previous next

ROMEINE 8

Lewe deur die Gees

1 Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie.t 2 Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou vrygemaak van die wet van sonde en dood. 3 Wat die wet nie by magte was om te doen nie, omdat dit weens ons sondige natuur te swak was, dit het God gedoen. Hy het met die sonde afgereken deur sy eie Seun in dieselfde gestalte as die sondige mens te stuur; so het Hy die sonde in die sondige bestaan van die mens veroordeel. 4 Nou kan ons aan die eise van die wet voldoen, óns wat ons lewe nie deur ons sondige natuur laat beheers nie, maar deur die Gees. 5 Dié wat hulle deur hulle sondige natuur laat beheers, hou hulle besig met die dinge van die sondige natuur, maar dié wat hulle deur die Gees laat beheers, hou hulle besig met die dinge van die Gees. 6 Die dinge waarmee die sondige natuur van die mens hom besig hou, loop uit op die dood, maar die dinge waarmee die Gees Hom besig hou, bring lewe en vrede. 7 Die dinge waarmee die sondige natuur van die mens hom besig hou, is immers vyandskap teen God. Die sondige natuur onderwerp hom nie aan die wet van God nie, dit kan trouens ook nie. 8 Dié wat hulle deur hulle sondige natuur laat beheers, kan nie die wil van God doen nie.

9 Julle word egter nie deur julle sondige natuur beheers nie, maar deur die Gees, want die Gees van God woon in julle. As iemand die Gees van Christus nie het nie, behoort hy nie aan Christus nie. 10 Omdat Christus in julle is, gee die Gees aan julle die lewe op grond van God se vryspraak, hoewel die liggaam vir die dood bestem is as gevolg van die sonde. 11 Omdat die Gees van Hom deur wie Jesus uit die dood opgewek is, in julle woon, sal Hy deur wie Christus uit die dood opgewek is, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.

12 Daarom dan, broers, staan ons onder 'n verpligting, maar nie teenoor ons sondige natuur om daarvolgens te lewe nie. 13 As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees 'n einde maak aan julle sondige praktyke, sal julle lewe. 14 Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God. 15 Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: “Abba!” Dit beteken Vader. 16 Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is. 17 En omdat ons kinders is, is ons ook erfgename. Ons is erfgename van God, erfgename saam met Christus. Aangesien ons deel het aan sy lyding, sal ons ook deel hê aan sy heerlikheid.

Die heerlikheid wat kom

18 Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie. 19 Die skepping sien met gespanne verwagting daarna uit dat God bekend sal maak wie sy kinders is. 20 Die skepping is immers nog aan verydeling onderworpe, nie uit eie keuse nie, maar omdat God dit daaraan onderwerp het. Daarby het Hy die belofte van hoop gegee: 21 die skepping sal self ook bevry word van sy verslawing aan die verganklikheid, om so tot die vryheid te kom van die heerlikheid waaraan die kinders van God deel sal hê. 22 Ons weet dat die hele skepping tot nou toe sug in die pyne van verwagting. 23 En nie net die skepping nie, maar ook ons wat die Gees ontvang het as die eerste gawe van God, ons sug ook. Ons sien daarna uit dat God sal bekend maak dat Hy ons as sy kinders aangeneem het: Hy sal ons van die verganklikheid bevry. 24 Ons is immers gered, en ons het nou hierdie hoop. Wat 'n mens al sien, hoop jy tog nie meer nie. Wie hoop nog op wat hy reeds sien? 25 Maar as ons hoop op wat ons nie sien nie, wag ons daarop met volharding.

26 Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. 27 En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges. 28 Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is. 29 Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die Eerste is. 30 Dié wat Hy daartoe bestem het, het Hy ook geroep. En dié wat Hy geroep het, het Hy ook vrygespreek. En dié wat Hy vrygespreek het, het Hy ook verheerlik.

Niks kan ons van die liefde van Christus skei nie

31 Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dít: God is vír ons, wie kan dan teen ons wees? 32 Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie?

33 Wie kan die uitverkorenes van God aankla? God self spreek hulle vry. 34 Wie kan ons veroordeel? Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons.

