previous next

Titus 1

1 Van Paulus.
Ek is 'n dienskneg van God en 'n apostel van Jesus Christus. God het my aangestel om vir almal wat Hy uitgekies het om sy kinders te wees te vertel hoe om te glo. Ek moet die regte kennis oor die waarheid met hulle deel. Hierdie waarheid verander elkeen wat dit glo in 'n dienaar van God.
2 Dit bring groot sekerheid in hulle harte dat die ewige lewe op hulle wag.
Nog lank voordat die wêreld daar was, het God al beloof dat Hy vir almal wat in Hom glo, 'n groot geskenk het: die ewige lewe!
3 Nou, op presies die regte tyd het God hierdie goeie nuus aan my kom bekendmaak. Hy het ook vir my gesê om dit aan ander mense te gaan oorvertel. En wat 'n wonderlike werk is dit nie om te preek dat God ons Verlosser is nie!
4 Titus, hierdie brief is aan jou gerig. Jy is vir my soos my eie kind, want jy glo ook. Ons al twee is nou deel van God se nuwe familie.
Die goedheid en vrede van God ons Vader en Christus Jesus, ons Verlosser, is ook by jou.
5  Ek het jou vroeër op die eiland Kreta agtergelaat. Dit was met 'n spesifieke doel. Ek wil hê jy moet sorg dat sake in die verskillende gemeentes reg en goed georganiseer is. Verder moet jy ook in die verskillende dorpe ouderlinge aanstel soos ek vir jou gesê het.
6 'n Kerkleier se ganse lewe moet wys dat hy die Here ken.
Hy moet getrou wees aan sy vrou.
Sy kinders moet die Here dien. Hulle moenie van die een wilde partytjie na die ander hardloop en teen hulle ouers opstandig raak nie.
7 Onthou, 'n ouderling staan aan die stuur van God se familie van gelowiges hier op aarde. Sy ganse lewe moet daarom vertel dat hy doen wat die Here sê.
Hy moenie vol van homself wees nie, ook nie kort van draad en humeurig nie.
Drank mag nooit sy baas wees nie.
Hy moenie net regstaan om te stry en baklei nie.
Ook mag hy glad nie in skelm saketransaksies betrokke wees nie.
8 Sy huis en hart moet altyd oopstaan vir ander gelowiges, al ken hy hulle nie.
Dit moet vir hom 'n groot vreugde wees om goeie dinge vir ander te doen.
Hy moet nugter en beheersd wees.
In alle omstandighede moet hy reg optree.
Hy moet leef soos die Here wil hê.
Hy moet homself goed kan beheer sodat die sonde geen houvas op sy lewe kry nie.
9 Die Here se Woord waarin hy self onderrig is, moet die anker van sy lewe wees. Dan kan hy hierdie betroubare kennis gebruik om ander gelowiges moed in te praat en te troos. Maar hy moet hierdie kennis ook gebruik om mense wat vals leerstellings verkondig te wys dat hulle verkeerd is.
10  Daar is baie mense wat in opstand is teen die gesag van die Here. Dis veral diegene wat vroeër aan die Joodse geloof behoort het wat nou die grootste klomp kaf praat. Boonop beïnvloed hulle baie ander mense om dit te glo.
11 Julle moet hulle so gou moontlik stilmaak en hulle leuens stopsit, want hulle keer omtrent al wat huis is met hulle vals praatjies om. Hulle doen dit om onskuldige mense se geld in die hande te kry.
12 Hierdie spul se skelmstreke laat my dink aan wat een van hulle eie profete gesê het:
"Die klomp wat op Kreta bly, is heeltemal onbetroubaar. Hulle is so onbeheerbaar soos wilde diere. Hulle is 'n klomp luiaards wat niks wil doen nie en hulleself heeltyd ooreet."
13 Hoe reg was hy nie!
Daardie mense wat die goeie nuus verdraai, moet jy asseblief vasvat. Sê hard en duidelik vir hulle dat hulle op die verkeerde pad is. Dalk maak dit hulle oë oop sodat hulle reg in God kan begin glo.
14 Hulle moet al daardie Joodse bygelowe en storietjies van hulle laat staan. Hulle hou hulle nog altyd besig met mensgemaakte reëls en wette wat glad nie die waarheid is nie.
15 As die Here 'n mens vrygemaak het, hoef jy nie meer al die wette en reëls van daardie mense te gehoorsaam nie. Hierdie mense en ander ongelowiges is die gevangenes van hulle selfgemaakte "godsdiens". Hulle kom dit nie eens agter nie, want hulle gedagtes is in die mag van die sonde. Hulle sondige geaardheid maak dat hulle verkeerd dink.16 Hulle maak asof hulle God ken, maar hulle lieg. Want wat hulle doen, sê iets heeltemal anders. Hulle vang die verskriklikste dinge aan. Hulle luister glad nie na wat God sê nie. Hierdie mense doen nie 'n enkele ding wat sy hart bly maak nie.

Titus 1

Salutation

1 From Paul,t a slavets of God and apostle of Jesus Christ, to further the faitht of God’s chosen ones and the knowledge of the truth that is in keeping with godliness,2 in hope of eternal life, which God, who does not lie, promised before the ages began.t3 But now in his own timet he has made his message evident through the preaching I was entrusted with according to the command of God our Savior.

4 To Titus, my genuine son in a common faith. Grace and peace from God the Father and Christ Jesus our Savior!

Titus’ Task on Crete

5 The reason I left you in Crete was to set in order the remaining matters and to appoint elders in every town, as I directed you.6 An elder must be blameless,t the husband of one wife,t with faithful childrent who cannot be charged with dissipation or rebellion.7 For the overseers must be blameless as one entrusted with God’s work,t not arrogant, not prone to anger, not a drunkard, not violent, not greedy for gain.8 Instead he must be hospitable, devoted to what is good, sensible, upright, devout, and self-controlled.

9 He must hold firmly to the faithful message as it has been taught,t so that he will be able to give exhortation in such healthy teachingt and correct those who speak against it.
10 For there are manys rebellious people, idle talkers, and deceivers, especially those with Jewish connections,t11 who must be silenced because they mislead whole families by teaching for dishonest gain what ought not to be taught.12 A certain one of them, in fact, one of their own prophets, said, “Cretans are always liars, evil beasts, lazy gluttons.”s13 Such testimony is true. For this reason rebuke them sharply that they may be healthy in the faith14 and not pay attention to Jewish mythss and commands of people who reject the truth.15 All is pure to those who are pure. But to those who are corrupt and unbelieving, nothing is pure, but both their minds and consciences are corrupted.

16 They profess to know God but with their deeds they deny him, since they are detestable, disobedient, and unfit for any good deed.

About the Die Boodskap (DB)

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.