previous next

Romeine 8

Die Heilige Gees help gelowiges om te doen wat God wil hê

1 As mense aan Christus Jesus behoort, dan straf God hulle nie. 2 Mense wil altyd graag sonde doen, en sonde laat mense altyd sterf. Maar die Heilige Gees het jou vrygemaak en Hy help jou om altyd te doen wat God wil hê. Ja, die Heilige Gees laat jou waarlik lewe, jy wat aan Christus Jesus behoort. 3 God self het gedoen wat sy wette nie kon doen nie, Hy het ons gered. Die wette kon dit nie doen nie omdat mense swak is. God het sy eie Seun gestuur en God het Hom ’n mens laat word, ’n mens soos die mense wat sonde doen, en God het vir Hóm gestraf. So het God die sonde gestraf wat oor die mense regeer het. 4 Nou kan ons regtig doen wat die wette sê, want ons doen nie die slegte dinge wat mense graag doen nie, ons doen wat die Heilige Gees sê ons moet doen. 5 Die mense wat die dinge doen wat hulle wil doen, dink altyd oor wat húlle wil doen, en wat hulle wil doen, is slegte dinge. Maar die mense wat na die Heilige Gees luister, dink altyd aan die dinge wat die Heilige Gees wil hê hulle moet doen. 6 Daar is mense wat altyd dink oor die dinge wat húlle graag wil doen, slegte dinge. God sal hulle vir altyd laat sterf. Maar daar is mense wat altyd dink aan die dinge wat die Heilige Gees wil hê hulle moet doen. God sal hulle vir altyd laat lewe en Hy sal vir hulle vrede gee. 7 Mense wat altyd dink aan die dinge wat húlle graag wil doen, is God se vyande. Hulle luister nie na God se wette nie, hulle kan nie.

8 Die mense wat altyd doen wat húlle graag wil doen, kan nie doen wat God wil hê nie.
9 Maar julle doen nie wat julle self wil doen nie, want die Heilige Gees is in julle harte en julle luister na die Heilige Gees, die Gees van God. Mense wat nie die Heilige Gees, die Gees van Christus, in hulle harte het nie, behoort nie aan Christus nie. 10 Julle liggame sal sterf omdat die sonde in die wêreld gekom het. Maar nou is Christus in julle, God het julle tvrygespreek en die Heilige Gees laat julle waarlik lewe.

11 Jesus het gesterf, maar God het Hom weer laat lewe, en God se Gees woon nou in julle harte. Daarom, Christus het gesterf, maar God het Hom weer laat lewe en God sal eendag ook vir julle weer laat lewe, julle wie se liggame nog sal sterf, maar wat God se Gees in julle harte het.
12 Vriende, ons moet reg lewe. Ons moenie die dinge doen wat mense self graag doen nie, dit is slegte dinge. 13 As julle lewe soos julle self graag wil lewe, dan sal God julle vir altyd laat sterf. Maar as julle na die Heilige Gees luister en julle doen nie wat julle liggame wil hê nie, dan sal God julle vir altyd laat lewe. 14 Want as die Heilige Gees mense se lewens regeer, dan is hulle kinders van God. 15 God het vir julle die Heilige Gees gegee. Daarom is julle nie soos tslawe nie, julle moenie bang wees vir God nie. Nee, God het julle aangeneem, julle is nou sy kinders, en die Heilige Gees help ons om vir God te sê “Vader.” 16 Ja, die Heilige Gees help ons om baie seker te weet dat ons God se kinders is.

17 Ons is God se kinders, en daarom sal God ook vir ons gee wat Hy vir ons belowe het. Ja, ons sal saam met Christus alles kry wat God gee. Maar dan moet ons saam met Christus swaarkry, sodat ons soos Christus kan wees, Christus wat Koning is.

