previous next

TITUS 2

Bevorder die gesonde leer en 'n leefstyl wat daarby pas

1 Maar jý moet die soort leefstyl bevorder wat die gesonde leer weerspieël.2 Leer die ouer mans om selfbeheersing te beoefen, om respek te verdien, en om verstandig te lewe. Hulle moet 'n gesonde geloof hê en vervul wees met liefde en geduld.3 Net so moet jy ook die bejaarde vroue onderrig om só te leef soos dit iemand betaam wat aan die Here toegewy is. Hulle moet nie rondloop en skinder nie, ook nie aan wyn verslaaf wees nie. Hulle moet liewer goeie dinge vir ander leer.4 Hierdie bejaarde vroue moet die jong vroue leer om hulle mans en kinders lief te hê

5 en om met selfbeheersing en rein te leef, om goeie tuisteskeppers te wees wat onderdanig is aan hulle eie mans. Dan sal die boodskap van God nie belaster word nie.
6 Net só moet jy die jonger mans aanmoedig om met selfbeheersing te lewe7 in alles. Jy moet 'n goeie voorbeeld stel, suiwerheid in die leer handhaaf,

8 met gesonde en onaanvegbare prediking. Dan sal die teenstanders beskaamd staan omdat hulle dan niks slegs oor ons te sê het nie.
9 Die slawe moet in alle opsigte aan hulle eie eienaars onderdanig wees en hulle tevrede hou. Hulle moet nie teëstribbel of

10 steel nie, maar toon dat hulle goed en ten volle betroubaar is. Op só 'n manier sal hulle in alles wat hulle aanpak, die onderrig oor ons Verlosser aantreklik maak.
11 Die liefdevolle goedheid van God wat verlossing bring, het inderdaad vir almal sigbaar geword.12 Dit voed ons op om die goddelose leefstyl en die wêreldse begeertes af te lê en gebalanseerd, volgens die wil van God en toegewyd aan Hom, in die huidige tyd te leef.13 Ondertussen sien ons daarna uit dat die wonderlike hoop wat ons koester, 'n werklikheid sal word en dat die heerlikheid van ons groot God en Verlosser, Jesus Christus, sigbaar sal word.

14 Hy het sy lewe vir ons gegee om ons los te koop van alles wat voor God verkeerd is, en om ons te reinig van alle sonde sodat ons sy volk kan wees wat net aan Hom behoort, entoesiasties om die goeie te doen.

15 Oor hierdie dinge moet jy praat. Met gesag moet jy ook bemoedig en teregwys. Moenie toelaat dat iemand jou geringskat nie.

TITUS 2

Instructions for Different Groups //of People

1 Titus, you must teach only what is correct.

2 Tell the older men to have self-control and to be serious and sensible. Their faith, love, and patience must never fail.
3 Tell the older women to behave as those who love the Lord should. They must not gossip about others or be slaves of wine. They must teach what is proper, 4 so the younger women will be loving wives and mothers.

5 Each of the younger women must be sensible and kind, as well as a good homemaker, who puts her own husband first. Then no one can say insulting things about God's message.

6 Tell the young men to have self-control in everything.
7 Always set a good example for others. Be sincere and serious when you teach.

8 Use clean language that no one can criticize. Do this, and your enemies will be too ashamed to say anything against you.
9 Tell slaves always to please their owners by obeying them in everything. Slaves must not talk back to their owners

10 or steal from them. They must be completely honest and trustworthy. Then everyone will show great respect for what is taught about God our Savior.

God's Kindness and //the New Life


11 God has shown us undeserved grace by coming to save all people. 12 He taught us to give up our wicked ways and our worldly desires and to live decent and honest lives in this world. 13 We are filled with hope, as we wait for the glorious return of our great God and Savior Jesus Christ.t

14 t He gave himself to rescue us from everything evil and to make our hearts pure. He wanted us to be his own people and to be eager to do right.
15 Teach these things, as you use your full authority to encourage and correct people. Make sure you earn everyone's respect.