previous next

Romeine 7

1 Julle weet mos hoe die wet werk. Dit geld net solank jy leef, of hoe? Kom ek verduidelik dit met die beeld van 'n huwelik.2 'n Getroude vrou is wettig aan haar man verbind solank hy leef. Maar as haar man dood is, is sy vry om weer te trou.3 As sy egter by 'n ander man gaan bly terwyl haar man nog leef, pleeg sy egbreuk. Maar as haar man dood is, staan dit haar vry om weer te trou. Dan tree sy glad nie verkeerd op nie.
4-5 My broers en susters in die Here, dieselfde geld ook vir die wet. Julle is soos mense wat nou dood is vir die wet. Daarom hoef julle nie meer die wet te hou om by God uit te kom nie. Toe Christus aan die kruis dood is, het julle mos saam met Hom doodgegaan. Julle behoort nou aan Hom wat uit die dood opgestaan het.
6 Ons is nie meer met die wet "getroud" nie, maar met Christus. Ons kan nou regtig tot eer van God leef. Voordat ons gelowiges was, het ons al die sondes gedoen waarteen die wet ons waarsku. In plaas daarvan dat die wet die mag van die sonde in ons lewens onder beheer gebring het, het dit ons aangevuur om die vieslikste dinge aan te vang. Ons was in die voorportaal van die doderyk omdat ons daardie dinge gedoen het wat die wet verbied. Maar nou is die doodsgreep van die wet op ons lewens vir altyd gebreek. Nou hoef ons ons nie meer aan allerhande reëls op papier te hou om by God uit te kom nie. Ons het nou deel aan die nuwe lewe wat die Gees bring.
7  "Is dit dan 'n sonde om die wet te hou?" hoor ek een van julle vra. Nee, glad nie. Die wet sê juis vir ons wat sonde is. Ek sou mos nie geweet het dat ek nie mag begeer nie as die wet nie gesê het nie: "Jy mag nie begeer nie."8 Tog help hierdie kennis nie veel nie, want die wet maak dat die sonde 'n vastrapplek in my lewe kry. In plaas daarvan dat die wet my keer om te sondig, maak dit my net bewus van my slegte begeertes - en laat my ook alles begeer wat deur die wet verbied word. As die wet nie daar was nie, sou sonde glad nie 'n probleem gewees het nie.
9 Voordat daar 'n wet was, het ek nie mooi geweet wat reg en wat verkeerd is nie.10 Maar vandat God se wet op skrif gestel is, is daar geen verskoning meer nie. Toe het sondes skielik name gekry. Nou weet ek baie goed wat sonde is. Die wet het my egter nie by die ware lewe uitgebring nie.11 Inteendeel, dit het my net nog dieper in die doderyk ingesleep, want die sonde het sy aaklige kloue ook in die wet ingeslaan. Daarom kon die wet nie keer dat ek sonde doen nie. Dit het my eintlik 'n rat voor die oë gedraai. Want kort voor lank was ek in die doderyk, met die wet en al.
12 Natuurlik is die wet heilig. Dit kom immers van God af. En natuurlik is alles wat in die wet geskryf staan ook heilig en goed. Dit sê vir ons wat God van ons vra.
13 Hoe is dit dan moontlik dat iets wat so goed is vir my die dood bring? Is dit die wet se skuld dat ek in die mag van die dood is? Natuurlik nie. Dit is die sonde se skuld. Sonde het ook die goeie wet in sy slegte kloue beetgekry. Daarom sit ek nou in hierdie gemors. Die wet maak net van my 'n nog groter sondaar omdat ek dit nie kan gehoorsaam nie. Die wet sê vir my wat sonde is, maar keer my glad nie om dit te doen nie. Hoe tragies dat juis die wet moet wys hoe groot die mag van die sonde regtig is.
14 Die wet kom van God af. Maar ek wat dit moet probeer gehoorsaam, is 'n sondaar. Ek is soos 'n slaaf aan die verskriklike mag van die sonde uitverkoop.15 Ek kan nie verklaar hoekom ek sonde doen nie. Want ek wil dit nie doen nie. Tog doen ek dinge wat ek met my hele wese haat. Juis om hierdie rede is die wet nodig en goed.16 Dit wys immers vir my dat die lelike dinge wat ek doen, verkeerd is. Dis teen God se wil.
17 Ek is nie meer in beheer van my eie lewe nie. Sonde speel oor my lewe baas.18 Ek weet alte goed dat ek 'n sondaar is. Nêrens in my liggaam skuil daar 'n enkele stukkie goed nie. Want ek wil bitter graag doen wat reg is. Maar ek kry dit eenvoudig nie reg nie.19 Die goeie dinge wat ek wil doen, doen ek nie. Maar die lelike dinge wat ek nie wil doen nie, doen ek.20 Iets groots is in my lewe verkeerd. Dis nie meer ek wat in beheer van my eie lewe staan nie. Sonde is my baas.
21 My lewe is nou so voorspelbaar soos kan kom. Elke keer as ek besluit om goed te doen, pootjie die sonde my.22 In my binneste is ek regtig bly dat ek God se wet ken. Maar wanneer ek die wet moet doen, wil die res van my liggaam nie saamwerk nie.23 In my doen en late geld daar dus 'n ander wet as in my binneste: die sonde. Ek is vasgevang in 'n geweldige tweestryd: aan die een kant wil ek die wet gehoorsaam met alles wat binne-in my is, maar aan die ander kant is my liggaam 'n gevangene van die sonde.
24 Wat 'n patetiese mens is ek nie! Ek leef in die doderyk. Wie kan my uit hierdie gemors verlos waarin my liggaam vasgevang is?
25 Goddank! Daar is wel Iemand wat my uit hierdie doodsbestaan kan bevry. Sy Naam is Jesus Christus! Hy is ons Here.
In my binneste is ek gehoorsaam aan God. Maar wat die res van my liggaam doen, is iets heeltemal anders. Daar heers die sonde. Daarom het ek Christus broodnodig!