35 Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? 36 Daar staan immers geskrywe: “Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word.”t

37 Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet. 38 Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte 39 of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.

Romans 8

1 THERE is now therefore no condemnation to them that are in Christ Jesus, who walk not according to the flesh.2 For the law of the spirit of life, in Christ Jesus, hath delivered me from the law of sin and of death.3 For what the law could not do, in that it was weak through the flesh; God sending his own Son, in the likeness of sinful flesh and of sin, hath condemned sin in the flesh;4 That the justification of the law might be fulfilled in us, who walk not according to the flesh, but according to the spirit.5 For they that are according to the flesh, mind the things that are of the flesh; but they that are according to the spirit, mind the things that are of the spirit.6 For the wisdom of the flesh is death; but the wisdom of the spirit is life and peace.7 Because the wisdom of the flesh is an enemy to God; for it is not subject to the law of God, neither can it be.8 And they who are in the flesh, cannot please God.9 But you are not in the flesh, but in the spirit, if so be that the Spirit of God dwell in you. Now if any man have not the Spirit of Christ, he is none of his.10 And if Christ be in you, the body indeed is dead, because of sin; but the spirit liveth, because of justification.11 And if the Spirit of him that raised up Jesus from the dead, dwell in you; he that raised up Jesus Christ from the dead, shall quicken also your mortal bodies, because of his Spirit that dwelleth in you.12 Therefore, brethren, we are debtors, not to the flesh, to live according to the flesh.13 For if you live according to the flesh, you shall die: but if by the Spirit you mortify the deeds of the flesh, you shall live.14 For whosoever are led by the Spirit of God, they are the sons of God.15 For you have not received the spirit of bondage again in fear; but you have received the spirit of adoption of sons, whereby we cry: Abba (Father).16 For the Spirit himself giveth testimony to our spirit, that we are the sons of God.17 And if sons, heirs also; heirs indeed of God, and joint heirs with Christ: yet so, if we suffer with him, that we may be also glorified with him.18 For I reckon that the sufferings of this time are not worthy to be compared with the glory to come, that shall be revealed in us.19 For the expectation of the creature waiteth for the revelation of the sons of God.20 For the creature was made subject to vanity, not willingly, but by reason of him that made it subject, in hope:21 Because the creature also itself shall be delivered from the servitude of corruption, into the liberty of the glory of the children of God.22 For we know that every creature groaneth and travaileth in pain, even till now.23 And not only it, but ourselves also, who have the firstfruits of the Spirit, even we ourselves groan within ourselves, waiting for the adoption of the sons of God, the redemption of our body.24 For we are saved by hope. But hope that is seen, is not hope. For what a man seeth, why doth he hope for?25 But if we hope for that which we see not, we wait for it with patience.26 Likewise the Spirit also helpeth our infirmity. For we know not what we should pray for as we ought; but the Spirit himself asketh for us with unspeakable groanings.27 And he that searcheth the hearts, knoweth what the Spirit desireth; because he asketh for the saints according to God.28 And we know that to them that love God, all things work together unto good, to such as, according to his purpose, are called to be saints.29 For whom he foreknew, he also predestinated to be made conformable to the image of his Son; that he might be the firstborn amongst many brethren.30 And whom he predestinated, them he also called. And whom he called, them he also justified. And whom he justified, them he also glorified.31 What shall we then say to these things? If God be for us, who is against us?32 He that spared not even his own Son, but delivered him up for us all, how hath he not also, with him, given us all things?33 Who shall accuse against the elect of God? God that justifieth.34 Who is he that shall condemn? Christ Jesus that died, yea that is risen also again; who is at the right hand of God, who also maketh intercession for us.35 Who then shall separate us from the love of Christ? Shall tribulation? or distress? or famine? or nakedness? or danger? or persecution? or the sword?36 (As it is written: For thy sake we are put to death all the day long. We are accounted as sheep for the slaughter.)37 But in all these things we overcome, because of him that hath loved us.38 For I am sure that neither death, nor life, nor angels, nor principalities, nor powers, nor things present, nor things to come, nor might,39 Nor height, nor depth, nor any other creature, shall be able to separate us from the love of God, which is in Christ Jesus our Lord.