God sal vir gelowiges iets gee wat baie wonderlik is


18 Ons kry nou baie swaar, maar ek weet God sal eendag vir ons iets gee wat baie beter is. Hy sal vir ons iets gee wat baie wonderlik is, en ons sal dit sien. 19 Want God het alles gemaak, en alles wag en hoop dat die dag sal kom wanneer God vir almal sal wys wie sy kinders is. 20 God het alles gemaak, maar alles wat Hy gemaak het, is nou swak en sleg. Dit het nie self so geword nie, God het gesê dit moet so word. Maar alles wag 21 om weer vry te word van alles wat dit swak en sleg laat word het. God sal alles verander wat Hy gemaak het, en dit sal so vry en belangrik wees soos die kinders van God. 22 God het alles gemaak, en ons weet dat alles wat Hy gemaak het, nou swaarkry en sug soos ’n vrou wanneer sy ’n kind kry. 23 Maar dit is nie net dit wat gebeur nie, ons self sug ook, ons wat die Heilige Gees het wat God vir ons gegee het sodat ons kan weet dat God vir ons alles sal gee wat Hy belowe het. Ja, ons wag en hoop dat God ons sal aanneem om sy kinders te wees, ons hoop dat Hy ons heeltemal vry sal maak. 24 God het ons gered, daarom hoop ons dat iets met ons sal gebeur. Dit het nog nie gebeur nie. Wanneer iets met mense gebeur het, dan hoop hulle nie dat dit sal gebeur nie, want dit het klaar gebeur.

25 Maar ons hoop dat daar iets met ons sal gebeur, iets wat nog nie gebeur het nie. Daarom hoop ons en hou ons aan om daarvoor te wag.
26 Die Heilige Gees help ons ook wanneer ons bid. Ons kan nie bid soos God wil hê ons moet bid nie, want ons is swak, maar wanneer die Gees by God kla en sug, dan sê Hy vir God dinge wat mense nie self kan sê nie.

27 God weet alles wat mense dink en Hy weet ook wat die Heilige Gees dink. God weet die Gees doen wat God wil hê, en die Gees sê vir God wat die mense bid, die mense wat aan God behoort.

God is baie lief vir die gelowiges


28 Ons weet dat wanneer mense lief is vir God, dan is alles wat met hulle gebeur, goed vir hulle. God laat dit so gebeur, want Hy het lank gelede besluit om hulle te kies om aan Hom te behoort. 29 God het besluit dat hulle aan Hom moet behoort, Hy het dit gedoen voordat Hy iets gemaak het. Hy het besluit hulle sal wees soos sy Seun, want God wou hê dat Christus sy belangrikste Kind moet wees, die Oudste Broer van God se baie kinders.

30 Ja, God het besluit hulle moet sy kinders wees. God het ook vir hulle gesê hulle behoort aan Hom, Hy het hulle ook tvrygespreek, Hy het hulle ook baie belangrik gemaak.
31 Ons weet dit nou alles. Ons weet dat God by ons is, daarom is ons vir niemand bang nie. 32 God het nie gekeer toe sy eie Seun swaargekry het nie, God het sy Seun gegee en Hy het sy Seun laat sterf om ons almal te red. Daarom weet ons dat God baie goed is vir ons en dat Hy nog baie ander goeie dinge vir ons sal gee. 33 God het ons gekies om aan Hom te behoort. Nou kan niemand sê dat ons tskuldig is nie, want God het ons vrygespreek. 34 Niemand kan sê God moet ons straf nie, want Christus het gesterf, maar God het Hom weer laat lewe, en nou sit Hy op die belangrikste plek langs God in die hemel en Hy vra vir God om ons sonde te vergewe. 35 Kan iemand keer dat Christus lief is vir ons? Nee, nooit nie! Niemand kan dit keer nie, nie wanneer ons swaarkry nie, nie wanneer ons bang is nie, nie wanneer mense ons verdruk nie, nie wanneer ons honger is nie, nie wanneer ons niks klere het nie, nie wanneer ons vyande het nie, nie wanneer mense ons wil doodmaak nie.

36 Dit is soos daar in die Ou Testament geskryf is:
tMense hou aan om ons
dood te maak
omdat ons aan U behoort.
Hulle maak of ons slagskape is.
37 God is lief vir ons, daarom wen ons altyd wanneer al hierdie slegte dinge met ons gebeur. 38-39 Ek weet één ding: God is lief vir ons. Christus Jesus, ons Here, het dit vir ons gewys. Daar is niks wat God se liefde kan wegvat van ons nie, nie die dood nie, niks wat lewe nie, nie tengele nie, niemand en niks wat oor die wêreld wil regeer nie, niks wat nou daar is nie, niks wat later daar sal wees nie, niks wat sterker as mense is nie, niks bokant die aarde en niks onder die aarde nie, niks en niemand nie!

