previous next

TITUS 1

1 Van Paulus, 'n dienaar van God en 'n apostel van Jesus Christus. Ek het die opdrag ontvang om die uitverkorenes van God te lei tot die geloof en tot kennis van die waarheid, dié waarheid wat lei tot die diens van God 2 en wat hoop gee op die ewige lewe. God wat sy woord hou, het die ewige lewe lank gelede aan ons belowe. 3 Nou het Hy op die bestemde tyd sy woord bekend gemaak deur die prediking wat as opdrag aan my toevertrou is deur God ons Verlosser.

4 Aan Titus, my eie kind in die geloof wat ons albei bely. Genade en vrede van God die Vader en Christus Jesus ons Verlosser!

Titus se werk op Kreta

5 Ek het jou op Kreta agtergelaat met die bedoeling dat jy die dinge wat nog gereël moes word, in orde moet bring en dat jy in elke dorp ouderlinge moet aanstel soos ek dit aan jou opgedra het. 6 'n Ouderling moet onberispelik van gedrag wees; hy moet aan sy vrou getrou wees, en sy kinders moet gelowig wees en nie die naam hê dat hulle losbandig lewe en teen gesag in opstand kom nie. 7 'n Ouderling is immers 'n bestuurder van die huishouding van God. Daarom moet hy onberispelik van gedrag wees, nie aanmatigend en opvlieënd nie, nie 'n dronkaard of 'n rusiemaker of 'n soeker na oneerlike wins nie. 8 Hy moet gasvry wees, lief vir wat goed is, verstandig, regverdig, vroom en selfbeheers. 9 Hy moet vashou aan die betroubare woord waarin hy onderrig is. Dan sal hy in staat wees om ander met die gesonde leer aan te moedig en die argumente van teenstanders te weerlê.

10 Daar is baie, veral onder die bekeerlinge uit die Jodedom, wat in opstand kom teen gesag, wat onsin praat en mense verlei. 11 Hulle mond moet gesnoer word. Hulle bring hele huisgesinne in beroering deur dinge te leer wat nie toelaatbaar is nie, en dít net om skaamteloos geld te maak. 12 Een van hulle mense, hulle eie profeet, het gesê: “Die Kretensers is altyd leuenaars, ongediertes, lui vrate.”t

13 Hierdie getuienis is waar. Daarom moet jy hulle streng teregwys, sodat hulle gesond kan word in die geloof. 14 Hulle moet hulle nie langer besig hou met Joodse verdigsels en met die voorskrifte van mense wat van die waarheid afgedwaal het nie. 15 Vir die reines is alles rein, maar vir die besoedeldes en ongelowiges is niks rein nie, want hulle verstand en hulle gewete is besoedel. 16 Hulle gee voor dat hulle God ken, maar hulle dade weerspreek dit. Hulle is verfoeilik en koppig en deug vir geen goeie werk nie.

Titus 1

1 Paul, a servant of God, and an apostle of Jesus Christ, according to the faith of the elect of God and the acknowledging of the truth, which is according to godliness:2 Unto the hope of life everlasting, which God, who lieth not, hath promised before the times of the world:3 But hath in due times manifested his word in preaching, which is committed to me according to the commandment of God our Savior:4 To Titus my beloved son, according to the common faith, grace and peace from God the Father, and from Christ Jesus our Savior.5 For this cause I left thee in Crete, that thou shouldest set in order the things that are wanting, and shouldest ordain priests in every city, as I also appointed thee:6 If any be without crime, the husband of one wife, having faithful children, not accused of riot, or unruly.7 For a bishop must be without crime, as the steward of God: not proud, not subject to anger, not given to wine, no striker, not greedy of filthy lucre:8 But given to hospitality, gentle, sober, just, holy, continent:9 Embracing that faithful word which is according to doctrine, that he may be able to exhort in sound doctrine, and to convince the gainsayers.10 For there are also many disobedient, vain talkers, and seducers: especially they who are of the circumcision:11 Who must be reproved, who subvert whole houses, teaching things which they ought not, for filthy lucre's sake.12 One of them a prophet of their own, said, The Cretians are always liars, evil beasts, slothful bellies.13 This testimony is true. Wherefore rebuke them sharply, that they may be sound in the faith;14 Not giving heed to Jewish fables and commandments of men, who turn themselves away from the truth.15 All things are clean to the clean: but to them that are defiled, and to unbelievers, nothing is clean: but both their mind and their conscience are defiled.16 They profess that they know God: but in their works they deny him; being abominable, and incredulous, and to every good work reprobate.