TITUS 2
Die gesonde leer
1 Maar jy moet verkondig wat in ooreenstemming is met die gesonde leer. 2 Sê vir die ouer mans hulle moet nugter wees, eerbaar, verstandig, gesond en vas in geloof, liefde en volharding. 3 Net so moet jy ook vir die ouer vroue sê hulle gedrag moet dié wees van mense wat 'n heilige lewe lei. Hulle moenie kwaadpraat of aan drank verslaaf wees nie. Hulle moet goeie raad kan gee, 4 sodat hulle die jonger vrouens kan leer om liefdevol teenoor hulle mans en kinders te wees, 5 verstandig en kuis, goeie huisvrouens, onderdanig aan hulle mans. Dan sal die woord van God nie in diskrediet kom nie.
6 Net so moet jy die jonger mans vermaan om hulle verstandig te gedra. 7 In alles moet jy self vir hulle 'n voorbeeld stel van goeie werk, suiwerheid in die leer, waardigheid in gedrag, 8 gesonde en onaanvegbare prediking. Dan sal elke teenstander in die verleentheid kom dat hy niks slegs van ons sal kan sê nie.
9 Die slawe moet in alles aan hulle eienaars onderdanig wees en hulle tevrede stel. Hulle moenie teëpraat 10 of iets vat nie; hulle moet bewys dat hulle in alles betroubaar is. So sal hulle in alles wat hulle doen, die aansien van die leer van God ons Verlosser verhoog.
11 Die genade van God wat verlossing bring, het immers aan alle mense verskyn. 12 Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige wêreld te lewe, 13 terwyl ons uitsien na die gelukkige dag wat ons verwag. Op daardie dag sal die heerlikheid van ons grote God en Verlosser, Jesus Christus, verskyn. 14 Hy het Homself vir ons as offer gegee om ons van alle ongeregtigheid vry te maak en ons van sonde te reinig, sodat ons sy eie volk kan wees wat ywerig is om die goeie te doen.
15 Dit is die dinge waaroor jy moet praat. Gebruik jou volle gesag om aan te moedig en tereg te wys. Gee aan niemand aanleiding om op jou neer te sien nie.
Titus 2
1 But speak thou the things that become sound doctrine:2 That the aged men be sober, chaste, prudent, sound in faith, in love, in patience.3 The aged women, in like manner, in holy attire, not false accusers, not given to much wine, teaching well:4 That they may teach the young women to be wise, to love their husbands, to love their children,5 To be discreet, chaste, sober, having a care of the house, gentle, obedient to their husbands, that the word of God be not blasphemed.6 Young men, in like manner, exhort that they be sober.7 In all things shew thyself an example of good works, in doctrine, in integrity, in gravity,8 The sound word that can not be blamed: that he, who is on the contrary part, may be afraid, having no evil to say of us.9 Exhort servants to be obedient to their masters, in all things pleasing, not gainsaying:10 Not defrauding, but in all things shewing good fidelity, that they may adorn the doctrine of God our Savior in all things:11 For the grace of God our Savior hath appeared to all men;12 Instructing us, that, denying ungodliness and worldly desires, we should live soberly, and justly, and godly in this world,13 Looking for the blessed hope and coming of the glory of the great God and our Savior Jesus Christ,14 Who gave himself for us, that he might redeem us from all iniquity, and might cleanse to himself a people acceptable, a pursuer of good works.15 These things speak, and exhort and rebuke with all authority. Let no man despise thee.