Romans 7

The Believer’s Relationship to the Law

1 Or do you not know, brothers and sisterst (for I am speaking to those who know the law), that the law is lord over a persons as long as he lives?2 For a married woman is bound by law to her husband as long as he lives, but if hert husband dies, she is released from the law of the marriage.ts3 So then,t if she is joined to another man while her husband is alive, she will be called an adulteress. But if hert husband dies, she is free from that law, and if she is joined to another man, she is not an adulteress.4 So, my brothers and sisters,t you also died to the law through the body of Christ, so that you could be joined to another, to the one who was raised from the dead, to bear fruit to God.t5 For when we were in the flesh,t the sinful desires,t aroused by the law, were active in the members of our bodyt to bear fruit for death.

6 But now we have been released from the law, because we have diedt to what controlled us, so that we may serve in the new life of the Spirit and not under the old written code.t
7 What shall we say then? Is the law sin? Absolutely not! Certainly, Is would not have known sin except through the law. For indeed I would not have known what it means to desire something belonging to someone elset if the law had not said, “Do not covet.”s8 But sin, seizing the opportunity through the commandment, produced in me all kinds of wrong desires.t For apart from the law, sin is dead.9 And I was once alive apart from the law, but with the coming of the commandment sin became alive10 and I died. Sot I found that the very commandment that was intended to bring life brought death!t11 For sin, seizing the opportunity through the commandment, deceived me and through it I died.t

12 So then, the law is holy, and the commandment is holy, righteous, and good.
13 Did that which is good, then, become death to me? Absolutely not! But sin, so that it would be shown to be sin, produced death in me through what is good, so that through the commandment sin would become utterly sinful.14 For we know that the law is spiritual – but I am unspiritual, sold into slavery to sin.t15 For I don’t understand what I am doing. For I do not do what I want – instead, I do what I hate.t16 But if I do what I don’t want, I agree that the law is good.t17 But now it is no longer me doing it, but sin that lives in me.18 For I know that nothing good lives in me, that is, in my flesh. For I want to do the good, but I cannot do it.t19 For I do not do the good I want, but I do the very evil I do not want!

20 Now if I do what I do not want, it is no longer me doing it but sin that lives in me.
21 So, I find the law that when I want to do good, evil is present with me.22 For I delight in the law of God in my inner being.23 But I see a different law in my members waging war against the law of my mind and making me captive to the law of sin that is in my members.24 Wretched man that I am! Who will rescue me from this body of death?

25 Thanks bes to God through Jesus Christ our Lord! So then,t I myself serve the law of God with my mind, butt with my flesh I servet the law of sin.

About the Die Boodskap (DB)

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.