Romeine 6
1 Moet ons dan aanhou sonde doen sodat God kan aanhou om ons vry te spreek?2 Nee, hoegenaamd nie! Die sonde het mos nie meer 'n houvas op ons nie. Ons is morsdood daarvoor.
3 Julle onthou wat by die doop gebeur het, of hoe? Toe ons in die Naam van Christus Jesus gedoop is, het ons deel geword van alles wat met Hom by die kruis gebeur het, van sy dood af tot by sy opstanding.4 As dit dan waar is dat ons saam met Jesus die dood binnegestap het, is dit net so waar dat ons saam met Hom lewend anderkant uitgekom het toe God Hom met sy groot krag en heerlikheid uit die dood laat opstaan het. Daarom kan ons ook nou op 'n nuwe manier leef.
5 Omdat ons saam met Jesus aan die kruis doodgegaan het, sal ons beslis saam met Hom oor die dood triomfeer.6 Ons weet mos dat daardie sondige mens wat ons eenmaal was, kant en klaar saam met Jesus gekruisig is.7 Ons ou self, wat van vroeg tot laat agter elke sonde aangeloop het, is nou morsdood en begrawe. Daarom is ons nie meer slawe van die sonde nie. Sonde het mos nie 'n houvas op iemand wat klaar doodgegaan het nie.8 Ons wat saam met Christus gesterf het, glo dat ons saam met Hom sal leef.9 Ons glo dit omdat ons weet dat Jesus, nadat Hy uit die dood opgestaan het, nooit weer sal doodgaan nie. Die dood het nie meer 'n houvas op Hom nie.10 Toe Hy doodgegaan het, het Hy vir altyd 'n einde aan die mag van die sonde gemaak. Nou leef Hy as oorwinnaar daar by God.
11 Julle moet net soos Jesus leef: beskou julleself as dood vir die sonde. Leef net vir God! Doen dit in die Naam van Christus Jesus.12 Moenie toelaat dat die sonde en sondige begeertes ooit weer 'n houvas op julle kry terwyl julle nog hier op aarde leef nie.13 Moenie dat 'n enkele liggaamsdeel van julle ooit in diens van die sonde staan nie. Nee, gee julle lewens vir God, van kop tot tone. Onthou: Hy het julle saam met Jesus uit die dood laat opstaan. Doen net wat God sê met elke krieseltjie krag in elke liggaamsdeel van julle.14 Julle staan nie meer onder die loodsware las van die sonde nie. Daardie mag is vir altyd gebreek. Julle hoef ook glad nie meer al die reëls van die wet na te kom om God se guns te probeer wen nie. Julle leef nou net uit sy goedheid.
15 Beteken dit nou dat ons maar kan sondig omdat ons nie meer die wet hoef te gehoorsaam nie? Kan ons leef soos ons wil omdat God ons uit genade red? Nee, natuurlik nie.16 Julle weet mos hoe dit gaan: jy dien die een in wie se diens jy staan. Wat ek bedoel, is dit: as jy in die mag van die sonde is, sal jy aanhou sonde doen. Dan is die dood jou voorland. Maar aan die ander kant, as jy God dien, sal jy doen wat Hy sê. Dan wag die ewige lewe op jou.
17 Ek sê vir God dankie dat Hy julle, wat julle hele lewe lank vir die sonde gewerk het, heeltemal vrygemaak het. Dit is hoekom julle nou luister na alles wat Hy deur die apostels en sy ander dienaars vir julle leer.18 Julle is nie meer slawe van die sonde nie. Nee, julle is nou God se slawe. Nou kan julle leef soos Hy dit wil hê.19 Verskoon maar dat ek so 'n alledaagse beeld gebruik. Dalk help dit julle om te begryp wat ek sê. Vroeër het julle julle oorgegee aan al wat sonde is. Met groot oorgawe het julle alles gedoen wat boos en sleg is. Nou moet julle met dieselfde oorgawe doen wat reg is. Leef soos mense wat eenkant geplaas is om God voltyds te dien.20 Vroeër was julle verslaaf aan die sonde. Julle kon eenvoudig nie genoeg daarvan kry nie.21 Dink 'n bietjie: Was dit die moeite werd om so in die sonde rond te lê? Wat het dit julle in die sak gebring? Net mooi niks nie! Kry julle nie skaam as julle terugdink aan wat julle alles aangevang het nie? Om in sonde te leef is niks anders as 'n doodloopstraat nie.22 Gelukkig het God julle hier kom uithaal. Julle is nou voltyds in sy diens. Hy verander julle lewens nou al hoe meer tot sy eer. Boonop wag daar 'n wonderlike toekoms op julle. Die dood is nie meer julle voorland nie. Nee, julle gaan vir altyd in God se splinternuwe wêreld bly.
23 Ek sê weer: as 'n mens jou hele lewe lank vir die sonde werk, is die dood jou beloning. So eenvoudig is dit. God gee egter aan ons die ewige lewe verniet. Dit is sy geskenk aan ons wanneer ons in Christus Jesus as ons Here glo.
Romans 6
The Believer’s Freedom from Sin’s Domination
1 What shall we say then? Are we to remain in sin so that grace may increase?2 Absolutely not! How can we who died to sin still live in it?3 Or do you not know that as many as were baptized into Christ Jesus were baptized into his death?
4 Therefore we have been buried with him through baptism into death, in order that just as Christ was raised from the dead through the glory of the Father, so we too may live a new life.t
5 For if we have become united with him in the likeness of his death, we will certainly also be united in the likeness of his resurrection.t6 We know thatt our old man was crucified with him so that the body of sin would no longer dominate us,t so that we would no longer be enslaved to sin.
7 (For someone who has died has been freed from sin.)s
8 Now if we died with Christ, we believe that we will also live with him.9 We knowt that since Christ has been raised from the dead, he is never going to diet again; death no longer has mastery over him.10 For the death he died, he died to sin once for all, but the life he lives, he lives to God.
11 So you too consider yourselvess dead to sin, butt alive to God in Christ Jesus.
12 Therefore do not let sin reign in your mortal body so that you obey its desires,13 and do not present your members to sin as instrumentst to be used for unrighteousness,t but present yourselves to God as those who are alive from the dead and your members to God as instrumentst to be used for righteousness.
14 For sin will have no mastery over you, because you are not under law but under grace.
The Believer’s Enslavement to God’s Righteousness
15 What then? Shall we sin because we are not under law but under grace? Absolutely not!16 Do you not know that if you present yourselvest as obedient slaves,t you are slaves of the one you obey, either of sin resulting in death, or obedience resulting in righteousness?t17 But thanks be to God that though you were slaves to sin, you obeyedt from the heart that patternt of teaching you were entrusted to,18 and having been freed from sin, you became enslaved to righteousness.19 (I am speaking in human terms because of the weakness of your flesh.)ts For just as you once presented your members as slaves to impurity and lawlessness leading to more lawlessness, so now present your members as slaves to righteousness leading to sanctification.
20 For when you were slaves of sin, you were free with regard to righteousness.
21 So what benefitt did you then reapt from those things that you are now ashamed of? For the end of those things is death.22 But now, freedt from sin and enslaved to God, you have your benefitt leading to sanctification, and the end is eternal life.
23 For the payofft of sin is death, but the gift of God is eternal life in Christ Jesus our Lord.