ROMEINE 6
Ons is dood vir die sonde en moet nou vir God lewe
1 Beteken dit nou dat ons in die sonde moet voortlewe sodat die genade steeds oorvloediger kan word?
2 Hoegenaamd nie! Ons is immers dood vir die sonde. Dis tog onmoontlik dat ons nog langer daarin kan voortlewe!
3 Of het julle vergeet dat ons met ons doop een geword het met Christus Jesus en so saam met Hom gesterf het?4 Deur die doop is ons saam met Hom begrawe as mense wat deel in sy dood. En nou kan ons, net soos Christus wat deur 'n heerlike magsdaad van die Vader opgewek is, ook 'n totaal nuwe lewe leef.
5 Aangesien ons met Hom een geword het in sy dood, sal ons ook saam met Hom opgewek word tot 'n nuwe lewe.
6 Ons weet dat ons ou, sondige self saam met Christus gekruisig is sodat die sonde se mag oor ons verbreek kan word en ons nie meer slawe van die sonde sal wees nie.7 Want as iemand sterf, word hy vry van die mag van die sonde.8 Aangesien ons saam met Christus gesterf het, weet ons dat ons ook deel sal hê aan sy lewe.9 Ons weet dit omdat Christus uit die dood opgewek is en nooit weer sal sterf nie. Die dood het geen mag meer oor Hom nie.10 Hy het eens en vir altyd vir die sonde gesterf en nou leef Hy vir God.
11 Julle moet dus ook vir seker weet dat julle vir die sonde dood is, en nou vir God lewe deurdat julle met Christus Jesus één is.
12 Julle moet dus nie langer toelaat dat sonde julle aardse lewe beheer nie; moenie toegee aan sy verleidelike begeertes nie.
13 Julle is betrokke in 'n geestelike oorlog. Moenie langer julle liggaamlike vermoëns as wapens van ongeregtigheid vir die sonde beskikbaar stel nie, maar stel julleself voortdurend vir God beskikbaar omdat julle uit die dood weer lewendig geword het. Stel al julle liggaamlike vermoëns as wapens van geregtigheid tot God se beskikking.
14 Die sonde mag hoegenaamd nie oor julle heerskappy voer nie. Julle leef immers nie meer onder die verslawende mag van die wet nie, maar onder die bevrydende mag van die genade.
15 Aangesien God se genade ons vrygemaak het van die wet, beteken dit dat ons nou maar kan voortgaan met sonde doen? Hoegenaamd nie!16 Besef julle nie dat dít waarvoor 'n mens jou as slaaf beskikbaar stel, jou baas word nie? Jy kan die sonde kies en daarmee saam die dood, of jy kan kies om God te gehoorsaam en volgens sy wil te lewe.17 Julle moet vir God dankie sê dat julle wat voorheen slawe van die sonde was, nou met julle hele hart gehoorsaam geword het aan die ware evangelie wat aan julle oorgelewer is.18 Verlos van die sonde het julle nou slawe geword van dit wat reg is voor God.
19 Ek praat op hierdie manier van slawe en base omdat dit makliker is om te verstaan. Voorheen het julle julle liggaamlike vermoëns diensbaar gemaak aan onreinheid en wetteloosheid en 'n wilde lewe gelei; net so moet julle nou al julle liggaamlike vermoëns aan die geregtigheid diensbaar maak en 'n lewe lei wat aan God toegewy is.
20 Destyds toe julle slawe van die sonde was, het julle julle nie gesteur aan wat reg is voor God nie.21 En wat was die resultaat? Julle skaam julle nou daaroor, want wat julle destyds gedoen het, eindig in die ewige dood.22 Maar noudat julle vrygemaak is van die sonde en volledig in God se diens staan, is die resultaat daarvan 'n lewe van toewyding aan God en die eindresultaat - die ewige lewe!
23 Want wat die sonde uitbetaal, is die dood. Maar God se genadegeskenk is die ewige lewe wat ons deel word deur Christus Jesus ons Here!
ROMANS 6
Dead to Sin but Alive //because of Christ
1 What should we say? Should we keep on sinning, so that God's gift of undeserved grace will show up even better? 2 No, we should not! If we are dead to sin, how can we go on sinning? 3 Don't you know that all who share in Christ Jesus by being baptized also share in his death?
4 t When we were baptized, we died and were buried with Christ. We were baptized, so we would live a new life, as Christ was raised to life by the glory of God the Father.
5 If we shared in Jesus' death by being baptized, we will be raised to life with him. 6 We know that the persons we used to be were nailed to the cross with Jesus. This was done, so our sinful bodies would no longer be the slaves of sin.
7 We know sin doesn't have power over dead people.
8 As surely as we died with Christ, we believe we will also live with him. 9 We know that death no longer has any power over Christ. He died and was raised to life, never again to die. 10 When Christ died, he died for sin once and for all. But now he is alive, and he lives only for God.
11 In the same way, you must think of yourselves as dead to the power of sin. But Christ Jesus has given life to you, and you live for God.
12 Don't let sin rule your body. After all, your body is bound to die, so don't obey its desires 13 or let any part of it become a slave of evil. Give yourselves to God, as people who have been raised from death to life. Make every part of your body a slave that pleases God.
14 Don't let sin keep ruling your lives. You are ruled by God's undeserved grace and not by the Law.Slaves Who Do What //Pleases God
15 What does all this mean? Does it mean we are free to sin, because we are ruled by God's gift of undeserved grace and not by the Law? Certainly not! 16 Don't you know that you are slaves of anyone you obey? You can be slaves of sin and die, or you can be obedient slaves of God and be acceptable to him. 17 You used to be slaves of sin. But I thank God that with all your heart you followed the example set forth in the teaching you received.
18 Now you are set free from sin and are slaves who please God.
19 I am using these everyday examples, because in some ways you are still weak. You used to let the different parts of your body be slaves of your evil thoughts. But now you must make every part of your body serve God, so that you will belong completely to him.
20 When you were slaves of sin, you didn't have to please God. 21 But what good did you receive from the things you did? All you have to show for them is your shame, and they lead to death. 22 Now you have been set free from sin, and you are God's slaves. This will make you holy and will lead you to eternal life. 23 Sin pays off with death. But God's gift is eternal life given by Jesus Christ our Lord.