previous next

ROMEINE 7

Bevry van die wet behoort ons aan Christus

1 En nou, broers en susters - ek praat immers met mense wat die wet ken - julle weet tog dat die wet net van toepassing is op mense solank hulle lewe.2 Byvoorbeeld: As 'n vrou met 'n man trou, bind die wet haar aan haar eggenoot vir so lank as wat hy lewe. Maar as hy te sterwe kom, is die huwelikswet nie meer op haar van toepassing nie.

3 As sy dus, terwyl haar man nog lewe, met 'n ander man trou, pleeg sy egbreuk. Maar as haar man te sterwe kom, is sy vrygestel van die huwelikswet en pleeg sy nie egbreuk as sy hertrou nie.

4 My punt, my broers en susters, is die volgende: Julle staan ook nie langer onder die mag van die wet nie. Die wet het tog beheer oor julle verloor toe julle saam met Christus gesterf het. En nou behoort julle aan Iemand anders, aan Hom wat uit die dood opgewek is sodat julle goeie vrug vir God kan voortbring.
5 Toe ons nog in die mag van ons sondige natuur was, was die sondige drifte wat deur die wet aangewakker is, oral in ons liggame werksaam en die resultaat daarvan was die dood.

6 Maar nou is ons vrygestel van die binding van die wet omdat ons saam met Christus gesterf het. Daarom kan ons God nou dien met die nuutheid wat die Gees bring, nie op die ou manier van gehoorsaamheid aan die letter van die wet nie.

Die wet maak ons van sonde bewus

7 Suggereer ek daarmee dat die wet van Moses sondig is? Hoegenaamd nie! Inteendeel, dit was juis die wet wat my van sonde bewus gemaak het. Ek sou byvoorbeeld nooit besef het wat sondige begeerte is as die wet nie gesê het: "Jy mag nie begeer nie."

8 Sonde is deur hierdie gebod gestimuleer en het allerlei sondige begeertes in my aan die gang gesit. Sonder die wet sou die sonde nie daardie vermoë gehad het nie.
9 Ek het destyds heel goed gevoel toe ek nog nie verstaan het wat die wet van my verwag nie. Maar toe die betekenis van die gebod tot my deurdring, het die sonde vir my 'n lewende werklikheid geword,10 en ek self het die doodsvonnis ontvang. Dit het geblyk dat juis die gebod wat veronderstel was om vir my die lewe te bring, vir my die dood beteken.11 Want die sonde wat deur die gebod aangewakker is, het my verlei en so my doodsvonnis meegebring.

12 Nietemin, die wet op sigself is heilig en sy inhoud is heilig en reg en goed.

13 Hoe is dit dan nou moontlik? Het dit wat goed is, naamlik die wet van Moses, dan vir my die dood gebring? Glad nie! Dis die sónde wat dit gedoen het, met die gevolg dat sy ware aard duidelik geword het. Sonde het dit wat goed is, misbruik om my dood te bewerk. So het die gebod nog soveel duideliker gemaak hoe verskriklik die sonde werklik is.

Worsteling met die sonde

14 Die wet is dus goed. Dit het 'n diep geestelike karakter. Die probleem lê nie by die wet nie, maar by myself omdat ek aan my sondige natuur gebind is. Ek is 'n slaaf wat aan die sonde verkoop is.15 Ek verstaan my eie doen en late glad nie. Wat ek graag wil doen, laat ek na, maar wat ek verafsku, juis dit doen ek.16 As ek doen wat ek nie wil doen nie en my gewete kla my daaroor aan, erken ek self dat die wet goed is.

17 Maar nou is dit nie meer ek wat die verkeerde doen nie, maar eerder die sonde wat in my woon.
18 Ek weet dat ek - ten minste wat my ou, sondige natuur betref - nie oor die vermoë beskik om die goeie te doen nie. Want die begeerte tot die goeie is daar, maar ek kry dit nie uitgevoer nie.19 Ek versuim die goeie wat ek so graag wil doen, maar die slegte wat ek nie wil nie, dít doen ek.

20 As ek dan doen wat ek nie wil nie, is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar eerder die sonde wat in my woon.
21 Ek ervaar dus die volgende lewenswet: As ek die goeie wil doen, is die kwaad byderhand.22 Ek verheug my immers in my diepste wese in die wet van God.23 Tog vind ek 'n ander wet in my binneste wat oorlog maak teen die wet van my gees en my 'n gevangene maak van die wet van die sonde wat nog in my is.24 Arme ek! Wie sal my uit hierdie doodstoestand red?25 Die antwoord hierop is: Jesus Christus ons Here, en daarvoor dank ek God!
Die saak staan dus so: Met my gees wil ek die wet van God gehoorsaam, maar as gevolg van my sondige natuur gehoorsaam ek die wet van die sonde.

ROMANS 7

An Example from Marriage

1 My friends, you surely understand enough about law to know that laws only have power over people who are alive. 2 For example, the Law says that a man's wife must remain his wife as long as he lives. But once her husband is dead, she is free

3 to marry someone else. However, if she goes off with another man while her husband is still alive, she is said to be unfaithful.
4 That is how it is with you, my friends. You are now part of the body of Christ and are dead to the power of the Law. You are free to belong to Christ, who was raised to life so we could serve God. 5 When we thought only of ourselves, the Law made us have sinful desires. It made every part of our bodies into slaves who are doomed to die.

6 But the Law no longer rules over us. We are like dead people, and it cannot have any power over us. Now we can serve God in a new way by obeying his Spirit, and not in the old way by obeying the written Law.

The Battle with Sin


7  t Does this mean that the Law is sinful? Certainly not! But if it had not been for the Law, I would not have known what sin is really like. For example, I would not have known what it means to want something that belongs to someone else, unless the Law had told me not to do this.

8 It was sin that used this command as a way of making me have all kinds of desires. But without the Law, sin is dead.
9 Before I knew about the Law, I was alive. But as soon as I heard that command, sin came to life, 10 and I died. The very command that was supposed to bring life to me, instead brought death. 11 t Sin used this command to trick me, and because of it I died.

12 Still, the Law and its commands are holy and correct and good.
13 Am I saying something good caused my death? Certainly not! It was sin that killed me by using something good. Now we can see how terrible and evil sin really is. 14 We know that the Law is spiritual. But I am merely a human, and I have been sold as a slave to sin. 15 t In fact, I don't understand why I act the way I do. I don't do what I know is right. I do the things I hate. 16 Although I don't do what I know is right, I agree that the Law is good.

17 So I am not the one doing these evil things. The sin that lives in me is what does them.
18 I know that my selfish desires won't let me do anything that is good. Even when I want to do right, I cannot. 19 Instead of doing what I know is right, I do wrong.

20 And so, if I don't do what I know is right, I am no longer the one doing these evil things. The sin that lives in me is what does them.
21 The Law has shown me that something in me keeps me from doing what I know is right. 22 With my whole heart I agree with the Law of God. 23 But in every part of me I discover something fighting against my mind, and it makes me a prisoner of sin that controls everything I do. 24 What a miserable person I am. Who will rescue me from this body that is doomed to die?

25 Thank God! Jesus Christ will rescue me.
So with my mind I serve the Law of God, although my selfish desires make me serve the law of sin.