Romeine 7
Die wette regeer nie oor die gelowiges nie
1 Vriende, ek weet julle ken God se wette. Julle weet dat die wette oor ’n mens regeer terwyl hy lewe. 2 Die wette sê dat ’n vrou wat getroud is, net haar eie man se vrou is terwyl hy lewe. Maar wanneer haar man gesterf het, dan is sy vry, dit sê die wette.
3 Die wette sê sy pleeg tegbreuk wanneer sy ’n ander man se vrou word terwyl haar man lewe. Maar wanneer haar man dood is, dan is sy vry, die wet regeer nie meer oor haar nie. As sy daarna ’n ander man se vrou word, dan pleeg sy nie egbreuk nie.
4 My vriende, dit is dieselfde met julle: Christus het gesterf, en julle het saam met Hom gesterf. Daarom regeer die wette nie oor julle nie. Julle behoort nou aan Iemand Anders, julle behoort aan Christus. Christus was dood, maar God het Hom weer laat lewe. Daarom kan ons nou almal lewe soos God wil hê. 5 Voorheen het ons gelewe soos mense graag lewe. Ons het God se wette geken, en daarom het ons lus geword om sonde te doen. Ons het ons liggame gebruik om dinge te doen wat ons laat sterf.
6 Die wette het ons vasgehou, maar nou is ons soos mense wat dood is, ons hoor nie wat die wette sê nie. Ons dien nou vir God soos die Heilige Gees vir ons sê om te doen, nie soos ons voorheen gedoen het nie, want die wette regeer nie meer oor ons nie.Die sonde gebruik God se wette
7 Is dit reg wanneer ons sê God se wette is sonde? Nee, nooit nie! Ek ken God se wette, en daarom weet ek wat sonde is. God se wette sê: “tJy mag nie iemand anders se goed vir jouself wil hê nie,” en daarom weet ek dat ek dit nie mag doen nie. 8 Maar die sonde gebruik daardie wet en maak my dan baie lus om ander mense se goed te hê. As daar nie wette was nie, dan kon die sonde my nie lus maak om slegte dinge te doen nie. 9 Voorheen, toe ek nie God se wette geken het nie, het ek gelewe, maar toe ek die wette leer ken het, het die sonde in my begin lewe, 10 en ek was soos ’n mens wat gesterf het. God het die wette gegee om my te laat lewe, maar ek het uitgevind daardie wette maak my dood. 11 Want die sonde het God se wette gebruik en dit het my iets laat glo wat nie waar is nie. Ja, die sonde het die wette gebruik om my dood te maak.
12 Daarom, die wette is God se wette. God gee elke wet, en elke wet is reg en goed.
13 Mag ons dan sê die wette wat goed is, het my doodgemaak? Nee, nooit nie! Dit is die sonde wat my doodgemaak het. Die sonde gebruik God se goeie wette om my dood te maak sodat almal kan weet wat die sonde is. Ja, die sonde gebruik die wette, en so word die sonde altyd meer.
14 Ons weet dat die Heilige Gees die wette gegee het, maar ek is ’n mens, ek doen slegte dinge, ek is ’n tslaaf van die sonde. 15 Ek verstaan nie wat ek doen nie. Ek wil goeie dinge doen, maar dan doen ek dit nie. Ek doen slegte dinge, dinge wat ek haat. 16 En wanneer ek dinge doen wat ek nie wil doen nie, dan besef ek dat die wette goed is. 17 Want dit is nie ék wat die slegte dinge doen nie, dit is die sónde wat in my is. 18 Ek weet daar is niks in my wat goed is nie. Ek wil graag goeie dinge doen, maar ek doen dit nie. 19 Ja, ek doen nie die goeie dinge wat ek graag wil doen nie, maar ek doen die slegte dinge wat ek nie wil doen nie.
20 En wanneer ek die slegte dinge doen wat ek nie wil doen nie, dan is dit nie ek wat die slegte dinge doen nie, dit is die sonde wat dit doen, die sonde wat in my is.
