Volheid


Glorie... Ek dink vandag aan die volheid wat essensieel deel is van ons wanneer ons geplant word in Jesus. Ons word nie leeg of minder of armer nie. Ons word ryker en voller en meer as wat ons ooit kon wees. Daar is nie iets soos selfverwesenliking nie. Daar is net die glorie en hoop en lewe van ons Jesus wat alles verdring wat in die plek staan van Hom. En daar is net 'n oorgee aan Hom en toelaat om oorgegee te word aan dood sodat lewe in die plek daarvan kan floreer. En op 'n manier is ons altyd vol - of vol lewe of dood. Vol hoop of hopeloosheid. En ek hoop dat ek die seer en dood wat oor my pad kom sal omhels en aanvaar sodat die glorie van die lewe van Jesus sal deurskyn.


Created over 2 years ago