previous next

Romeine 6

Sonde kan ons nie oorwin nie

1 Wanneer ons sê ons moet aanhou sonde doen sodat God se tgenade meer kan word, is ons dan reg? 2 Nee, nooit nie! Die sonde kan ons nie oorwin nie, ons is vir die sonde soos mense wat dood is. Daarom mag ons nie aanhou sonde doen nie. 3 Julle moet dit weet: Ons is almal gedoop en ons behoort nou aan Christus Jesus. Hy het gesterf, en ons het saam met Hom gesterf. 4 Ja, ons is gedoop, en daarom kan ons sê ons het saam met Christus gesterf en ons was saam met Hom in die graf. God, die Vader en Koning, het vir Christus weer laat lewe. So laat God ons ook lewe, ons is soos mense wat ’n nuwe lewe gekry het. 5 Christus het gesterf, en ons het soos Hy gesterf, want Hy en ons het een geword. En God het vir Christus weer laat lewe. Christus en ons het een geword, en daarom weet ons dat God vir ons ook weer saam met Christus sal laat lewe. 6 Ons weet dat ons ook tgekruisig is toe Christus gekruisig is. Ons was mense wat graag sonde gedoen het, maar nou is ons nie meer so nie. Ja, ons is nie meer tslawe van die sonde nie, 7 want God het almal tvrygespreek wat saam met Christus gesterf het. 8 Christus het gesterf, en ons het saam met Hom gesterf. Daarom glo ons dat God vir Christus weer laat lewe het en dat ons ook saam met Christus sal lewe. 9 Ja, God het vir Christus weer laat lewe, en ons weet dat Christus nooit weer sal sterf nie, want die dood is nie sterker as Hy nie. 10 Hy het een maal gesterf, Hy kan nie weer sterf nie. Die sonde kan Hom nie oorwin nie, nooit nie. Hy lewe en Hy lewe nou vir God.

11 Dit is dieselfde met julle: Julle moet weet dat die sonde ook nie vir julle kan oorwin nie, want julle is vir die sonde soos mense wat dood is. Maar nou lewe julle vir God, julle wat aan Christus Jesus behoort.

Gelowiges moet vir God dien


12 Julle is vir die sonde soos mense wat dood is. Daarom moet julle nie tevrede wees dat die sonde oor julle liggame regeer nie, dit is liggame wat sal sterf. Ja, julle moenie die slegte dinge doen wat julle wil doen nie.
13 Julle moenie julle liggame gebruik om verkeerde dinge te doen nie, julle moenie die sonde dien nie. Nee, julle moet julle liggame gebruik om God te dien, want julle was dood, maar God het julle weer laat lewe. God het julle tvrygespreek, daarom moet julle julle liggame gebruik om te doen wat reg is.

14 Die sonde sal nie oor julle regeer nie, want dit is nie die wette wat oor julle regeer nie, dit is die tgenade van God wat oor julle regeer.
15 Ja, die wette regeer nie oor ons nie, die genade van God regeer oor ons. Kan ons nou sê ons mag aanhou sonde doen? Nee, nooit nie! 16 Julle moet dit weet: Wanneer julle doen wat ander mense vir julle sê, dan is julle soos tslawe. Maar wanneer julle doen wat die sonde sê, dan is julle tslawe van die sonde, en dan sal God julle vir altyd laat sterf. Wanneer julle doen wat God vir julle sê, dan is julle slawe van God, en dan sal God julle vryspreek. 17 Ek sê vir God dankie, want julle was voorheen slawe van die sonde, maar nou is dit vir julle lekker om die dinge te doen wat julle geleer het. 18 Die sonde regeer nie oor julle nie, God het julle vrygemaak van die sonde, en nou is julle God se slawe en julle doen nou wat reg is.

19 Ek weet dit is nie maklik om te verstaan wat ek vir julle sê nie, en daarom gaan ek dit nou vir julle só verduidelik: Voorheen was julle slawe van die sonde, julle het julle liggame gebruik om meer en meer slegte dinge te doen, dinge wat teen God se wette is. Maar God het julle vrygespreek, julle is nou God se slawe. Daarom moet julle nou julle liggame gebruik om die regte dinge te doen. Dan sal julle heeltemal aan God tgewy wees.
20 Toe julle slawe van die sonde was, het die sonde oor julle regeer. Julle het nie gedoen wat God wil hê nie. 21 Maar dit was nie goed vir julle nie. Julle het dinge gedoen waaroor julle nou skaam is. As julle aangehou het om daardie dinge te doen, dan sou God julle vir altyd laat sterf het. 22 Maar nou het God julle vrygemaak van die sonde, en julle is God se slawe. Julle dien nou vir God en julle sal iets kry wat goed is: God sal julle heeltemal aan Hom twy en Hy sal vir julle die tewige lewe gee. 23 As mense slawe van die sonde is, dan sal God hulle vir altyd laat sterf. Maar God is goed vir ons, Hy sal vir ons die ewige lewe gee, vir ons wat behoort aan Christus Jesus, ons Here.

Romans 6

Dead to Sin but Alive in Union with Christ

1 What shall we say, then? Should we continue to live in sin so that God's grace will increase? 2 Certainly not! We have died to sin — how then can we go on living in it? 3 For surely you know that when we were baptized into union with Christ Jesus, we were baptized into union with his death.

4 By our baptism, then, we were buried with him and shared his death, in order that, just as Christ was raised from death by the glorious power of the Father, so also we might live a new life.t
5 For since we have become one with him in dying as he did, in the same way we shall be one with him by being raised to life as he was. 6 And we know that our old being has been put to death with Christ on his cross, in order that the power of the sinful self might be destroyed, so that we should no longer be the slaves of sin. 7 For when people die, they are set free from the power of sin. 8 Since we have died with Christ, we believe that we will also live with him. 9 For we know that Christ has been raised from death and will never die again — death will no longer rule over him. 10 And so, because he died, sin has no power over him; and now he lives his life in fellowship with God.

11 In the same way you are to think of yourselves as dead, so far as sin is concerned, but living in fellowship with God through Christ Jesus.
12 Sin must no longer rule in your mortal bodies, so that you obey the desires of your natural self. 13 Nor must you surrender any part of yourselves to sin to be used for wicked purposes. Instead, give yourselves to God, as those who have been brought from death to life, and surrender your whole being to him to be used for righteous purposes.

14 Sin must not be your master; for you do not live under law but under God's grace.

Slaves of Righteousness


15 What, then? Shall we sin, because we are not under law but under God's grace? By no means! 16 Surely you know that when you surrender yourselves as slaves to obey someone, you are in fact the slaves of the master you obey — either of sin, which results in death, or of obedience, which results in being put right with God. 17 But thanks be to God! For though at one time you were slaves to sin, you have obeyed with all your heart the truths found in the teaching you received. 18 You were set free from sin and became the slaves of righteousness.

19 (I use everyday language because of the weakness of your natural selves.) At one time you surrendered yourselves entirely as slaves to impurity and wickedness for wicked purposes. In the same way you must now surrender yourselves entirely as slaves of righteousness for holy purposes.
20 When you were the slaves of sin, you were free from righteousness. 21 What did you gain from doing the things that you are now ashamed of? The result of those things is death! 22 But now you have been set free from sin and are the slaves of God. Your gain is a life fully dedicated to him, and the result is eternal life. 23 For sin pays its wage — death; but God's free gift is eternal life in union with Christ Jesus our Lord.