adam had sinned. But that cannot compare with what Jesus Christ has done. God has treated us with undeserved grace, and he has accepted us because of Jesus. And so we will live and rule like kings.
18  t Everyone was going to be punished because Adam sinned. But because of the good thing that Christ has done, God accepts us and gives us the gift of life.

19 Adam disobeyed God and caused many others to be sinners. But Jesus obeyed him and will make many people acceptable to God.
20 The Law came, so that the full power of sin could be seen. Yet where sin was powerful, God's gift of undeserved grace was even more powerful. 21 Sin ruled by means of death. But God's gift of grace now rules, and God has accepted us because of Jesus Christ our Lord. This means that we will have eternal life.