ROMEINE 6
Die genade is geen vrybrief vir die sonde nie, maar verlos ons van die heerskappy daarvan.
1 WAT sal ons dan sê? tSal ons in die sonde bly, dat tdie genade meer kan word?
2 Nee, stellig nie! Ons wat tdie sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?
3 Of weet julle nie dat tons almal wat tin Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie?
4 Ons is dus saam met Hom tbegrawe deur die doop in die dood, sodat net soos tChristus uit die dode opgewek is deur tdie heerlikheid van die Vader, tons ook so in ’n nuwe lewe kan wandel.
5 Want tas ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding;
6 aangesien ons dit weet tdat ons oue mens saam tgekruisig is, sodat tdie liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.
7 Want thy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde.
8 As tons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe,
9 omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie.
10 Want die dood wat Hy gesterf het, thet Hy vir die sonde teens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God.
11 So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir tGod in Christus Jesus, onse Here.
12 Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie.
13 En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God.
14 Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want tjulle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.
15 Wat dan? tSal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie!
16 Weet julle nie dat taan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie — òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid?
17 Maar ons dank God dat julle wel diensknegte van die sonde was, maar van harte gehoorsaam geword het taan die voorbeeld van die leer wat aan julle oorgelewer is,
18 en, tvrygemaak van die sonde, thet julle diensbaar geword aan die geregtigheid.
19 tEk spreek menslikerwys tter wille van die swakheid van julle vlees; want net soos julle jul lede diensbaar gestel het aan die onreinheid en wetteloosheid om wetteloos te wees, so moet julle nou jul lede diensbaar stel aan die geregtigheid tot heiligmaking.
20 Want toe julle diensknegte was van die sonde, was julle vry van die geregtigheid.
21 tWatter vrug dan het julle toe gehad van die dinge waaroor julle jul nou skaam? Want tdie uiteinde daarvan is die dood.
22 Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe.
23 Want die loon van die sonde is tdie dood, maar die genadegawe van God is tdie ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.
Romans 6
1 WHAT SHALL we say [to all this]? Are we to remain in sin in order that God’s grace (favor and mercy) may multiply and overflow?2 Certainly not! How can we who died to sin live in it any longer?3 Are you ignorant of the fact that all of us who have been baptized into Christ Jesus were baptized into His death?4 We were buried therefore with Him by the baptism into death, so that just as Christ was raised from the dead by the glorious [power] of the Father, so we too might [habitually] live and behave in newness of life.5 For if we have become one with Him by sharing a death like His, we shall also be [one with Him in sharing] His resurrection [by a new life lived for God].6 We know that our old (unrenewed) self was nailed to the cross with Him in order that [our] body [which is the instrument] of sin might be made ineffective and inactive for evil, that we might no longer be the slaves of sin.7 For when a man dies, he is freed (loosed, delivered) from [the power of] sin [among men].8 Now if we have died with Christ, we believe that we shall also live with Him,9 Because we know that Christ (the Anointed One), being once raised from the dead, will never die again; death no longer has power over Him.10 For by the death He died, He died to sin [ending His relation to it] once for all; and the life that He lives, He is living to God [in unbroken fellowship with Him].11 Even so consider yourselves also dead to sin and your relation to it broken, but alive to God [living in unbroken fellowship with Him] in Christ Jesus.12 Let not sin therefore rule as king in your mortal (short-lived, perishable) bodies, to make you yield to its cravings and be subject to its lusts and evil passions.13 Do not continue offering or yielding your bodily members [and faculties] to sin as instruments (tools) of wickedness. But offer and yield yourselves to God as though you have been raised from the dead to [perpetual] life, and your bodily members [and faculties] to God, presenting them as implements of righteousness.14 For sin shall not [any longer] exert dominion over you, since now you are not under Law [as slaves], but under grace [as subjects of God’s favor and mercy].15 What then [are we to conclude]? Shall we sin because we live not under Law but under God’s favor and mercy? Certainly not!16 Do you not know that if you continually surrender yourselves to anyone to do his will, you are the slaves of him whom you obey, whether that be to sin, which leads to death, or to obedience which leads to righteousness (right doing and right standing with God)?17 But thank God, though you were once slaves of sin, you have become obedient with all your heart to the standard of teaching in which you were instructed and to which you were committed.18 And having been set free from sin, you have become the servants of righteousness (of conformity to the divine will in thought, purpose, and action).19 I am speaking in familiar human terms because of your natural limitations. For as you yielded your bodily members [and faculties] as servants to impurity and ever increasing lawlessness, so now yield your bodily members [and faculties] once for all as servants to righteousness (right being and doing) [which leads] to sanctification.20 For when you were slaves of sin, you were free in regard to righteousness.21 But then what benefit (return) did you get from the things of which you are now ashamed? [None] for the end of those things is death.22 But now since you have been set free from sin and have become the slaves of God, you have your present reward in holiness and its end is eternal life.23 For the wages which sin pays is death, but the [bountiful] free gift of God is eternal life through (in union with) Jesus Christ our Lord.