21 Ek het iets geleer wat altyd waar is: Ek wil graag die goeie dinge doen, maar die slegte dinge is altyd in my. 22 Ek dink aan die wette van God en ek is baie lief vir hulle. 23 Maar daar is ook ander wette in my, en hierdie ander wette baklei teen die wette van God. Ek weet sy wette is reg. Maar die wette wat in my is, het my gevang, hulle regeer oor my en hulle laat my slegte dinge doen met my liggaam. 24 Daarom, dit gaan baie sleg met my! Die lewe wat ek nou lewe, bring my by die dood! Wie sal my daarvan red?
25 Dit is God wat my red, en ek sê vir Hom dankie, Hy gebruik vir Jesus Christus ons Here om my te red.
Ja, ek wil graag ’n tslaaf van God wees, ek wil doen wat Hy sê. Maar ek is ’n mens, ek is ’n slaaf van die sonde, en daarom doen ek wat die sonde vir my sê.
Romans 7
An Illustration from Marriage
1 Certainly you will understand what I am about to say, my brothers and sisters, because all of you know about law. The law rules over people only as long as they live. 2 A married woman, for example, is bound by the law to her husband as long as he lives; but if he dies, then she is free from the law that bound her to him. 3 So then, if she lives with another man while her husband is alive, she will be called an adulteress; but if her husband dies, she is legally a free woman and does not commit adultery if she marries another man. 4 That is how it is with you, my sisters and brothers. As far as the Law is concerned, you also have died because you are part of the body of Christ; and now you belong to him who was raised from death in order that we might be useful in the service of God. 5 For when we lived according to our human nature, the sinful desires stirred up by the Law were at work in our bodies, and all we did ended in death.
6 Now, however, we are free from the Law, because we died to that which once held us prisoners. No longer do we serve in the old way of a written law, but in the new way of the Spirit.Law and Sin
7 Shall we say, then, that the Law itself is sinful? Of course not! But it was the Law that made me know what sin is. If the Law had not said, “Do not desire what belongs to someone else,” I would not have known such a desire.t 8 But by means of that commandment sin found its chance to stir up all kinds of selfish desires in me. Apart from law, sin is a dead thing. 9 I myself was once alive apart from law; but when the commandment came, sin sprang to life, 10 and I died. And the commandment which was meant to bring life, in my case brought death.
11 Sin found its chance, and by means of the commandment it deceived me and killed me.t
12 So then, the Law itself is holy, and the commandment is holy, right, and good.
13 But does this mean that what is good caused my death? By no means! It was sin that did it; by using what is good, sin brought death to me, in order that its true nature as sin might be revealed. And so, by means of the commandment sin is shown to be even more terribly sinful.The Conflict within Us
14 We know that the Law is spiritual; but I am unspiritual, sold as a slave to sin. 15 I do not understand what I do; for I don't do what I would like to do, but instead I do what I hate.t 16 Since what I do is what I don't want to do, this shows that I agree that the Law is right. 17 So I am not really the one who does this thing; rather it is the sin that lives in me. 18 I know that good does not live in me — that is, in my human nature. For even though the desire to do good is in me, I am not able to do it. 19 I don't do the good I want to do; instead, I do the evil that I do not want to do.
20 If I do what I don't want to do, this means that I am no longer the one who does it; instead, it is the sin that lives in me.
21 So I find that this law is at work: when I want to do what is good, what is evil is the only choice I have. 22 My inner being delights in the law of God. 23 But I see a different law at work in my body — a law that fights against the law which my mind approves of. It makes me a prisoner to the law of sin which is at work in my body. 24 What an unhappy man I am! Who will rescue me from this body that is taking me to death?
25 Thanks be to God, who does this through our Lord Jesus Christ!
This, then, is my condition: on my own I can serve God's law only with my mind, while my human nature serves the law of sin.