Romans 8

Life in the Spirit

1 There is no condemnation now for those who live in union with Christ Jesus. 2 For the law of the Spirit, which brings us life in union with Christ Jesus, has set met free from the law of sin and death. 3 What the Law could not do, because human nature was weak, God did. He condemned sin in human nature by sending his own Son, who came with a nature like sinful human nature, to do away with sin. 4 God did this so that the righteous demands of the Law might be fully satisfied in us who live according to the Spirit, and not according to human nature. 5 Those who live as their human nature tells them to, have their minds controlled by what human nature wants. Those who live as the Spirit tells them to, have their minds controlled by what the Spirit wants. 6 To be controlled by human nature results in death; to be controlled by the Spirit results in life and peace. 7 And so people become enemies of God when they are controlled by their human nature; for they do not obey God's law, and in fact they cannot obey it.

8 Those who obey their human nature cannot please God.
9 But you do not live as your human nature tells you to; instead, you live as the Spirit tells you to — if, in fact, God's Spirit lives in you. Whoever does not have the Spirit of Christ does not belong to him. 10 But if Christ lives in you, the Spirit is life for yout because you have been put right with God, even though your bodies are going to die because of sin.

11 If the Spirit of God, who raised Jesus from death, lives in you, then he who raised Christ from death will also give life to your mortal bodies by the presence of his Spirit in you.t
12 So then, my brothers and sisters, we have an obligation, but it is not to live as our human nature wants us to. 13 For if you live according to your human nature, you are going to die; but if by the Spirit you put to death your sinful actions, you will live. 14 Those who are led by God's Spirit are God's children. 15 For the Spirit that God has given you does not make you slaves and cause you to be afraid; instead, the Spirit makes you God's children, and by the Spirit's power we cry out to God, “Father! my Father!”tt 16 God's Spirit joins himself to our spirits to declare that we are God's children.

17 Since we are his children, we will possess the blessings he keeps for his people, and we will also possess with Christ what God has kept for him; for if we share Christ's suffering, we will also share his glory.

The Future Glory


18 I consider that what we suffer at this present time cannot be compared at all with the glory that is going to be revealed to us. 19 All of creation waits with eager longing for God to reveal his children. 20 For creation was condemned to lose its purpose, not of its own will, but because God willed it to be so. Yet there was the hopet 21 that creation itself would one day be set free from its slavery to decay and would share the glorious freedom of the children of God. 22 For we know that up to the present time all of creation groans with pain, like the pain of childbirth. 23 But it is not just creation alone which groans; we who have the Spirit as the first of God's gifts also groan within ourselves, as we wait for God to make us his children andt set our whole being free.t 24 For it was by hope that we were saved; but if we see what we hope for, then it is not really hope. For which of us hopes for something we see?

25 But if we hope for what we do not see, we wait for it with patience.
26 In the same way the Spirit also comes to help us, weak as we are. For we do not know how we ought to pray; the Spirit himself pleads with God for us in groans that words cannot express.

27 And God, who sees into our hearts, knows what the thought of the Spirit is; because the Spirit pleads with God on behalf of his people and in accordance with his will.
28 We know that in all things God works for good with those who love him,t those whom he has called according to his purpose. 29 Those whom God had already chosen he also set apart to become like his Son, so that the Son would be the eldest brother in a large family.

30 And so those whom God set apart, he called; and those he called, he put right with himself, and he shared his glory with them.

God's Love in Christ Jesus


31 In view of all this, what can we say? If God is for us, who can be against us? 32 Certainly not God, who did not even keep back his own Son, but offered him for us all! He gave us his Son — will he not also freely give us all things? 33 Who will accuse God's chosen people? God himself declares them not guilty! 34 Who, then, will condemn them? Not Christ Jesus, who died, or rather, who was raised to life and is at the right-hand side of God, pleading with him for us! 35 Who, then, can separate us from the love of Christ? Can trouble do it, or hardship or persecution or hunger or poverty or danger or death?

36 As the scripture says,t
“For your sake we are in danger of death at all times;
we are treated like sheep that are going to be slaughtered.”
37 No, in all these things we have complete victory through him who loved us! 38 For I am certain that nothing can separate us from his love: neither death nor life, neither angels nor other heavenly rulers or powers, neither the present nor the future, 39 neither the world above nor the world below — there is nothing in all creation that will ever be able to separate us from the love of God which is ours through Christ Jesus our Lord.