previous next

Titus 2

1 Titus, gebruik elke kans wat jy het om die regte feite oor God aan ander bekend te maak.2 Verduidelik vir die ouer mans dat hulle nie mag toelaat dat die sonde hulle aan die slaap sus nie. Hulle moet so leef dat ander mense groot respek vir hulle het. Hulle moet met wysheid optree. Hulle moet onwankelbaar in die Here glo, sy liefde uitleef en volhard op die regte pad.
3 Praat ook met die vroue in die kerk wat al ouer is. Sê vir hulle dat hulle lewe moet wys dat hulle die Here ken. Hulle mag niks leliks van ander mense sê nie. Hulle mag ook nie te veel drink nie.
4 Hulle moet ander gelowiges leer wat God van hulle verwag, veral vir die jonger vroue. Hulle moet vir hierdie vroue sê dat hulle baie lief vir hulle mans en kinders moet wees.5 Verder moet hulle ook vir hulle leer om met wysheid op te tree en om hulle nie aan buitehuwelikse verhoudings skuldig te maak nie. Hulle moet ook vir jonger vroue sê om goed na hul gesinne se behoeftes om te sien en om in liefde op te kyk na hul mans. Dan sal God se Woord nie bespotlik gemaak word nie.
6  Titus, jy moet ook met die jonger mans in die kerk praat. Sê vir hulle om met wysheid op te tree.
7 Wat jou betref, jy moet in alles wat jy sê en doen 'n voorbeeld stel van hoe 'n Christen behoort te leef.
Doen goed aan ander mense.
8 Maak God se wil op die regte manier bekend.
Tree altyd met integriteit op.
As jy sorg dat alles wat jy sê in ooreenstemming is met God se wil, sal selfs jou vyande niks leliks teen ons geloof kan sê nie.
9  Praat ook met werkers en diensknegte wat vir 'n eienaar werk. Sê vir hulle hulle moet respek vir hulle eienaars hê. Hulle moet al die opdragte uitvoer wat aan hulle gegee word. Hulle moenie teëpraat nie.
10 Ook moet hulle nie dinge steel nie sodat ander moet kan sien dat hulle in alles eerlik en betroubaar is. Dan wys hulle dat hulle geloof nie net 'n klomp dooie reëls op papier is nie. So word die leer oor ons wonderlike God en Verlosser nog meer aantreklik.
11  God het sy goedheid aan alle mense bekendgemaak. Almal het nou die kans om sy verlossing te beleef.12 Nou wys Hy vir ons hoe om 'n Godlose leefstyl te systap en hoe om vernietigende begeertes te laat staan. Hy laat ons met wysheid en opregtheid leef. Hy laat ons elke dag tot sy eer in die wêreld leef.13 Daarom sien ons baie uit na daardie wonderlike dag wanneer ons wonderlike God en Verlosser, Jesus Christus, terugkom. Ons kan nie meer wag dat dit moet aanbreek nie!
14 Christus het sy lewe ter wille van ons opgeoffer om ons los te koop uit die mag van die sonde. Nou behoort ons net aan Hom. Ons is sy volk. Syne alleen! Nou wil ons net doen wat Hy sê!
15  Titus, al hierdie dinge wat ek vir jou in dié brief skryf, moet jy aan die ander gelowiges meedeel. Doen dit met die gesag wat die Here aan jou as geestelike leier gegee het. Praat mooi met hulle. Wanneer dit nodig is, moet jy ook streng wees. Vat die sondaars vas. Moenie toelaat dat mense met jou spot of op jou neersien nie.

Titus 2

Conduct Consistent with Sound Teaching

1 But as for you, communicate the behavior that goes witht sound teaching.2 Older men are to be temperate, dignified, self-controlled,t sound in faith, in love, and in endurance.s3 Older women likewise are to exhibit behavior fitting for those who are holy, not slandering, not slaves to excessive drinking, but teaching what is good.4 In this wayt they will traint the younger women to love their husbands, to love their children,5 to be self-controlled,t pure, fulfilling their duties at home,t kind, being subject to their own husbands, so that the messaget of God may not be discredited.t6 Encourage younger men likewise to be self-controlled,t7 showing yourself to be an example of good works in every way. In your teaching show integrity, dignity,8 and a sound message that cannot be criticized, so that any opponent will be at a loss,t because he has nothing evil to say about us.9 Slavest are to be subject to their own masters in everything,t to do what is wanted and not talk back,

10 not pilfering, but showing all good faith,t in order to bring credit tot the teaching of God our Savior in everything.
11 For the grace of God has appeared, bringing salvation to all people.t12 It trains ust to reject godless wayst and worldly desires and to live self-controlled, upright, and godly lives in the present age,13 as we wait for the happy fulfillment of our hope in the glorious appearingt of our great God and Savior, Jesus Christ.t14 Het gave himself for us to set us free from every kind of lawlessness and to purify for himself a people who are truly his,t who are eager to do good.t

15 So communicate these things with the sort of exhortation or rebuket that carries full authority.t Don’t let anyone look downt on you.

About the Die Boodskap (DB)

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.