Afrikaans 1983 Translation (AFR83)
AFR83 Afrikaans 83-vertaling
©1983, 1992 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.
Meer inligting oor hierdie Titel:
Op 5 Julie 1968 tydens ’n seminaar vir vertalers van die Afrikaanse Bybel en ander belangstellendes, word ’n eenparige besluit geneem om die Bybelgenootskap van Suid-Afrika te versoek om te begin met ’n nuwe vertaling in Afrikaans. Dié vertaling moes rekening hou met die ontwikkeling van Afrikaans en so getrou moontlik aan die Hebreeuse, Griekse en Aramese brontekste vertaal word.
Op 2 Desember 1983 word Die Bybel: Nuwe Vertaling in Kaapstad bekend gestel. Die eindredaksie van die 1983-vertaling was proff EP Groenewald, JP Oberholzer, AH van Zyl, PA Verhoef, JL Helberg en W Kempen. Die vertaling is meer betekenis-gebaseerd as die 1933/53-vertaling en slaag uitstekend in sy doel om Afrikaanssprekendes binne en buite die kerk aan te spreek in ’n eietydse dog waardige Afrikaans. Besoek gerus www.bybelgenootskap.co.za om ‘n gedrukte weergawe van hierdie Bybel te bestel.
Kopiereg inligting:
Die teks van die Bybel in Afrikaans (1983-vertaling) wat in hierdie elektroniese formaat of webblad verskyn is slegs vir persoonlike gebruik.
Tot vyfhonderd (500) verse van hierdie Bybel in enige formaat (geskrewe, visueel, elektronies of oudio) mag sonder toestemming aangehaal word. Die aangehaalde verse mag egter nie meer as 50% van ‘n volledige boek van die Bybel, of meer as 25% van die totale teks van die werk waarin hulle aangehaal word uitmaak nie, anders moet voorafgaande skriftelike toestemming verkry word. Kopieregerkenning moet in alle gevalle op die titel- of kopieregblad verskyn.
Vir meer inligting oor kopieregvoorwaardes of om aansoek te doen, besoek gerus www.bybelgenootskap.co.za.