Romeine 8
1 Goeie nuus! God se oordeel is vir altyd verby vir elkeen wat aan Christus Jesus behoort.2 Dit alles is aan die Heilige Gees te danke. Sy nuwe wet waarborg nou splinternuwe lewe in Christus Jesus vir my. Die Gees maak my vry van die neerdrukkende wet van die sonde en die dood. Hy breek daardie magte se houvas op my lewe vir altyd.
3 Wat die wet nooit kon regkry nie, het God reggekry. Hy het geweet dat die wet nie in staat is om ons te verlos nie. Daarvoor is die mag van die sonde in ons lewens heeltemal te groot. Daarom het God besluit om sy eie Seun na ons toe te stuur. Jesus het toe 'n gewone mens geword en tussen ons in hierdie sondaarsnes kom bly. Toe Christus aan die kruis gesterf het, het God persoonlik met die sonde afgereken.4 Nou kan ons uiteindelik doen wat die wet van ons vra. Ons lewens word nie langer deur die sonde oorheers nie. Nee, die Heilige Gees staan nou aan die stuur van ons lewens.
5 Mense wat toelaat dat die sonde oor hulle lewens baasspeel, se koppe is heeltyd besig met sonde. Maar mense wat toelaat dat die Gees hulle lewens beheer, se koppe is heeltyd besig met dinge wat vir die Gees belangrik is.6 Mense wie se denke en dade in die greep van die sonde vasgevang is, leef in die dood. Maar mense wie se denke en dade in die greep van die Heilige Gees vasgevang is, ken ware lewe en vrede.7 Mense wat heeltyd op die sonde ingestel is, is vyande van God. Hulle steur hulle nie aan wat Hy in die wet sê nie. Trouens, hulle verroer nie eens 'n vinger om dit te probeer gehoorsaam nie.8 Omdat die sonde oor hulle heers, kan hulle glad nie doen wat God vra nie.
9 Julle is egter nie meer in die greep van die sonde nie. Nee, julle lewens staan nou onder die beheer van die Gees wat in julle bly. As die Gees van Christus nie in iemand se lewe aanwesig is nie, behoort hy glad nie aan Hom nie - so eenvoudig is dit.
10 Christus is ook nou by julle. Daarom sal die Heilige Gees sorg dat julle vir altyd lewe. Selfs al moet julle liggame doodgaan - dit is immers die prys wat ons almal vir die sonde moet betaal - sal die Gees julle op 'n splinternuwe manier laat leef. Hy sal dit doen omdat julle deur God vrygespreek is.
11 Julle weet baie goed dat God Jesus uit die dood laat opstaan het. Daarom is dit vanselfsprekend dat Hy wat nou deur sy Gees in julle bly, eendag ook elkeen van julle se sterflike liggaam met die hulp van sy Gees lewend sal maak.
12 My broers en susters, omdat die Heilige Gees in ons bly, mag ons nie langer in die sonde rondlê nie. Ons is dit aan Hom verskuldig.13 As julle kies om aan te hou sondig, moet julle weet dat julle sonder God sal sterf. Maar as julle toelaat dat die Heilige Gees met julle sondige dade afreken, sal julle vir altyd saam met God lewe.
14 Almal wat hulle deur die Heilige Gees laat lei, is kinders van God. As julle hierdie keuse maak, is julle nie langer slawe van dinge soos angs en vrees nie.15 Onthou: God het sy Heilige Gees gegee aan julle wat in Hom glo. Dit is Hy wat julle kinders van God gemaak het. Verder is dit ook Hy wat nou 'n diep verlange na God in julle binneste wakker maak. Die Gees roep voortdurend in julle binneste uit: "Vader, liefdevolle Vader!" Hy sorg dat daar 'n onbreekbare band tussen God en julle is.
16 Die Gees oortuig ons diep in ons binneste dat ons regtig God se kinders is.17 Omdat ons sy kinders is, is ons ook sy erfgename. Ons erf saam met Christus alles wat God beloof het. Terwyl ons op ons erfporsie wag, kry ons baie swaar hier op aarde. Ons ervaar dieselfde tipe swaarkry as wat Christus beleef het toe Hy nog op aarde was. Maar ons weet dat as ons nou saam met Hom ly, ons ook saam met Hom in sy heerlikheid in God se nuwe wêreld sal bly.
18 Ek is van een saak oortuig: al ons swaarkry weeg glad nie op teen die wonderlike lewe wat op ons wag in God se nuwe wêreld nie.19 Die res van God se skepping sien ook baie uit na daardie groot dag wanneer Hy voor almal sal sê dat ons sy kinders is.20 Want tot nou toe kry die skepping baie swaar. Die skepping het nie self gekies om so te ly nie. Nee, dit is die gevolg van God se straf op die sonde. Tog is daar hoop.21 Die skepping weet dat God dit ook eendag sal bevry van hierdie verskriklike lyding. Op daardie dag wanneer God al sy kinders eens en vir altyd kom verlos, sal die skepping ook vrygemaak word. Dan sal die skepping God se heerlikheid op die regte manier weerkaats. Vir altyd.
