previous next

ROMEINE 6

Dood vir die sonde, maar lewend vir God

1 Wat moet ons nou hiervan sê? Moet ons aanhou sonde doen sodat die genade kan toeneem? 2 Beslis nie. Hoe kan ons wat dood is vir die sonde, nog daarin voortlewe? 3 Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? 4 Deur die doop is ons immers saam met Hom in sy dood begrawe, sodat, soos Christus deur die wonderbaarlike magsdaad van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so 'n nuwe lewe kan lei. 5 Aangesien ons met Hom een geword het in sy dood, sal ons sekerlik ook met Hom een wees in sy opstanding. 6 Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is, sodat ons sondige bestaan beëindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie. 7 Iemand wat gesterf het, is immers vry van die mag van die sonde. 8 Ons het saam met Christus gesterwe; daarom glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe. 9 Ons weet dat Christus wat uit die dood opgewek is, nie weer kan sterwe nie; die dood het nie meer mag oor Hom nie. 10 Hy het gesterwe en is eens en vir altyd vir die sonde dood. Nou lewe Hy, en Hy lewe vir God. 11 Julle moet dus altyd onthou dat ook júlle vir die sonde dood is, maar vir God lewe, omdat julle een is met Christus Jesus.

12 Moet dan nie toelaat dat die sonde nog langer oor julle heerskappy voer en julle die begeertes van julle sterflike aardse bestaan laat gehoorsaam nie. 13 Julle moet geen deel van julle liggame in diens van die sonde stel as 'n werktuig om goddeloosheid te bedrywe nie. Nee, stel julle in diens van God as mense wat dood was maar lewend gemaak is, en stel elke deel van julle liggame in diens van God as werktuig om te doen wat God wil. 14 Die sonde moet nie meer baas wees oor julle nie, want julle staan nie onder die wet van Moses nie, maar onder die genade.

In diens van wat God wil

15 Wat beteken dit? Kan ons nou maar sonde doen omdat ons nie onder die wet van Moses staan nie maar onder die genade? Beslis nie. 16 Julle weet tog: as julle julle aan iemand onderwerp om hom as slawe te gehoorsaam, is julle die slawe van dié een aan wie julle gehoorsaam is. As dit die sonde is, beteken dit vir julle die dood; as dit gehoorsaamheid aan God is, beteken dit vryspraak en lewe. 17 Maar ons dank God dat julle wat slawe van die sonde was, van harte gehoorsaam geword het aan die leer soos julle dit deur die oorlewering ontvang het. 18 Ons dank God dat julle van die sonde vrygemaak is en slawe van God geword het wat sy wil doen. 19 Weens julle beperkte begrip gebruik ek 'n beeld uit die alledaagse lewe: soos julle elke deel van julle liggame in diens van sedelike onreinheid en wetteloosheid gestel het en losbandig gelewe het, so moet julle nou elke deel van julle liggame in diens van God stel om heilig te lewe. 20 Toe julle slawe van die sonde was, was julle nie in diens van God nie. 21 Wat was die vrug wat dié dinge waaroor julle nou skaam kry, tóé vir julle opgelewer het? Die uiteinde van dié dinge is die dood. 22 Maar nou — julle is vrygemaak van die sonde en in diens van God gestel en die vrug daarvan is dat julle geheilig word, en die uiteinde is die ewige lewe. 23 Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here.

Romans 6

1 WHAT shall we say, then? shall we continue in sin, that grace may abound?2 God forbid. For we that are dead to sin, how shall we live any longer therein?3 Know you not that all we, who are baptized in Christ Jesus, are baptized in his death?4 For we are buried together with him by baptism into death; that as Christ is risen from the dead by the glory of the Father, so we also may walk in newness of life.5 For if we have been planted together in the likeness of his death, we shall be also in the likeness of his resurrection.6 Knowing this, that our old man is crucified with him, that the body of sin may be destroyed, to the end that we may serve sin no longer.7 For he that is dead is justified from sin.8 Now if we be dead with Christ, we believe that we shall live also together with Christ:9 Knowing that Christ rising again from the dead, dieth now no more, death shall no more have dominion over him.10 For in that he died to sin, he died once; but in that he liveth, he liveth unto God:11 So do you also reckon, that you are dead to sin, but alive unto God, in Christ Jesus our Lord.12 Let no sin therefore reign in your mortal body, so as to obey the lusts thereof.13 Neither yield ye your members as instruments of iniquity unto sin; but present yourselves to God, as those that are alive from the dead, and your members as instruments of justice unto God.14 For sin shall not have dominion over you; for you are not under the law, but under grace.15 What then? Shall we sin, because we are not under the law, but under grace? God forbid.16 Know you not, that to whom you yield yourselves servants to obey, his servants you are whom you obey, whether it be of sin unto death, or of obedience unto justice.17 But thanks be to God, that you were the servants of sin, but have obeyed from the heart, unto that form of doctrine, into which you have been delivered.18 Being then freed from sin, we have been made servants of justice.19 I speak an human thing, because of the infirmity of your flesh. For as you have yielded your members to serve uncleanness and iniquity, unto iniquity; so now yield your members to serve justice, unto sanctification.20 For when you were the servants of sin, you were free men to justice.21 What fruit therefore had you then in those things, of which you are now ashamed? For the end of them is death.22 But now being made free from sin, and become servants to God, you have your fruit unto sanctification, and the end life everlasting.23 For the wages of sin is death. But the grace of God, life everlasting, in Christ Jesus our Lord.