ROMEINE 7
Bevry van die wet en in diens van God, diensbaar aan Christus
1 Julle weet, broers — en ek praat met mense wat op hoogte is van die wet van Moses — dat die wet gesag het oor 'n mens so lank as hy lewe. 2 Die getroude vrou, byvoorbeeld, is deur die wet aan haar man gebind so lank as hy lewe. As haar man te sterwe kom, is sy onthef van die wet wat haar aan haar man gebind het. 3 Maar as sy 'n ander man se vrou word so lank as haar man lewe, sal sy as 'n egbreekster beskou word. As haar man gesterf het, is sy egter vry van die wet en is sy nie 'n egbreekster as sy 'n ander man se vrou word nie. 4 Dit is ook die geval met julle, my broers. Deur julle verbondenheid met die liggaam van Christus het julle gesterwe en staan julle nie meer onder die wet nie. Julle behoort nou aan iemand anders, aan Hom wat uit die dood opgewek is. Daarom moet ons nou 'n vrugbare lewe lei in diens van God. 5 Toe ons nog 'n sondige lewensbestaan gevoer het, was die sondige hartstogte wat deur die wet wakker gemaak is, in elke deel van ons liggame werksaam en het ons vrugte gedra in diens van die dood. 6 Maar nou is ons vrygemaak van die wet, want ons het gesterf en staan nie meer onder die wet waardeur ons gebind was nie. Nou kan ons dien in die nuwe bedeling van die Gees, nie in die ou bedeling van wetsvoorskrifte nie.
Die wet en die sonde
7 Wat is dan ons gevolgtrekking? Dat die wet van Moses sonde is? Beslis nie. Inteendeel, ek sou nie geweet het wat sonde is nie, as dit nie deur die wet was nie. Ek sou byvoorbeeld nie geweet het dat dit sonde is om te begeer nie as die wet nie gesê het: “Jy mag nie begeer nie.”t 8 Maar deur hierdie gebod het die sonde 'n vastrapplek gekry en elke soort begeerte in my aan die gang gesit, want sonder die wet is die sonde dood. 9 Voorheen, toe die wet nie daar was nie, het ek gelewe, maar toe die gebod gekom het, het die sonde begin lewe, 10 en ek het gesterwe. Dit het geblyk dat die gebod wat bedoel was om vir my die lewe te bring, vir my die dood beteken. 11 Die sonde wat deur die gebod 'n vastrapplek gekry het, het my deur die gebod mislei en my doodgemaak.
12 Die wet is dus heilig, en sy voorskrifte is heilig en reg en goed.
13 Beteken dit dat iets wat goed is, vir my die dood gebring het? Beslis nie. Inteendeel, die sonde het vir my die dood gebring. Dit het die sonde gedoen deur iets wat goed is, sodat die sonde in sy ware aard as sonde bekend sou word en dit deur die gebod sou blyk hoe skrikwekkend die sonde werklik is. 14 Ons weet tog die wet is geestelik, maar ek is aards en soos 'n slaaf aan die sonde verkoop. 15 Ek begryp self nie wat ek doen nie, want wat ek wil doen, dit doen ek nie, maar wat ek haat, juis dit doen ek. 16 Dat ek nie wil doen wat ek doen nie, beteken dat ek toegee dat die wet goed is.
17 Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon. 18 Ek weet immers dat die goeie nie in my woon nie, nie in my sondige aard nie. Daar is by my wel die wil om die goeie te doen, maar ek doen dit nie. 19 Die goeie wat ek wil doen, doen ek nie, maar die slegte wat ek nie wil doen nie, dit doen ek. 20 En as ek nou doen wat ek nie wil doen nie, dan is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon.
21 So vind ek dan hierdie wet in my: ek wil die goeie doen, maar al wat ek doen, is die slegte. 22 Diep in my wese vind ek vreugde in die wet van God, 23 maar ek vind in my doen en late 'n ander wet, wat stryd voer teen die wet van my gees. Dit maak my 'n gevangene van die wet van die sonde wat in my doen en late aan die werk is.
24 Ek, ellendige mens! Wie sal my van hierdie doodsbestaan verlos? 25 Aan God die dank! Hy doen dit deur Jesus Christus ons Here. So is dit dus met my gesteld: met my gees dien ek die wet van God, maar in my doen en late die wet van die sonde.
Romans 7
1 KNOW you not, brethren, (for I speak to them that know the law,) that the law hath dominion over a man, as long as it liveth?2 For the woman that hath an husband, whilst her husband liveth is bound to the law. But if her husband be dead, she is loosed from the law of her husband.3 Therefore, whilst her husband liveth, she shall be called an adulteress, if she be with another man: but if her husband be dead, she is delivered from the law of her husband; so that she is not an adulteress, if she be with another man.4 Therefore, my brethren, you also are become dead to the law, by the body of Christ; that you may belong to another, who is risen again from the dead, that we may bring forth fruit to God.5 For when we were in the flesh, the passions of sins, which were by the law, did work in our members, to bring forth fruit unto death.6 But now we are loosed from the law of death, wherein we were detained; so that we should serve in newness of spirit, and not in the oldness of the letter.7 What shall we say, then? Is the law sin? God forbid. But I do not know sin, but by the law; for I had not known concupiscence, if the law did not say: Thou shalt not covet.8 But sin taking occasion by the commandment, wrought in me all manner of concupiscence. For without the law sin was dead.9 And I lived some time without the law. But when the commandment came, sin revived,10 And I died. And the commandment that was ordained to life, the same was found to be unto death to me.11 For sin, taking occasion by the commandment, seduced me, and by it killed me.12 Wherefore the law indeed is holy, and the commandment holy, and just, and good.13 Was that then which is good, made death unto me? God forbid. But sin, that it may appear sin, by that which is good, wrought death in me; that sin, by the commandment, might become sinful above measure.14 For we know that the law is spiritual; but I am carnal, sold under sin.15 For that which I work, I understand not. For I do not that good which I will; but the evil which I hate, that I do.16 If then I do that which I will not, I consent to the law, that it is good.17 Now then it is no more I that do it, but sin that dwelleth in me.18 For I know that there dwelleth not in me, that is to say, in my flesh, that which is good. For to will, is present with me; but to accomplish that which is good, I find not.19 For the good which I will, I do not; but the evil which I will not, that I do.20 Now if I do that which I will not, it is no more I that do it, but sin that dwelleth in me.21 I find then a law, that when I have a will to do good, evil is present with me.22 For I am delighted with the law of God, according to the inward man:23 But I see another law in my members, fighting against the law of my mind, and captivating me in the law of sin, that is in my members.24 Unhappy man that I am, who shall deliver me from the body of this death?25 The grace of God, by Jesus Christ our Lord. Therefore, I myself, with the mind serve the law of God; but with the flesh, the law of sin.