22 Intussen steun en kreun die ganse skepping tot vandag toe soos 'n vrou wat op die punt staan om geboorte te gee.23 Maar dit is nie net die skepping wat swaarkry nie. Ons kry ook swaar. Al het ons die Heilige Gees as 'n offer uit God se hand ontvang om ons te verseker dat God se nuwe wêreld op ons wag, sug en kla ons ook. Ons sien uit daarna dat God ons van hierdie sterflike bestaan sal kom verlos. Dit sal gebeur op daardie dag wanneer Hy terugkom en voor almal kom sê dat ons aan Hom behoort.
24 Omdat ons klaar deur God gered is, wéét ons dat ons 'n plek sal hê in sy nuwe wêreld. As ons nou al hierdie nuwe wêreld kon sien, sou ons mos nie heeltyd daarop gewag het nie. 'n Mens sien tog nie uit na iets wat jy reeds het nie, of hoe?25 Maar nou weet ons dat 'n nuwe lewe by God op ons wag, ook al kan ons dit nog nie sien nie. Daarom wag ons geduldig totdat dit aanbreek.
26 Intussen het God sy Gees aan ons gegee om ons in ons swakhede te help. Ons grootste swakheid is dat ons nie aldag weet wat ons moet bid nie.27 Maar in sulke tye bid die Gees self vir ons. Hy vertaal al ons swaarkry in hemelse taal. Hy gaan sug en kla namens ons daar by God. En omdat God die Heilige Gees deur en deur ken, weet Hy presies hoekom sy Gees so ernstig vir ons bid. En God weet ook dat die Gees altyd volgens sy wil vir al die gelowiges bid.
28 Ons kan nou van een saak seker wees: God gebruik elke ding wat in ons lewens gebeur om sy doel te bereik. Vir ons wat vir God liefhet, werk alles tot ons beswil uit.29 Dit geld natuurlik vir almal wat Hy volgens sy ewige plan gekies het om in Hom te glo. God het elkeen wat Hy vir Hom uitgesoek het se lewe nuutgemaak. Nou kan hulle die beeld van sy Seun weerkaats. Wanneer hulle in Christus se voetspore stap en soos Hy leef, wys dit dat hulle aan God se nuwe familie behoort. En Christus is natuurlik die heel belangrikste Persoon in hierdie nuwe familie.
30 Toe God besluit het wie almal aan sy familie sal behoort, het Hy hulle persoonlik op hulle naam geroep. So het hulle sy kinders geword. Verder het Hy almal wat Hy geroep het, ook vrygespreek van hulle sondes. Toe het God almal wat Hy vrygespreek het, met sy heerlikheid en goedheid oorlaai.
31 Wat is ons gevolgtrekking oor alles wat ons tot nou toe gesê het? Dít: God is aan ons kant. Wie sou dit dan nog waag om teen ons te wees?32 God gee so baie vir ons om dat Hy nie eens sy eie Seun se lewe gespaar het nie. God het Hom in ons plek laat doodgaan. As Hy bereid was om so ver vir ons te gaan, sal Hy mos enigiets vir ons doen.
33 Wie kan dit nou nog waag om 'n aanklag teen ons in te bring? Niemand nie! Ons is immers deur God self as sy kinders uitgekies. Boonop het Hy ons van al ons sondes vrygespreek.
34 Wie kan dit nou nog waag om ons te veroordeel? Christus Jesus is mos aan ons kant. Hy is in ons plek dood. God het Hom ook weer lewendig gemaak. Christus het nou die heel belangrikste posisie in die hemel. Daarom kan Hy nou ons saak by God suksesvol verdedig.
35 Wat kan ons nou nog skei van Christus se liefde vir ons? Swaarkry, probleme, vervolging, hongerpyne, 'n tekort aan klere, gevare, of dalk geweld? Nie een van hierdie dinge nie! Nie eens die grootste probleme waarvan daar in die Bybel gepraat word, kan ons ooit van Christus skei nie.36 Daar staan juis in een van die psalms:
"Here, ter wille van U word ons heeltyd doodgemaak. Ons is soos 'n klomp slagskape wat reg staan om geslag te word."
37 Al gebeur hierdie verskriklike dinge met ons, is ons nogtans oorwinnaars. Ons deel in Christus se reuse-oorwinning omdat Hy ons baie liefhet.38 Daarom is ek heeltemal seker dat niks wat met ons gebeur ons ooit van God se liefde kan skei nie. Nie eens die dood of enigiets in hierdie lewe nie. Ook nie slegte engele of ander bonatuurlike magte nie. Ook nie iets wat dalk vandag of môre met ons kan gebeur nie. Ook nie enige buitengewone kragte nie.39 Selfs nie die hoogste berg of die diepste see hier op die aarde nie. Letterlik niks in hierdie skepping kan ons ooit van God se liefde skei nie. Hy het vir ons kom wys hoe lief Hy ons het toe ons Here, Christus Jesus, in ons plek doodgegaan het.
Romans 8
The Believer’s Relationship to the Holy Spirit
1 There is therefore now no condemnation for those who are in Christ Jesus.s2 For the law of the life-giving Spiritt in Christ Jesus has set yous free from the law of sin and death.3 For God achieved what the law could not do becauset it was weakened through the flesh. By sending his own Son in the likeness of sinful flesh and concerning sin, he condemned sin in the flesh,
4 so that the righteous requirement of the law may be fulfilled in us, who do not walk according to the flesh but according to the Spirit.
5 For those who live according to the flesh have their outlook shaped byt the things of the flesh, but those who live according to the Spirit have their outlook shaped by the things of the Spirit.6 For the outlookt of the flesh is death, but the outlook of the Spirit is life and peace,7 because the outlook of the flesh is hostile to God, for it does not submit to the law of God, nor is it able to do so.8 Those who are in the flesh cannot please God.9 You, however, are not int the flesh but in the Spirit, if indeed the Spirit of God lives in you. Now if anyone does not have the Spirit of Christ, this person does not belong to him.10 But if Christ is in you, your body is dead because of sin, butt the Spirit is your lifet because of righteousness.
11 Moreover if the Spirit of the ones who raised Jesus from the dead lives in you, the one who raised Christs from the dead will also make your mortal bodies alive through his Spirit who lives in you.s
12 So then,t brothers and sisters,t we are under obligation, not to the flesh, to live according to the flesh13 (for if you live according to the flesh, you willt die),s but if by the Spirit you put to death the deeds of the body you will live.14 For all who are led by the Spirit of God aret the sons of God.15 For you did not receive the spirit of slavery leading again to fear,t but you received the Spirit of adoption,t by whomt we cry, “Abba, Father.”16 The Spirit himself bears witness tot our spirit that we are God’s children.
17 And if children, then heirs (namely, heirs of God and also fellow heirs with Christ)t – if indeed we suffer with him so we may also be glorified with him.
18 For I consider that our present sufferings cannot even be comparedt to the glory that will be revealed to us.19 For the creation eagerly waits for the revelation of the sons of God.20 For the creation was subjected to futility – not willingly but because of Godt who subjected it – in hope21 that the creation itself will also be set free from the bondage of decay into the glorious freedom of God’s children.22 For we know that the whole creation groans and suffers together until now.23 Not only this, but we ourselves also, who have the firstfruits of the Spirit,t groan inwardly as we eagerly await our adoption,t the redemption of our bodies.t24 For in hope we were saved. Now hope that is seen is not hope, because who hopes for what he sees?
25 But if we hope for what we do not see, we eagerly wait for it with endurance.t
26 In the same way, the Spirit helps us in our weakness, for we do not know how we should pray,t but the Spirit himself intercedes for us with inexpressible groanings.27 And hes who searches our hearts knows the mind of the Spirit, because the Spiritt intercedes on behalf of the saints according to God’s will.28 And we know that all things work togethers for good for those who love God, who are called according to his purpose,29 because those whom he foreknew he also predestined to be conformed to the image of his Son, that his Sont would be the firstborn among many brothers and sisters.t
30 And those he predestined, he also called; and those he called, he also justified; and those he justified, he also glorified.
31 What then shall we say about these things? If God is for us, who can be against us?32 Indeed, he whot did not spare his own Son, but gave him up for us all – how will he not also, along with him, freely give us all things?33 Who will bring any charge against God’s elect?s It is God who justifies.34 Who is the one who will condemn? Christst is the one who died (and more than that, he was raised), who is at the right hand of God, and who also is interceding for us.35 Who will separate us from the love of Christ? Will trouble, or distress, or persecution, or famine, or nakedness, or danger, or sword?t36 As it is written, “For your sake we encounter death all day long; we were considered as sheep to be slaughtered.”s37 No, in all these things we have complete victoryt through himt who loved us!38 For I am convinced that neither death, nor life, nor angels, nor heavenly rulers,t nor things that are present, nor things to come, nor powers,
39 nor height, nor depth, nor anything else in creation will be able to separate us from the love of God in Christ Jesus our Lord.